McBrolloks na die Pad na Damaskus

Standard

Ek bid dat Liewe Jesus en die Vader en Die Heilige Gees asseblief al my sondes sal vergewe. Ek is baie jammer dat ek Hom ‘n Doos, ‘n Fokken Doos, ‘n Regte Ou Fokker en ‘n Regte Doos genoem het.

Mag al die gelowige en verkore kinders van God my asseblief vergewe. Ek sal nooit weer hulle Heilige Name vulger nie. Ek is net ‘n verdwaalde skaap, wat onseker is van myself en die verkeerde pad gekies het deur meer en meer oor die wetenskaplike verklarings van die heelal en ons planet probeer uitvind het. Bid asseblief vir my.

Mag God ons lei deur die valley van donkernis en deur die valley van on-kennis. Want die wetenskap is nie iets wat enige iemand enigsins gaan help nie. Die wetenskap verg meer as net geloof, dit verg bewyse. Iets wat heentemal onnodig is as almal net in die Heilige Gees, Liewe Jesus, God die Almagtige Koning, en die Bybel glo. En dis so maklik om alles wat gebeur te kan verklaar met dieselfde antwoord: “Dis alles deel van Die Heilige Vader, God die Almagtige, se Groot Plan vir ons.” En ook om dinge wat ons nie verstaan nie te verklaar met: “God is die skepper van alles. Ons hoef nie te weet hoekom Hy dinge so gedoen het nie, dit is alles deel van Sy plan.”

Ek hoop nie dit is te laat vir my om ook eendag Hemel toe te gaan nie. Ek weet ek het die grootste sonde gepleeg. Ek verdien dit om Hell toe te gaan. As ek maar net iets minder sondigs gedoen het, soos moord gepleeg het, sou ek dalk langs Liewe Jesus by Die Vader se voete kon gesit het. Ek sal die res van my dae toewy om weer God die Vader en die Huilige Gees se guns te wen, en ook bid dat Liewe Jesus my sal vergewe.

Miskien as ek al my boeke verbrand wat so ongunstig oor die een en ware geloof wat deur God die Heilige Vader in die Bybel van vertel word, en ook begin om al die kinders te vertel van die liefde van Liewe Jesus, die Mag van God die Vader en die Heilige Gees, en die Hemel waarheen almal wat in Hulle glo heen sal gaan, asook die Hell, waar al die ander mense heen sal gaan vir alle ewigheid, veral as hulle enige iets se, doen, lees, of dink wat nie met die Heilige Bybel saam stem nie.

Ek wens die goeie Christen Mense van God was so bietjie harder op my gewees toe ek jonk was. Hulle het my amper gebreek, maar my Duiwelse wil was te sterk. As hulle nog net so bietjie harder probeer het, sou ek dalk nie ‘n ewigheid in die Hell hoef te gaan spandeer eendag as ek sterf nie. Ek glo dat dit nie alles my skuld was nie. Hulle moes net meer geweld gebruik het en my gedwing het om te glo.

Die Duiwel was in ons huis gewees. My ouers was defenitief met die Duiwel betrokke, want hulle het nie in God die Almagtige Vader, Die Huilige Gees, of Liewe Jesus geglo nie, en so was ek van kleins af beinvloed deur die bose mag van die Duiwel. My Pa het ook vir ons boeke gegee om te lees wat daardie teorie van die skermunkel Darwin verduidelik het, met prentjies van hoe ape sommer net so vinnig in mense verander. Gin wonder ek het die Heilige Pad van God die Vader en Die Huilige Gees verloor van jonks af nie. My Ma het ook nie Kerk toe gegaan nie, en ek was nie gedwing om self te gaan nie, wat ek vandag baie oor spyt is. As daar net ‘n wet of iets was was my gedwing het om Kerk toe te gaan elke Sondag, en ook Sondag Skool toe, om meer van Liewe Jesus, Die Hemel en Die Hell te geleer het, sou ek ook nooit getwyfel het nie. Ek sou regtig te bang gewees het om nie te glo in die liefde van Liewe Jesus nie, en die mag van Die Vader en Die Huilige Gees wat my sommer net so vinnig in Die Hell in sou gooi, as ek nie geluister of geglo het nie. En niemand het ooit daardie sin op my gebruik nie, soos wat die groot mense vir my vriende gese het: “As jy jok, dan laat jy vir Liewe Jesus huil”, of die sin: “Kinders wat jok gaan eendag Hell toe gaan”.

