Jesus saves Angus Buchan

Standard

Jesus saves!!!!!!!!! But it makes you wonder, why do they even bother calling the paramedics at all? Jesus is powerful enough to cure them all by himself, especially with so many of his sheep, I mean flock, there.

Maybe someone should send a memo to Jesus, explaining to him that it will be much better to just prevent these things from happening at these gatherings. Or maybe Jesus is testing their faith? God only knows.

‘Jesus red’ siek Buchan
Apr 26 2009 08:55:10:237PM  – (SA)


Die evangelis Angus Buchan gisteroggend tydens die laaste sessie van die Mighty Men-konferensie. Foto: Brendan Croft
// Click here to find out more!
//

Neels Jackson

Greytown. – “Ek is deur Jesus van die randjie van die dood teruggebring.”

Só het die evangelis Angus Buchan gisteroggend tydens die laaste sessie van die Mighty Men-saamtrek aan ’n skare van tienduisende gesê oor die dramatiese vorige dag toe hy twee maal inmekaargesak het.

’n Klaarblyklik brose Buchan het gisteroggend 09:30 op die verhoog verskyn met sy hande, die een met ’n Bybel daarin, seëvierend in die lug.

Die skare het ritmies begin roep: “Jesus! Jesus! Jesus!” Buchan het dit beantwoord deur met sy wysvinger hemelwaarts te wys.

Die vorige oggend toe hy in lekker weer met ’n warm winterhemp op die verhoog verskyn het, het hy op die oog af niks makeer nie.

Hy het wel vertel dat hy die vorige aand koors gehad het. Hy het sy vrou gevra om vir hom te bid en Saterdagoggend het hy verklaar dat hy heeltemal gesond is.

Kort ná sy optrede Saterdag het hy egter onder die verhoog, buite sig van die skare, inmekaargesak.

Buchan het gisteroggend vertel dat ’n wit en ’n swart dokter hom gehelp het.

Dr. Nthobeka Ntuli, een van die mediese personeel aan diens tydens die saamtrek, het aan die skare vertel dat hy omstreeks 11:00 geroep is omdat ’n pasiënt inmekaar gesak het.

Hy het Buchan onder die verhoog aangetref waar hy op die grond gelê het. Hulle het hom gehelp en na sy huis geneem waar hy weer inmekaargesak het.

Die dokter het vertel dat hulle hom suurstof gegee en sy hart gemonitor het.

Die tekens was volgens hom “sinister” en hy het dit as ’n moontlike hartaanval bestempel.

Kort ná 14:00 is al die saamtrekkers via die radiostasie wat tydens die saamtrek bedryf is, geroep om na die saamkomplek te gaan. Terwyl hulle vir Buchan gebid het, is hy per helikopter van sy huis na die Pietermaritzburg-Medi-Clinic geneem.

Buchan se skoonseun, mnr Greg Hull, het gister vertel dat sy skoonpa in die hospitaal deur ’n strawwe stel toetse is. Hy moes onder meer op ’n trapmeul hardloop, maar die dokter kon niks fout vind nie.

Hull het vertel dat hy gewonder het of die dokter dink hulle mors sy tyd.

Bloedtoetse het ook niks gewys nie en Buchan is ontslaan en het die aand tuis geslaap.

Hull het gesê as hy dink aan die manier waarop sy skoonpa op die gras by die huis gelê het en ’n paar uur daarna as gesond uit die hospital ontslaan is, het daar ’n verskriklike wonderwerk gebeur.

Buchan het gesê waar hy op die gras gelê het, het hy meer hulpeloos gevoel as ooit tevore. Hy het gedink: “As Jesus nie nou iets doen nie”, gaan hy dit nie oorleef nie.

Toe hulle met die helikopter opgestyg het, het hy afgekyk en gesien hoe die skare mans saamgetrek is om vir hom te bid. Hy dink dis toe dat hy genees is.

angus bidJesus also saved this man at the Vanderbijlpark gathering:

‘n Jong man het ‘n hartaanval tydens die verrigtinge en is met ‘n ambulans weggeneem. Daar was vir hom gebid en sy toestand het gestabiliseer.
Foto: Mario van de Wall

Advertisements

2 thoughts on “Jesus saves Angus Buchan

  1. this jesus guy is in the saving business….why does she not save all the people who are killed daily by criminals in south africa??? I suppose she is too busy saving angus and his stoolies.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s