Die fundies noem dit: “geestelike oorlogvoering soos min”. Hulle bid nou in hulle 10 duisende om die “reg” te he om hulle spoke te aanbid in die publieke skole. M.A.W. hulle dring aan op die reg om hulle godsdiens in almal se kinders se kele in af te druk. Ons sal maar sien of een van hulle spoke tot hulle redding kom. Ek hoop nie enige iemand hou hulle asem op nie. Hulle noem die matriek leerling ‘n “kruisvader”. He-he!!!!! Dis fokken snaaks! Die arme Afrikaner. Hulle is so verlore in hulle donker spook aanbidding/godsiens dat hulle nie eers meer krieties kan dink nie. Rasionaliteit is lankal by die deur uit. Gin wonder hulle glo regtig net god kan dinge in SA beter maak nie.

Standard

Jessie (18) lei wêreld in gebed vir God in skole

2009-10-03 22:20

Johannes de Villiers

Dis nou geestelike oorlogvoering soos min.

Duisende mense het Vrydag gelyktydig tien minute lank op hul knieë gegaan om vir die behoud van godsdiens in skole te bid – sommige so ver as Amerika en die Midde-Ooste, ander in groepe in dorpe soos Witrivier, Bothaville en Vryheid.

Dit was een van die grootste gebedsveldtogtein ’n lang tyd en is gereël deur ’n 18-jarige kruisvaarder.

Jessie Bester is ’n matriekleerling en CSV-voorsitter aan die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp. Hy behoort vir sy skooleindeksamen te leer, maar toe hy twee weke gelede in Rapport van die debat oor godsdiens in skole lees, het hy oornag ’n landwye teenveldtog gereël.

So suksesvol is dié veldtog dat Jessie Vrydagaand mense van die VSA, Ierland, die Midde-Ooste en oor die hele Suid-Afrika heen gemobiliseer het om van 21:00 tot 21:10 vir die behoud van godsdiens in skole te bid.

Die herrie het begin toe prof. George Claassen twee weke gelede aangekondig het hy gaan skole verkla wat wederregtelik godsdiens beoefen. Sedertdien is die mantel in dié stryd oorgeneem deur die Afrikanervrydenkersbeweging (AVB) onder leiding van mnr. Hans Pietersen.

Nadat hy van die herrie gehoor het, het Jessie ’n Facebook-groep genaamd “Christenskap sal Vrylik in Skole Aanbly, Come Hell or High Water!!” gestig. Hy het briewe aan koerante gestuur en selfs die hulp van die prediker Angus Buchan ingeroep (hoewel Buchan nog nie sy deelname aan die veldtog bevestig het nie).

Binne ’n week het hy bloot op Facebook 3?000 geesgenote gemobiliseer, selfs die taalstryder Dan Roodt. “Daar is ’n tannie van iets in die 60, maar ook kinders van 12 en 13 jaar oud,” vertel Jessie.

Teen gisteraand was daar 4?062 lede.

Net uit die mense wat hul deelname aan sy beplande biddag aan hom bevestig het, kon hy aflei daar was meer as 5?000 saambidders. En boonop het nog talle stil-stil deelgeneem.

“Ek weet watter bekerings in die CSV plaasvind,” vertel Jessie. “Dit is hoekom ek so vuur en vlam hieroor voel.”

Jessie self was by vriende in Stellenbosch toe hulle Vrydagaand saam met hul geloofsgenote gebid het. “Ons was net klaar toe die elektrisiteit afgaan. Toe dink ek ons moes seker maar vir Eskom ook op ons gebedslys gesit het.”

Intussen het Pietersen en die AVB beklemtoon dat hul veldtog nie ’n stryd van ateïste teen Christene is nie. Daar is ook Christene aan hul kant, insluitend die prominente betrokkenheid van mnr. Attie Koekemoer, met ’n teologiese kwalifikasie van die Hervormde Kerk, wat sy bedenkinge oor die inhoud van sommige skole se godsdiensbeoefening het.

Die AVB het al dreigemente ontvang van mense wat skryf hul “dae is getel” en “as die kragte losbars, sal julle dit berou”, maar volgens Pietersen gaan hulle hul nie laat afskrik nie.

– Rapport

Advertisements

5 thoughts on “Die fundies noem dit: “geestelike oorlogvoering soos min”. Hulle bid nou in hulle 10 duisende om die “reg” te he om hulle spoke te aanbid in die publieke skole. M.A.W. hulle dring aan op die reg om hulle godsdiens in almal se kinders se kele in af te druk. Ons sal maar sien of een van hulle spoke tot hulle redding kom. Ek hoop nie enige iemand hou hulle asem op nie. Hulle noem die matriek leerling ‘n “kruisvader”. He-he!!!!! Dis fokken snaaks! Die arme Afrikaner. Hulle is so verlore in hulle donker spook aanbidding/godsiens dat hulle nie eers meer krieties kan dink nie. Rasionaliteit is lankal by die deur uit. Gin wonder hulle glo regtig net god kan dinge in SA beter maak nie.

  1. Ha, Ha, ek mag seker maar saamlag! Seaching still on for seartching the real devil?

    McBrolloks check nou goed op jou blog!

    Ek lees eerder die soort van blogs.

    Groete

    Like

  2. Die mense kan maar bid, maar die wind waai wes. Al meer jong mense sien in dat god net ‘n oë verblindery is wat deur die jare mense gebrainwash het. Maar die ape bly oor; Jessie en sy makkers.

    Like

  3. Savage,

    Ongelukkig sal ons maar die suurstof moet deel met die Angus Buchan’s van SA. Sad but true. Yes, die jonger generasies begin darem om die jesus stuff te bevraagteken. Jirre tog, hoe lank nog voor die EN GEE KERK finaal sy donnerse deure sluit?

    Like

  4. EN GEE KERK: mooi gesê Tokkelos. ‘n Vriend van my sê hy soek nog na die regte god om te aanbid, want al die kerke se gode is so fokken arm, hulle kan nie eers vir hulle self sorg nie, wat nog van die behoeftiges in die kerk.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s