Angus Buchan en die arme ou Afrikaner volkie

Standard

Hier is ‘n goeie voorbeeld van hoe dom baie van die Afrikaners werklik is. Hulle luister na hierdie dissiepel, die artapel boer, wat glo met god, liewe jesus, en die heilige gees kan praat.

Ons ou volkie glo nog sterk aan spoke en ander stront. Hulle volg ook enih=ge poepol wat vir hulle wil vertel wat goed is vir hulle.

Kyk na oom Angus, wat se vrouens moet onderdanig wees aan hulle mans, mans moet nie meer enige kak van hulle vroumense af vat nie, en dat Jesus vir hom vertel wat reg en verkeerd is en dat hy (oom Angus), dan weer vir die mense vertel wat Jesus vir hom vertel het om vir hulle te vertel wat reg is en wat verkeerd is.  Hoekom kom Jesus nie reguit uit en vertel direk vir die mense wat gedoen moet word nie? Wag so bietjie, ek dink ek weet wat die antwoord op my eie vraag is. Spoke soos jesus en god en die heilige gees bestaan nie, al wil ons mense hoe graag wil he dat hulle wel bestaan en vir ons almal omgee.

Angus kapitaliseer hierop, en hy maak mijoene $$$$ per jaar. En die arme ou Afrikaner volkie word net dieper en dieper in die duisternis in gely, waar dit maklik is vir sulke jakkers om hulle te bedrieg en te verlei, en te verhoed om vir hulle self te begin dink.

Hier is ‘n artikel uit die Beeld uit wat berig lewer oor oom Angus se by eenkoms in Vanderbijlpark verlede jaar.

‘God is ’n vriend van sondaars’
May 11 2008 09:11:28:450PM  – (SA)

Mnr. Angus Buchan aan die woord tydens Saterdag se byeenkoms in Vanderbijlpark. Foto: Mario van de Wall
// Click here to find out more!
//

Neels Jackson

Die Angus Buchan-fenomeen het Saterdag in Vanderbijlpark voortgerol toe duisende mense na die Isak Steyl-stadion gestroom het om na die evangelis-boer van Greytown te luister.

Van Buchan het hulle ’n eenvoudige vraag gekry: glo julle dat die Seun van God lewe of dat hy dood is?

Hy het ook uit die Bybel gewaarsku dat daar mense is wat met die mond sê dat Jesus lewe, maar dat hul optrede dit verraai.

Hy het vir die skare vertel hoedat Jesus vir Maria Magdalena, “ ’n gewone prostituut” ’n tweede kans gegee het en gesê Hy wil dit vir hulle ook doen.

“My God is ’n vriend van sondaars,” het hy gesê.

Hy het sy geliefkoosde uitspraak herhaal dat dit nie goeie mense is wat hemel toe gaan nie, maar gelowiges.

Wat die situasie in die land betref, het Buchan gesê daar is mense wat berou moet toon omdat hulle so negatief oor die situasie in Suid-Afrika praat.

Hy het gesê die toekoms is in God se hande en voorspel dat daar ’n ommekeer in die land gaan kom.

Vir voornemende emigrante het hy gesê as God vir hulle sê om Australië toe te gaan, moet hulle dit doen.

As Hy dit nie vir hulle gesê het nie, moet hulle versigtig wees. Hulle gaan hul probleme met hulle saamneem daarheen.

Hy wou weet of enigeen al ’n boodskap van God gekry het dat Suid-Afrika ten gronde gaan.

Hy het oor die skare voor hom uitgekyk, maar niemand het hand opgesteek nie.

Buchan het gesê Jesus lewe en Hy is in Suid-Afrika.

“Ons is in herlewing!” het hy uitgeroep.

“Jesus Christus lewe! Hulle praat van Hom oor sekulêre TV. Hulle praat van Hom oor sekulêre radio. Hulle skryf van Hom in sekulêre koerante. Hy is die onderwerp van die dag!”