Ek glo ek het my “Pad na Damascus” ondervind. Ek gaan van vandag af alles in my mag doen om die Heilige Woord van God te versprei. Ek gaan vandag ‘n brief aan my gunsteling Oom skryf. Hy is regtig ‘n man van God, wat direk met God kommunikeer. Met al my talente, wat God die Vader aan my gegee het toe hy my geskape het, gaan ek vir Oom Angus help om die Heilige Gees se Woord te versprei. Die beste manier waaraan ek kan dink, is Pay-Per-View-Televisie. Op hierdie manier kan ek en Oom Angus, Liewe Jesus, Die Heilige Vader en Die Heilige Gees wereldwyd op die TV na elke huis wat bereid is om ‘n klein fooitjie te betaal, in gestuur word. Dit sal so wonderlik wees as die Diens wat deur Oom Angus gelewer word deur miljoene meer mense gesien word. Ons sal genoeg geld maak om reg oor die wereld die Goeie Nuus te versprei vir dekades lank.

Ek sal ook van nou af begin Kerk toe gaan. Ek sukkel net om te besluit na watse Kerk toe ek moet gaan. Daar is so baie van hulle, en hulle almal se hulle is die enigste Kerk wat die Woord van God reg verstaan. Miskien kan van die lesers hier vir my advies gee en vir my bid dat ek die regte Kerk kies.

Ek vra ook dat die goeie mense van God die Vader vir my beter boeke aan beveel om te lees. Ek het al al die goeie dele in die Bybel gelees, en ook meeste van die dele wat nogal gewelddadig is. Maar ek sal graag meer leestof wil aanskaf wat die wetenskap en die heelal en die planeet Aarde verduidelik deur God die Magtige Vader in terme van Sy Skepping. Die wetenskaplike boeke wat ek later vandag gaan verbrand, was heentemal te ingewikkeld, en het die punt gemis. Al die wetenskaplikes het alles probeer bewys en alles probeer verduidelik sonder dat die leser enige kans gegee word om geloof te gebruik nie. Ek glo hulle is almal met ‘n komplot besig, wat deur die Duiwel self bestuur word, om die Bybel en God se Woord en Sy Skepping te probeer verduidelik as net ‘n klomp frats gebeurtenisse wat geen doel het nie. Die wetenskaplikes sal almal eendag saam met my in die Hell verbrand, vir ewig en ewig. Hulle sal dan baie jammer wees dat hulle die Duiwel se werk gedoen het.

Ek glo ook dat ons meer op die kinders moer fokus, om God se woord sterk in hulle siele in te werk. Buig die boomtjie terwyl hy of sy klein is!!!!!!!! En hulle is magteloos, so dit behoort nie te moeilik te wees nie. En Jesus het gese: “Suffer the little children”.

Ek sal al die geld wat ek in God die Vader en die Huilige Gees se naam gaan maak goed spandeer. Sodra ek vir my ‘n beter motor kar, en ‘n mooier en groter huis, en ‘n vliegtuig aangeskaf het, sodat ek dan behoorlik die Goeie Nuus kan versprei. Ek sal my stippins van 10% skenk aan die Kerk wat ek by gaan aansluit.

Een van die beste maniere om die Goeie Nuus te versprei sal wees om al die onkennis wat die wetenskaplikes versprei te probeer bekamp, al hulle boeke te laat verban in lande wat glo in die Werk van God, en in die skole reg oor die wereld. Een van die dae gaan al die mense wat Geloof en die Woord van God kritiseer in die tronke gegooi word, waar hulle behoort, in baie lande! Alles te danke aan die wonderlike United Nations se nuwe Resolusie. Ek noem dit ‘n wonderlike Revolusie vir God!!!!!!!!!!!! Met nog net so paar suksesse, sal ons weer terug in die glorie ryke 1600’s wees, waar ons al die ongelowiges kan dood maak sodat hulle vinniger Hell toe kan gaan. Nadat ons hulle so bietjie gemartel het natuurlik, want God gee nie om as hulle ‘n goeie les geleer word in Sy naam nie. En ons sal al daardie wetenskaplike boeke verbrand. Die hele wereld sal weet dat God die Almagtige gewen het teen die Duiwel en sy sameswerende werkers.

Ek voel so verlig!!!!!!!!!! Nooit weer hoef ek te dink oor enige iets nie, God het al die antwoorde, vir alles, in Sy wonderlike Boek, die Bybel, en ek kan my gesonde verstand gebruik om Hom te prys!!!!!!!!! Dis so ‘n lekker gevoel!!!!!!!!!!! Dit voel asof ek ‘n Heilige Gees het wat deur my ligaam beweeg!!!!!!!!!! Hoe ek vir so lank so dom kon gewees het weet ek glad nie. Eke glo dit was alles die Duiwel se werk.

