Angus Buchan se sy lewe is te danke aan God, en die ander man wat in ‘n motorfiets ongeluk gesterf het oppad na sy byeenkoms toe, het gesterf op ‘n aaklige manier want dit was god se wil. “Goeie mense gaan nie hemel toe nie; mense wat glo gaan hemel toe!” He-he, glo in wat?

Standard

Dis nogal pateties. Hoe lank gaan die Afrikaners in hulle spoke glo.

Drama laat Buchan stiller
Apr 26 2009 08:29:00:110PM  – (SA)

Neels Jackson

Greytown. – “Is julle gereed as die Here julle roep?”

Dít is wat die evangelis mnr. Angus Buchan gisteroggend van die Mighty Men-konferensie se skare wou weet nadat hy volgens sy eie getuienis eergister self by die dood omgedraai het.

Buchan het gisteroggend ’n kort boodskap van net sowat 25 minute gelewer.

Hy was minder energiek as gewoonlik en het selfs soms gaan sit terwyl hy met die skare praat.

Buchan se boodskap was deurspek met die tema van die dood.

’n Koringkorrel moet volgens die Bybel eers in die grond val en sterf voordat dit vrug kan dra, het hy gesê.

Volgens Buchan het die vorige dag se drama sy lewe vir altyd verander.

Buchan het ook verwys na mnr. Japie van Vuuren, ’n motorfietsryer van die Christian Motorcyclists Association (CMA), wat op pad na die Mighty Men-konferensie in ’n ongeluk dood is.

“Japie is by die Here,” het Buchan gesê en bygevoeg: “Ek is nog hier, want my werk is nog nie klaar nie.”

Hy wou by sy gehoor weet of hulle gereed sou wees as hulle sou sterf.

“Ék is gereed,” het Buchan verklaar.

Hy het bygevoeg dat as hy onbelyde sonde gehad het soos ’n verhouding met ’n ander man se vrou of as hy geld gesteel het, sou hy nie hemel toe gegaan het nie.

“Dis wat die Bybel leer,” het hy gesê.

Hy het die skare toe gelei in ’n gebed.

’n Bietjie van die ou, energieke Buchan was aan die einde van sy boodskap te sien toe hy afgesluit het met sy bekende uitroep: “Goeie mense gaan nie hemel toe nie; mense wat glo gaan hemel toe!”

Buchan hou by plan

Mnr. Angus Buchan se toekomstige optredes, onder meer een oor twee weke in Krugersdorp, gaan in dié stadium voort soos beplan.

Buchan se seun Andy het gister gesê die enigste ding in sy pa se skedule wat in dié stadium verander het, is dat hy die opnames wat vandeesweek vir sy TV-program Grassroots gemaak sou word, met ’n week uitgestel het sodat hy kan rus.

Advertisements

2 thoughts on “Angus Buchan se sy lewe is te danke aan God, en die ander man wat in ‘n motorfiets ongeluk gesterf het oppad na sy byeenkoms toe, het gesterf op ‘n aaklige manier want dit was god se wil. “Goeie mense gaan nie hemel toe nie; mense wat glo gaan hemel toe!” He-he, glo in wat?

  1. “Buchan se seun Andy het gister gesê die enigste ding in sy pa se skedule wat in dié stadium verander het”

    Is het vir pa gesê” Don’t die now dad; the Ferrari hasn’t been paid for yet!

    Like

  2. He-he, so true.

    Angus said it himself:

    “Japie is by die Here,” het Buchan gesê en bygevoeg: “Ek is nog hier, want my werk is nog nie klaar nie.”

    Translated correctly by Savage as: “Don’t die now dad; the Ferrari hasn’t been paid for yet!”

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s