Hy het ook weer, soos gebruiklik by sy byeenkomste, mense met verskillende soorte kwale en siektes laat opstaan, vir hulle gebid en hulle aangemoedig om op God te vertrou vir ’n wonderwerk.

Hy het God as ’n “wonderwerkende God” bestempel en gesê as dit nie so was nie, sou hy nie daar gestaan het nie.

19 thoughts on “Angus Buchan en die arme ou Afrikaner volkie

  1. Hoeveel Afrikaners vat dit om ‘n gloeilamp aan te skroef? Amper ‘n hele nasie en 1 kult leier; die nasie om die gloielamp te soek (en hulle betaal hiervoor). En die kult leier om die geld te vat, en miskien pick-pocket te speel terwyl hulle nie kyk nie. Ha ha ha. Jammer, moes net daai een vertel.
    As vir onderdanig te wees aan ‘n man – skop hom innie balls! As so ‘n soort ‘man’ ooit so iets het …

    Like

  2. Julle kan net ateïste en Engels wees en/of jaloers op ons Afrikaners, ne? Ons het meer trots as meeste ander gelowe en nasies. Shame! Ek sal bid vir julle bid en hopelik sien julle eendag die Lig. Dit moet seker baie eensaam en sleg wees om in die “donker” rond te dwaal soos julle. Ek voel regtig vir julle! hie hie hie!

    Like

    • Aan JC, (Jesus Christ?)

      Godsk, maar jy en mense soos jy is presies wat fout is met ons ou volkie. Julle dink omdat julle julle kniee rou bid dat julle julle spook se verkore volk is. Julle is nie beter as ander mense nie.

      En moet my asseblief nie by jou defenisie van ‘n Afrikaner betrek nie. Ek is my hele lewe lank al skaam om met die poepolle soos julle mee in enige verband gesien te word. Julle is so behep met julle spoke dat julle die wreedste dade al gepleeg het en dit as god se wil verduidelik het. En as die wreedste goed met mense gebeur, dan val julle op julle kniee en se dit was ook got se wil.

      Julle is die mense wat in die donker lewe. Al vir generasies lank al. Die res van die wereld het begin wakker word, maar daar is natuurlik ‘n klomp van ons ou volkie wat nog steeds in die bronstydperk wil lewe met dieselfde wette. Solank julle volgens julle siek spoke se “wil” wil lewe, gaan dinge maar neuk vir julle vorentoe.

      Word wakker man. Nie dat dit ooit met julle sal gebeur nie. Julle fok maar voort in die donker en glo daar is een of ander spook wat julle gaan red na die dood. Godsk!!!!!

      Like

      • McBrolloks en Malherbe, bewys nou asb. vir ons dat julle nie skynheilig is nie.

        Waar het julle teen die vorige bedeling opgestaan (in die tyd wat die vorige bedeling aan bewind was)? Onthou, ek soek bewyse, anders bewys dit vir my dat julle skynheilige grootpraters is wie se blaf erger as julle byt is en “in hindsight” skielik moreel was vanaf die begin. En waar is julle besig om op te staan teen die huidige bedeling wat nog swakker en meer rassisties as die oue is? Ek’s jammer om te hoor julle is te poep bang om standpunt in te neem op ‘n openbare manie en ek’s net so jammer om te hoor julle skaam julle julself vir wat julle is – Afrikaners.

        Of, wag, ek sal julle toelaat om my ‘n makliker bewys te gee. Wat doen julle om die voordeel wat julle dan uit apartheid gekry het uit te wis? Ek soek groot opofferings, julle het mos groot voordeel getrek. Helaas, dit pas seker nie in jou raamwerk van moraliteit nie.

        Laat staan eerder julle minderwaardigheidsindrome en begin bietjie waarde in julleself sien. Julle is after all mense – nie diere nie – en mense is die belangrikste deel van die skepping.

        Like

        • “- en mense is die belangrikste deel van die skepping.” Seg wie Analfa? Jou stowwerigee bybel?

