Dominee en man in bos-seks betrap

Standard

Dominee en man in bos-seks betrap

2009-09-19 18:19

//

Een van die steelfoto’s van die dominee (links) op die plaas naby Coligny waar hy en sy jong vryer (regs) in die bosse ontmoet het. Minute later is die twee afgeneem terwyl hulle orale seks gehad het: deur die eienaar van die plaas, wat ook die jong

Foto’s ·   Leser se Foto’s ·   Nuus in Foto’s Stuur vir ons jou foto’s ·  Stuur vir ons jou foto’s

Gavin Prins

’n Dominee van ’n NG gemeente in Coligny bevind hom in ’n smerige liefdesdriehoek met twee ander mans.

Die dominee het eergister by sy pastorie aan Rapport gesê hy het klagte van afpersing aanhangig gemaak teen een van die mans oor eks­plisiete seksfoto’s wat van hom (die dominee) geneem is.

Die leraar is getroud en het kinders. Sy naam word op regsadvies deur Rapport weerhou, asook die name van die ander twee mans.

Die steelfoto’s wys hoe ’n jong man orale seks beoefen met die veel ouer dominee tussen bosse op ’n plaas in die Coligny-omgewing. Die foto’s is geneem deur die jong man se woedende minnaar nadat laasgenoemde agtergekom het die dominee krap in sy slaai.

Volgens die “fotograaf” het die dominee hom duisende rande aangebied om nie die verdoemende foto’s aan sy vrou te wys nie.

Die leraar gebruik die gay webwerf http://www.meetmarket.co.za om seksmaats te vind. Hy het ’n profiel, “ferdi165”, waarin hy vra dat jong mans met hom in verbinding tree.

Hy skryf op die webwerf hy is getroud en ’n Christen en dus is “diskresie” belangrik.

Dis waar hy sy jong seksmaat wat op die foto’s is, ontmoet het.

Toe Rapport eergister by die pastorie aanklop, het die dominee, voor Rapport die bewerings teen hom kon meld, dadelik vertel van die klag van afpersing wat hy by die polisie ingedien het.

Hy kon nie ’n saaknommer verskaf nie – net die telefoonnommer van ’n insp. Gert Botha.

Hy het voorts gesê hy is in ’n lokval gelei.

Insp. Botha wou by navraag geen inligting aan Rapport verskaf nie, maar wou weet waar die koerant aan sy inligting gekom het en wie die bewerings teen die dominee gemaak het.

Later het kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê die dominee het nog nie ’n klag ingedien nie, maar hy het wél ’n verklaring aan die polisie gegee. “Ons mag in hierdie stadium nie sê wat daarin staan nie.”

Die verontregte gay man sê hy het sy jong minnaar en die dominee op heterdaad op sy grond betrap.

“Ek het spore op my plaas gesien en een van ons werkers gevra waar dit vandaan kom. Hy het vir my gesê dis ’n man in ’n wit Mercedes-Benz wat my kêrel oplaai en dan ry hulle tot in die bosse. Dit gebeur as ek dorp toe ry om voorraad te gaan koop.

“Ek het besluit om hulle uit te vang. Ek het in die bosse gaan wag en foto’s van hulle geneem. Later het ek my kêrel met die foto’s gekonfronteer. Hy het erken hy en die dominee sien mekaar al ’n ruk.”

Die dominee het ook naakfoto’s van homself, wat hy met sy selfoon geneem het, aan sy vryer gestuur.

Die plaaseienaar en sy minnaar was sowat ’n week uitmekaar, maar het daarna hul verhouding hervat.

Nadat die man die twee in die bosse gevang het, het hy die dominee gebel en gedreig om sy vrou te vertel.

“Hy het dadelik vir my R10 000 aangebied. Hy het my later teruggebel en toe ek sê ek gaan koerante toe, het hy my R25 000 aangebied.

“Hy is ’n dominee wat daagliks vir mense bid. Hy is ’n siek man. Hoekom nie net erken jy is gay nie? Nou knyp hy die kat in die donker.”

In sy preek verlede Sondag het die dominee gewaarsku teen die gevare van tegnologie. “Ek ken nie die goed soos Facebook, Skype en MXit nie. Ek hoor maar by my kinders daarvan,” het hy gesê.

Die profiel “ferdi165” is Woensdagaand van die meetmarket-webwerf verwyder.

DIE HERDER

– Rapport

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s