Pieter, die Here, en die haai

Standard

Een mooi dag in die Kaap, terwyl die Snoek gehardloop het, was daar 5 vissermanne wat hard besig was om hulle oes te vang.

In al die kommosie, met die Snoek wat agter die Sardintjies aan is, en die haaie wat agter die Snoek aan is, beland daar ‘n groot Mako haai reg op die dek van die skuit.

4 Van die vissermanne was gelukkig genoeg om naby die skuitjie se kajuit te wees, en hulle spring en klim toe vinnig op die skuitjie se kajuitjie se dakkie.

Pieter was nie so gelukkig nie. Hy was voor op die skuit, en tussen hom en die veiligheid van die skuitjie se kajuitjie, le daar ‘n groot Mako haai, wat worstel om weer in die water in te land, met kake wat oop en toe klap, en skerp wit tande wat enige iets waarmee hulle in kontak sal kom sal verslenter.

Die 4 manne op die skuitjie se kajuitjie se dakkie skreeu vir Pieter om uit die pad uit te kom van die groot en gevaarlike haai se kake en tande. Pieter probeer lings verby glip, maar die haai se worstelinge gooi hom reg in Pieter se pad. Pieter probeer regs verby glip, maar dielesfde ding gebeur, en hy word amper gebyt.

Soos die haai worstel en rond rol, begin hy al hoe nader aan die voorste punt van die skuitjie beweeg, reguit oppad na waar arme Pieter vasgepen is.

Pieter weet nie meer wat om te doen nie, en vir hom voel dit asof die einde nou baie naby is. Hy weet hy is nog nie reg om te sterf nie, en sien ook nie kans om deur ‘n haai verslind te raak nie.

Dis toe dat arme Pieter hardop begin bid.

“Asseblief tog Here!!!!!!!! Help my!!!!!!!!!! Red my van die monster af!!!!!!!”

Terwyl hy besig is om so hardop te bid, beweeg die haai nog nader aan arme Pieter.

Pieter begin nog harder bid: “Asseblief tog Here!!!!!!! Help my!!!!!!! Ek sal ‘n goeie mens wees. Ek sal nooit weer so baie brandewyn drink elke aand nie!!!!!! Ek sal nooit weer my vrou slaan nie!!!!!!!! Ek sal ‘n beter pa wees vir my kinders!!!!!!!!!!! Ek sal nooit weer my vrou verneuk met al die hoere nie!!!!!!! Asseblief tog Here!!!!!!!!!! Help my!!!!!!!”

Net so toe die laaste woorde uit sy mond uit was, glip die grooi haai oor boord, en verdwyn in die diep blou water in.

Pieter is so wit soos ‘n spook.

Sy 4 vriende spring van die klein skuitjie se kajuitjie se dakkie af, en hardloop na Pieter toe om te sien of hy ok is.

Hulle sien hy is fine. So bietjie geskok, maar fine.

John haal ‘n botteltjie brandewyn uit sy sak uit, en vat so paar vinnige slukke om oor die skok te kom.

Pieter sien die bottel en gryp dit vinnig uit John se hand uit, en begin die brandewyn sluk asof sy lewe daarvan afhang.

John se toe vinnig vir Pieter: “Nee man!!!!!!! Ons het almal jou beloftes aan Die Here gehoor! Niks meer brandewyn nie, niks meer vrou slanery nie, niks meer gehoerery nie, en jy gaan ‘n beter pa wees vir jou kinders!!!!!”

Toe die laaste druppel brandewyn agter in Pieter se keel af glip, gooi hy die lee bottel in die see, kyk so na sy maats, en se: “Jissie manne, kan ‘n man nie eers meer ‘n grappie maak nie!!!!!!!!!!”

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s