          Wat jou vorige tirade betref, die vlg: Apartheid was onmenslik en gefundeer en geregverdig op bybelgronde. Selfs al het ek apartheid ondersteun (wat ek terloops nie gedoen het nie), regverdig dit niks. Dit maak my ook nie skynheilig indien ek my foute van die verlede sou erken en probeer regstel nie. Van my vrinne erken vandag dat hul deur die kerk mislei is en sit opgesaal met erge skuldgevoelens oor hul historiese ondersteuning van ‘n moreel onregverdige bestel. Wat wil jy he hulle moet doen Analfa? Is erkenning en berou oor ‘n fout nie goed genoeg vir jou nie? Ek dog jou gotte hou nie van veroordeling nie?

          Wat betref die voordeel wat ons blankes onder apartheid geniet het, ja, natuurlik is ons bevoordeel. Juis viir hierdie rede is regstellende aksie geregverdig en word dit deur myself en die besigheid wat ek bedryf omarm. Dink jy steeds ek is skynheilig? (Versigtig nou met die antwoord)

          Ietsie oor myself Analfa: ek het 2 jaar teen my wil diensplig gedoen. Het op die grens baklei onder die vaandel van die vorige regime. Die alternatief was om in die tronk te sit met ‘n lewenslange kriminele rekord agter my naam. Het twee vrinne in die proses verloor en ‘n derde vermink. Jou godiotiese broers het gedurende my diensplig ons dade alles op bybelgronde gebaseer. Van die inval in Angola tot die doodmaak van onskuldiges vir die inwin van inligting. Ek sou dink hierdie opoffering wat ek gedwing was om te maak, tel darem ook so bietjie vir die boetedoening wat ‘n godioot soos jyself nou van my eis.
          Maar as dit jou beter laat voel Analfa, ja, die skuldgevoelens ry my soms en somtyds dink ek die tronk opsie was die beter keuse. Ek was 18 jaar oud. Het gedoen wat pa en ma en dominee van my verwag. Vir jou Suid Afrika. Wat ‘n grap. Amper so ‘n groot grap soos jy en jou gottediens.

          Like

          • Goed, Malherbe, jy het dit definitief erger as ek gehad in die apartheids-jare wil dit vir my voorkom. My lewe was ook nie ‘n walk-in-the-park tot op hede nie agv ‘n hele paar dinge, maar ek’s nie lus om daai dele hier te deel nie, en ek aanvaar dit was nie so erg soos wat jy deurgemaak het nie. Jou verduideliking is vir my goed genoeg – niemand het daardie jare hulself teen apartheid uitgespreek nie.

            Ek was nie in daai oorlog nie, waaroor ek BAIE dankbaar is – gelukkig was ek nie verplig om diensplig te doen nie. So ek sal nie oor daai oorlog comment nie, uit respek vir die hoeveelheid mense (blank en nie-blank) wat dood is of se lewens anders verwoes is. Dis nie gepas nie.

            Ek is ook teen apartheid (was nie altyd nie) en het nes jy nie veel daarteen gedoen nie. Kom ons sê maar ons was te jonk en/of te bang om teen dit op te staan. Ek’s nie happy met daardie deel van my verlede nie. Maar dit beteken nie ek moet verlief neem met ons korrupte regering, onaanvaarbare moordsyfer, ‘n rassistiese “regstellende aksie” beleid, etc. etc. etc. nie. Ek hoef nie te aanvaar dat ons president 10 vroue het nie, omdat sy Afrika voorvader geloof hom dit toelaat nie. Ek moet my deel doen om vir my kinders ‘n toekoms te verseker. As ons dan nie voorheen opgestaan het vir wat reg is nie, dan moet ons nou. Die antwoord is nie om jou te skaam vir wie jy is nie. Ek gaan nie vandag se tipe rassisme ondersteun omdat ek skuldgevoelens het oor die verlede nie.

