Magtige opmars na Mighty Ignorant Men Conference 09

Standard

angusMagtige opmars na MMC09
Marthinus van Vuuren


Só lyk die stortgeriewe wat vir volgende naweek se Mighty Men-konferensie beskikbaar gestel word. Volgens Buchan sal al die storte op die plaas ‘n ry van sowat 2,7 km lank kan vorm.

Mnr. Angus Buchan, die evangelis wat almal verlede jaar aan die praat gehad het met Christelike massabyeenkomste regoor die land, vertel hy is altyd verkeerd wanneer dit kom by wat hy glo God gaan doen.

Hy oorskat nie, hy onderskat: God oortref altyd sy verwagtinge, vertel hy op sy plaas buite Greytown in KwaZulu-Natal, waar daar dag en nag gewerskaf word ter voorbereiding van volgende naweek se Mighty Men-konferensie, oftewel MMC09.

“Daar is altyd meer. Met verlede jaar se Mighty Men-konferensie het ek geglo hier gaan 60 000 mans wees en daar was definitief meer as 60 000.

“Vanjaar glo ek 200 000 mans gaan hier opdaag en ek mag dalk net weer verkeerd wees,” skerts die boer van Faith Like Potatoes-faam.

Hy verduidelik dit is nie ’n wetenskaplike skatting of berekening wat hom by dié syfer uitbring nie.

Dit gaan oor geloof in en gehoorsaamheid aan God – om te glo 200 000 mans gaan op die plaas opdaag om hul geestelike batterye te herlaai, want God laat nie gelowiges in die steek nie.

Daar gáán genoeg kampeerplek wees, genoeg storte, toilette en genoeg kos vir almal, maar vanjaar sal hulle nie die gratis etes van verlede jaar kan voorsien nie.

Die manne gaan moet betaal óf self hul kos moet bring.

Dit kos reeds ’n plaas se prys om voorsiening te maak vir 200 000 mans, maar Buchan vertel sy begroting is “nul”.

“Soos ons betaal, stroom die geld in. Dit kom van mense oorsee wat nie eens weet van Mighty Men nie. Dit kom van die Here,” vertel hy opgewonde.

En só was, en is, daar genoeg geld om vanjaar vir 3 miljoen m² kampeerplek te sorg, met 2,7 km se storte (sou die tientalle storthokke in ’n enkele ry staan), 330 000 liter water per uur en ’n 8 km lange, 6 dm-pyplyn wat vir die water sorg.

“In die verlede sou dit vir my onbekostigbaar duur gewees het om grondverskuiwingstoerusting vir ’n paar dae te huur, maar ons het al meer as ’n maand lank ’n vloot van die goed.”

En hy sê dit weer opgewonde: God betaal vir hierdie dinge.

Kaartjies vir die drie dae lange mannekonferensie word teen R150 per kampeerder van die hand gesit en dít dek slegs die basiese kostes – soos die omset wat Buchan en boere van die buurplase moes opoffer om hul landerye in kampeerplek te omskep.

Dagbesoekers wat nié op die plaas gaan kampeer nie kan die konferensie gratis bywoon.

Die mense gaan van heinde en ver kom.

Daar is selfs ’n groep Suid-Afrikaanse beroepsoldate wat van Irak kom om Mighty Men by te woon, vertel Buchan.

Buchan is self nie seker wat die komende naweek vir hom en die manne gaan inhou nie – hy glo God sal die verrigtinge lei.

Die tema vir vanjaar se konferensie is “Men of Promise” met Galasiërs 4:28 as sleutelvers: “ En julle, my broers, is net soos Isak kragtens die belofte kinders van God ”.

“Die enigste manier waarop ons die uitdagings soos ekonomiese ondergang en politieke onsekerheid gaan oorkom, is deur geloof. Rou, onafgewaterde geloof in God.

“Die glorie van God gaan volgende naweek op hierdie plek neerdaal. En ek weet nie hoe dit gaan gebeur nie. Dit kan deur my prekery gebeur, of deur die musiek of selfs om ’n kampvuur, maar dit gáán gebeur.”

http://www.jv.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2503596,00.html

Advertisements

3 thoughts on “Magtige opmars na Mighty Ignorant Men Conference 09

  1. I’m also going to make a lot of money during this bible thumping event. I’m bringing in the dancing girls (read prostitutes) and boy, old boy, are these knuckle-heads going to have a ball. All old potatohead’s preaching will not deter the natural urge men have. Who knows, I’ll have a special girl there for him as well.

    Like

  2. En hy sê dit weer opgewonde: “God betaal vir hierdie dinge.”

    “Soos ons betaal, stroom die geld in. Dit kom van mense oorsee wat nie eens weet van Mighty Men nie. Dit kom van die Here,” vertel hy opgewonde.

    He-he!!!!!!!!!

    R30 miljoen. Die here moet baie van oom Angus hou.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s