Ek wil graag afsluit deur weereens omverskoning te vra aan al God se kinders teen wie ek sulke vulgere taal gebruik het. Vir wie ek voor gelag het. Teen die wat ek grappe oor gemaak het. Ook dat ek julle grotmense genoem het. Ek sien nou ek was verkeerd. Julle is reg. Daar is niks erger in die wereld as mense wat nie ander mense se gelowe respekteer nie, al blaas hulle onskuldige mense op in hulle God se naam, en al is hulle skuldig aan kinder mishandeling, en al glo hulle in ‘n God, of ‘n ander God as ons.

Ek sal nooit weer enige iemand wat enige iets glo of doen in enige God se naam aftakel nie. Ek wil nie Hell toe gaan nie. Maar dis miskien klaar te laat vir my. Bid asseblief vir my verlore siel, en vra vir God die Almagtige, die Heilige Gees, en vir Liewe Jesus om my asseblief te vergewe. Ek het ook ‘n pyn in my rug, so gebede vir rug pyn sal ook baie waardeer word.

Baie dankie!!!!!!!!

Prys die Here!!!!! Prys die Almagtige God!!!!!! Prys die Heilige Gees!!!!! Prys Liewe Jesus!!!!!!!!!!!!!

Oh, voor ek gaan, gebede vir pyn in die kniee is ook nodig, ek het nooit besef om die heel dag te bid kan mense se kniee so seer maak nie!!!!!! Hoe doen julle dit?

25 thoughts on “McBrolloks na die Pad na Damaskus

  1. Jeses en die Apostels het hulle nooit skuldig gemaak aan sulke ongoddelike dade. Mense moet eerder hulle voorbeeld volg as hulle God wil dien.

    Like

  2. Jeses en die Apostels was ‘n klomp hippies wat te veel LSD gebruik het. Hulle was heentemal delusional, het ‘n groot kak storie aan ‘n paar mense verkoop wat dit alles geglo het, en is op die einde van die dag wreed dood gemaak is deur die Romeine. Toe het mense later die kak storie gebruik om ander mense mee te vlous. Dit het gewerk. Dit werk vandag nog. En dies wat hierdie kak storie glo, is nie lekker in hulle koppe nie. Hulle breine vrot stadig maar seker weg. Rationele denke ontsnap hulle.

    Like

  3. McBrolloks, jy het duidelik Jesus se boodskap gemis en nou tree jy op soos een wie se maag spoel (metafories). Net omdat jy dit nie kan verstaan nie, is blykbaar iets wat jy nie kan verwerk nie.

    Like

  4. Hans, watse boodskap het ek gemis? Jesus het ‘n klomp kak gepraat. Sy pa is en was nog altyd ‘n poes gewees. Kan julle nie ‘n beter spook uitdink en voor bid nie? God, maar julle fundies is darem maar deur die kak. Julle lei aan ‘n kinderlike neurosis, vergelykbaar met ‘n 4 jarige kind wat 5 of meer “imaginary friends” het met wie hulle die heeltyd gesels. En julle “verdedig” julle imaginary friends tot die dood toe, want julle glo julle tjommies gaan julle hemel toe vat.

    Fok my, maar ek sou nooit sulke kak eers kon uitdink nie, maar ek sien dit elke dag.

    Gaan bid asseblief vir my. Se vir jou god ek het gese hy is ‘n fokken poes, maar ek het dit nie bedoel nie, want ek het sy seun, wat hy geskape het deur ‘n arme meisie wie se naam Mary was te verkarg, se “boodskap” verkeerd verstaan.

    Ek gaan nog ‘n bottel wyn drink, want julle dom poesse maak my fokken mal.

    Like

  5. BTW, uit WikiPedia uit:

    Rape – In criminal law, rape is an assault by a person involving sexual intercourse with another person without that person’s consent.

    Ek is seker Mary het nie lekker saam genaai nie, so mens kan mos dan aflei jou god het haar verkrag. ‘n Regte poes. Gelukking bestaan daardie siek fokker net in mense soos Hans se verbeelding. Anders was ons almal retig fucked gewees.

    Like

  6. My bliksem, Hans, vir wat fok jy hier ook rond?
    Aangesien jy hier is, vra ek jou weer: Aan watter sekte behoort jy?