            As jy regstellende aksie ondersteun, dan ondersteun jy rassisme – so eenvoudig soos dit. Ek glo aan gelyke kanse, om werk te kry op grond van meriete, in opvoeding eerder as korrupsie. Ek byskou myself as ‘n Afrikaner en vertaal dit na Engels as African. Niemand moet vir my sê ek’s nie ‘n African nie, of dat jy swart moet wees om ‘n African te wees. Sulke mense is opperste rassiste. Vir my taal en my wit velkleur skaam ek my niks. My kinders werk blerrie hard in die skool en verdien werksgeleenthede en ‘n goeie inkomste. Enigiets wat dit verhinder op grond van hulle velkleur – dit beveg ek.

            Like

        • Ag ou Analfa,

          Jy is darem lekker deur die kak.

          Ek vang al lankal ‘n gly in julle manne wat al vir jarre lank die naam Afrikaner deur die modder trek. As jy ‘n Afrikaner is omdat jy Afrikaans praat fine, maar julle “Afrikaners” bedoel baie meer met julle defenisie van ‘n Afrikaner. For fuck sake man!!!!!!!! Moenie amal label met julle dom-en-deur-die-kak-geid nie. Ek ken baie Afrikaners wat goeie mense is. Wat slim mense is. Wat weet wat om hulle aangaan. Mense wat nie behep is met hulle spoke nie. Mense wat verdraagsaam is. Mense wat ander mense help en niks terug verwag nie. Mense wat hulle kinders goed groot maak. Mense wat nie leuns vertel en ander bedrieg nie. Mense wat hulle vrouens respekteer. Hulle is ook Afrikaners. Maar julle klomp sogenaamde “Afikaners” gee ons almal ‘n slegte naam. Dis hoekom en niks met julle en julle term van Afrikaner enige iets mee te doen wil he nie.

          Jy vra wat het ek gedurende apartheid gedoen. Ek was ‘n klong wat kaalvoet skool toe gegaan het. Maar ek het julle ouens goed geken. Die faktap klomp dom onnies met hulle snorre wat ‘n grotman se intelektuele vermoens gehad het. Julle klomp “Afrikaners” wat vir die kindertjies elke dag in parade opgelein het voor skool. Dan moes ons die faktap Stem sing terwyl ons op aandag moes staan terwyl julle daardie faktap vlag gehuis het. Ons was op laerskool gewees. Net klein kindertjies. Maar julle met julle NAZI mentaliteit wou seker maak julle maak soldate van die seuns en huisvroue van die meisies. Dan, voor ons mag klas toe gaan, het een of ander fundie onnie ‘n bybel gevat en vir ons begin vertel hoe ons gehoorsaam moet wees, want dis got se wil. Hoe got ons die barbare se baas gemaak het, want ons is mos sy verkore volkie op die suider punt van Afrika. Dis wat julle met klein kindertjies gedoen het reg oor die land. Ek het julle gehaat. Elke liewe dag van my lewe het ek julle varke gehaat. Ek eht skool gehaat en ek het julle term “Afrikaner” gehaat.

          Hoerskool was nie veel beter nie. Party van die onnies was so bietjie slimmer en het nie veel vir die sisteem gevoel nie. Ons het almal baie van hierdie onderwysers gehou. Die res van hulle was maar presies dieslefde. Met julle snorre en grotman mentaliteit. Hulle het die kinder wat nie wou saamwerk nie hard gemoer en geboelie. Hulle het hulle gatkruiper prefekte ook gebruik om die wat moelikheid maak self uit te sorteer. Julle het net belang gestel in een ding. Julle wou gehoorsame brein dood kinders kweek by die duisende. Presies wat vir Hitler gewerk het net so paar jaar tevore. Julle het die hele resep net so gevolg.

          Op hoerskool moes ons weereens elke oggend op parade aantree. Dan het ons almal op aandag gestaan, die vlag gehuis en die Stem gesing. Dan het daar een of ander mal onnie met sy bybel voor almal gaan staan en vir ons gepreek. Dan moes ons almal een of ander prys lied vir die spoke sing voordat ons mag klas toe gaan. Op Maandae en Vrydae het daar onnies deur die rye gestap terwyl ons almal sing en op aandag staan en die seuns met “lang” hare uitgepluk en sommer daar voor die skool het hulle almal pakslae gekry met ‘n rottang. Natuurlik kon hulle sommer enige kind net daar en dan moer, want jy mag nie jou mond oopmaak nie. So die kinders wat hulle probleme gegee het was maar altyd gemoer vir een of ander rede. Toe ek standerd 7 was het ek ‘n nuwe rekord opgestel vir die meeste rottang houe in die standard vir die eerste twee termyne. Maar hulle het die kak uit my uit geslaan, toe moes ek maar my bek begin hou.

          Natuurlik het ek hoerskool nog meer gehaat as laerskool. Dit was natuurlik alles in die Transvaal. Toe ons Kaap toe getrek het toe ek middel standerd 9 was, kom ek nie my oe glo nie. Die skool was heentemal anders. Geen onnie mag ‘n kind geslaan het nie. Net die hoof mag dit gedoen het. Jy kon jou opinie gee en niemand het jou daar en dan reg gesien nie. Ons moes nog steeds bid en vlae huis, maar dit was baie anders gewees. Ek het eintelik my laaste jaar so bietjie skouer aan die wiel gesit en geswat sodat ek universiteit toe kon gaan.

          Toe ek matrikuleer, was die grensoorlog al lankal verby. Mandela was al vry vir 2 jaar lank. Ek het so paar maande later in die referendem gestem, en ek het Ja gestem, om hierdie kan te eindig.

          Julle klomp poesse wat die term Afrikaner so besmet en besmeer het met julle kak en bloed, julle kan maar julle self Afrikaners noem, maar ek is nie soos julle nie en wil nie soos julle wees nie.Julle is nie deel van die goeie mense nie.

          Like

    • Ai ou JC, julle ouens is so voorspelbaar. Vertel ons altyd hoe jammer julle kamstig vir ons voel, maar kry eintlik heimlik lekker (soos jou ge- “hie,hie” wys) omdat julle gottediens jul bo ander verhef. Maw, julle is hooghartig – eintlik vreemd want jul gotte hou mos nie van hooghartigheid nie of hoe?

      Wat Afrikanerdom betref: Ek is ‘n trotse Afrikaner, maar ek skaam my vir dit waarvoor die meeste Afrikaners staan. Ek skaam my vir ons rassistiese verlede. Ek skaam my vir die groot mate van rassisme wat steeds onder ons volkie bestaan. Ek skaam my vir ons hooghartige skynheiligheid. Waarop is ek dan trots? Oor die feit dat ‘n sekere gedeelte van ons volkie wel vrae vra; hul foute van die verlede raaksien en iets daaromtrent doen; bereid is om die kettings van geloof af te skud en rasionele denke laat seevier (hoe moeilik dit mag wees). Stadig maar seker ontwaak ons en konfronteer ons die leuens wat deur die jare deur poepholle soos jy as waarheid verkondig is.

      Onthou net ou JC, indien jy in ‘n land soos Duitsland of Swede gebly het, was jy in die minderheid en sou jou medelandgenote vir jou ge-“hie-hie” het oor jou lawwe gottediens wat jy aanhang.

      Like

  3. As ek in europa gebly het sou ek gedink het daars ‘n klein volkie aan die suidepunt van donker afrika wat afstammelinge van “ons” is en wat vir baie jare aan albei kante van die evolusie ontwikkeling beledig en sleg gesê is . . .en word. . .aan die aan kant die barbare en aan die ander kant die moreel superieur eropeër wat dink dat alle mense gelyk is en dat “ons” net soos “africans”, dieselfde is’

    En ek sou gedink het dat die verskroeide aarde beleid van die Britte barbaars was en apartheid na piepijol laat lyk en dan ook die amerikaners wat uitgewis het en gevat het sonder om “skaam” te wees. En die Australianers en die taiwanese

    Buiten na 350 jaar se “westerse” invloed in afrika word die 30 jaar uitgesonder as die enigste sondebok. . .nl apartheid. . .in Jock of the Bushveld het die ou vir “Jim?” aan die wa vasgemaak en en met ‘n sambok gelaan dat hy weer kan werk vir so rukkie tot sy kop weer uithak. . . So wat is die vlakse vlak wat mens kan kyk?