    Like

  7. Dit is jammer om te sien dat hier ateiste hierdie geleentheid gebruik om satan te dien.

    Like

  8. Willem K Botha
    Ek sien jy was in 2009 by Oom Aartappel se byeenkoms waar jy god die eerste keer ontmoet het. Hoe het hy gelyk, kon jy darrem sy hand skud toe jy jouself aan hom voorgestel het?
    Ek sien jy is nou ewe skielik ook in van die dose wat jouself nou op ‘n troontjie gesit het. Jy moet onthou dat ek ook op ‘n stadium in daardie beswyming was, jy is nie die enigste nie en sal ook nooit die enigste wees nie, so klim uit jou box.
    Ek neem aan jy was ook seker onder “satan” se invloed voor 2009. Moenie bekommer wees nie, daar bestaan nie so ‘n ding nie. Dit is ‘n wolf storie wat die katolieke in die 4de eeu uitgedink het om die sogenaamde christene mee bang te maak.
    Jy beindruk niemand met jou sop stories nie.By the way, het jy geweet dat Oom Aartappel omtrent 40 MILJOEN RAND profyt gemaak het met die laaste byeenkoms. Hy het julle almal aan die knaters beet, maar is te onnosel om dit te weet.
    Die sogenaamde “hemelse gevoel” kry jy ook as jy op die vyndraai is of as jy verlief raak. Dit is maar net ‘n chemiese reaksie in jou brein en het niks met die godsdiens te doen nie. Dit is ‘n natuurlike reaksie.
    Ek stel voor jy doen eers ‘n bietjie navorsing voor jy begin kak praat.
    Jy dink verniet jy is nou ewe skielik beter as ander net omdat jy jouself nou op ‘n troontjie gesit het. Dit sit ongelukkig nie in jou broek nie.
    Jy lyk vir my na ‘n snotneus mannetjie wat van fokkol weet nie.
    SO VLIEG IN JOU BLIKSEM IN!!!!!

    Like

  9. LOL – McBollocks – fok hulle op. Sien vandag in venster van ‘n toilet ‘n stukkie karton met die vraag: If God is the father who was the mother?

    Like

  10. Nee ek sit nie op ‘n troontjie nie. Die Here , die Skepper van alles , ons God en redder sal met jou afreken oor die laster wat jy hier uitspreek. Die einde is naby. Ek hoop regtig jy het vrede met jou Skepper . mense soos julle godslateraars gaan vir baie lank baie warm kry.

    Ek bid vir al julle redding. Regtig julle het dit dringend nodig.

    Like

  11. Willem Kerneels Botha
    Ek dink wat jy baie dringend nodig het is ‘n nuwe brein wat nie gebreinspoel is nie.
    Ek wil nou net die volgende graag van jou weet en ek soek ‘n eerlike antwoord van jou, indien dit moontlik is. Al die moord en doodslag (natuurrampe ingesluit) op die aarde, wie se skuld is dit? God s’n of Satan s’n?
    Ek weet nie so mooi of jy in staat is vir ‘n eerlike antwoord nie. Julle fundies is mos op leuns geskoei, maar probeer in elk geval.

    Like

  12. WKB
    Ek het gedink jy gaan in die wip val.
    Maw Satan is in beheer. God kan niks doen om hom te keer nie! Die “God Van Liefde” laat dit toe want hy is bang vir Satan! Die sogenaamde “God” is na alles tog nie so almagtig nie! Maar julle fundies kan dit nie insien nie, want julle word aan julle neuse rongelei deur predikers en ander slim mense wat dit vir hulle eie gewin doen en julle onnosel mense vreet dit vir soetkoek op. Dit is alles as gevolg van breinspoeling.
    Keiser Konstantein (as jy dalk weet wie hy was) is die vader van breinspoeling. Doen vir ‘n slag ‘n bietjie navorsing buite jou kokon waarin jy woon.
    Soos ek alreeds gese het, daar is nie so iets soos ‘n “Satan” nie!

    Like

  13. Dit is jy wat dom is. God het toegelaat dat Jesus deur versoek is . Maar in sy alwetenheid weet hy wat die uitkoms gaan wees. Het jy geweet God het jou geken nog voordat die aarde daar was. Jy is NIKS is God almagtige plan nie. Hy kan jy binne ‘n oogwind vernietig . Maar jy vergeet dat God ‘n God van liefde is. God gebruik ook vir Satan om mense te waarsku ; bv katrina en die homoseksuele leefwyse wat hy aangepreek het in die VSA.

    As jy ‘n oor het behoort jy te luister. Die odds waarop jy jou geld sit gaan jou in die Hel laat beland.

    Like

  14. Dit is waarvan ek praat, onnosel! Dit is hoekom ek nie belangstel in jou “God se almagtige plan” nie, want jy sien hy sien my en almal op die aarde as fokkol. Dit is hoekom daar so baie mense op hierdie aarde deur “liefde”vernietig word en nou word satan deur god gebruik! Ek sal so “glo” ja, want hy is ‘n baie liefdevolle wreedaard!!!
    In elk geval, ek mors my tyd om met daardie tor in jou brein te praat, gaan speel met jou maatjies.

    Like

  15. Eric , dit is nie my God se plan nie, dit is die enigste en WARE SKEPPER waarvan jy praat. Ek is net ‘n soldaat vir God. As jy nie van die boodskap hou nie hoekom skiet jy die boodskapper. Jy kan nie vir God wegkruip nie. Eendag sal jy voor Sy regterstoel staan en rekenskap moet gee. God speel nie jou soort games nie. Dit gaan oor jou siel , of jy is vir God of jy is vir Satan. Jy het net die keuse. Dis daarom dat Jesus vir jou gesterf het sodat jy nie verlore mag gaan nie . Jy kan OOK deel in Jesus se liefde maar jy moet eers jou ou sondige lewe afsterf en wedergebore raak. Ek sal vir jou bid en vra dat Jesus die boeie wat satan oor jou het verbreek.

    Ek kry jou baie jammer , ek kan sien jy hunker na God se liefde maar Satan beheer jou. Oom Angus gebruik gereeld vir Paulus as voorbeeld. Jy is die ou Soulus wat nog in die wee van satan wandel. Jy het nog nie die LIG gesien nie en verjaag die Heilige Gees as hy met jou praat. Die Here het vir my gese dat jy hunker na vrede en liefde maar dit is in jou hande om die swaard neer te sit. Hou op om vir God te blameer.

    Like

  16. Kan jy dit vir my in Fanakalo vertaal. Ek het hierdie geylery al duisende kere in Afrikaans of Engels gehoor en hier sit ek nounog, niks het sover gebeur nie. Miskien sal daardie ylery vervrissend in Fanakalo klink.
    By the way, wanneer het god met jou gepraat? Wat rook jy?

    Like

  17. Jy sal nie verstaan nie want jy is nie begeesterd met die Heilige Gees nie. Jy is gewoond om alles op jou ie te wil doel. As jy wedergebore word sal jy die gawes van die Gees ontvang.

    Like

  18. Weer Kakpraat Botha
    Daar is nie so iets soos ‘n gewone spook, bose spook of ‘n heilige spook nie. Die enigste spook is jy. Get a life!

    Like

  19. Ja/nee, as julle net iets sinvol sou kon sê kon mens met julle debat voer, maar dit is blykbaar bokant julle vermoë. Shame!

    Like

  20. Hans Matthysen

    Iets ‘sinvol’ soos hierdie?

    Jy sal nie verstaan nie want jy is nie begeesterd met die Heilige Gees nie. Jy is gewoond om alles op jou ie te wil doel. As jy wedergebore word sal jy die gawes van die Gees ontvang.

    Like

  21. Objective, waar het Jesus en Sy Apostel, hulle skuldig gemaak aan al die dinge, wat hierbo aan sogenaamde Christenne toegevoeg word?

    Like

  22. Brilliant!!,McBrolloks,ek het nou eers die artikel gelees,en so hard gelag,dat die mense
    in die hotelkamer langs my gekla het(maar dun mure hier in London)
    Jislaaik,maar as ek hier deur Mathysen en Willempie se comments lees
    skrik ek!
    Jul mors jul tyd om met hul te redeneer,as hulle nie eens weet wat beteken Atheist nie,en aneem ons glo/dien in hul fiction character Satan,whats the point?
    Its alarming that people this stupid walks around freely in society.
    Elke geval Willimpie en Kerneelsie,
    Gistraand het God homsef in n droom aan my geopenbaar.
    Dit was n wonderlike ervaring.
    Seker dit het ookal met julle gebeur?
    Ek was verlore en toe red hy my.
    Hy het my vergewe,en my genooi na sy paradys,maar toe besluit hy om my nie te neem nie,want ek moet nog werk vir hom doen op die aarde.
    Ek is ook nou vervul me sy gees, want hy het binne-in my gekom,en nou ontvang ek
    ook die gawes van die gees.
    Begeesterd se ek vir julle.
    Hy het my het my so hard gespyker,dat my IK met 100 geval het,en nou kan ek julle verstaan!
    Voorwaar n wonderlike man.

    Like

Leave a comment