    Like

  4. Analfa, kan jy vir die res van ons stommerikke uitle wat Johann hierbo probeer kwytraak? Die man spreek weer in vreemde tale. Was dit nie hy wat voorheen van ‘n spesifieke ekskrement gepraat het nie? Tja, praat van “practise what you preach”.

    Like

  5. hehehehehe, Malherbe…. sorry man, maar ek geniet dit te veel om te sien hoe julle 2 debat voer 🙂 Sal like van om te sien hoe ‘n gesprek in lewende lywe tussen julle twee sou verloop 🙂 Julle mis mekaar met myle ….

    Maar anyway, ek sal maar probeer – ek het nie die hele debat tussen julle gevolg nie. Ek dink wat Johann hier noem is dat die witmens al van Jan van Riebeeck se tyd af in Afrika is, maar alles word op Verwoerd en daai ouens se regering blameer, wat maar so die laaste 30 of 50 of wat jaar was. In die land was dit ook nie altyd ‘n walk in the park vir die Afrikanerdom nie, moet mens ook onthou – ons voorouers het baie gely onder die Engelse in hulle konsentrasiekampe. Dit lyk of ons somehow oor dit gekom het en leef nou lekker saam die Engelse. Die Amerikaners het sommer voor die voet gaan uitwis – was mos Britte wat Amerika gekoloniseer het?

    Ag in elk geval, een ding is seker – daar’s ‘n moerse spul haat in ons land en dis jammer. Klaarblyklik is dit baie anders in Namibia dit laat my terugverlang.

    Like

  6. Is die mens nie veronderstel om nog te “ontplooi” (evolueer) nie? Lyk my ou Freud se idee dat mens leer tot jy so 6 jaar oud word en dan herhaal jy maar net alles wat jy geleer het oor en oor die res van jou lewe, daai neurologiesie paadjies word dan gevorm en dan mag die inhoud verskil, maar dieselfde patroon word gevolg.. . .

    Ek weet nou nie hoelank is hierdie “debat” oor antikerk al aan die gang is nie, (iemand het verwys na 5 jaar), maar dit lyk tog of dit nooit gaan evolueer na iets anders nie, want die plaat het gehak, nou begin dit lyk asof evolusie meer van ‘n illusie is, ‘n blinde, gedagteloose proses wat van ons te verwag om rasionele denke te gebruik. . . .?

    Like

  7. “I am reminded of the professor, who when asked the question ‘What is electricity?’ replied ‘It all depends what you mean by ‘is.'” – A. Gilchrist, ASLIB 1972

    Like

  8. Vashaak? Komende van mense wat die laaste 2000jaar vasgehaak het by bronstyd gotte?

    ….en onse Johann haak weer vas by sy onbegrip van elektrisiteit.

    Like

    • Ja Appel, en jou opinie is? Hoekom vertel jy ons nie ten minste waarom jy Mac se mening laag aanslaan nie. Vertel ons bietjie hoekom jy in n mensgeskepte skydaddy glo waarvoor daar zero bewyse bestaan. Ons wag in spanning op jou insigte.

      Like

  9. ek weet nie wie jy is nie maar klink na n baie bang person wat nie intelektueel vaardig is nie seker van al die riem rukkery dat jy brein skade opgedoen het nou raak jy al die kak kwyt maar toemaar boetie ons bid vir jou ook en god sal jou ook help .as jy nie vrek van die runderpes nie vat jou goed en fokkof australie toe en gaan jol onder die abbos tata doos

    Like

Leave a comment