62 thoughts on “Angus Buchan’s Mighty Ignorant Men Conference 2010. 400 000 Ignorant sheep showed up to make this Angus’ biggest cabbage crop to date.

  1. N P van wyk Louw prophesised in the 1930s that the dumb will outbreed the intelligent in South Africa; he was right. What a bunch of ignorant fools!

    Like

  2. at R160-00 per person “campsite fee” Angus made a total killing, not to mention the other items on sale that went like hot cakes according to people who attended. at a very conservative calculation our ex-potato farmer made in excess of 40 million profit. not bad for a few days in the sun. no wonder he allowed some to attend for free. no true man of God will use faith to become filthy rich! no scrap that: filthy richer!!!

    good business man though, mammon would be proud.

    Like

  3. I have a few questions. Can anyone inform me on the following:
    1)Why are they standing with their hands in the air? Are they beaming signals to God?
    2) Does it increase prayer efficiency (perhaps strengthen the signal)?
    3) Does god give priority to thoose with their hands stuck in the air and if so, why did the Haitians not apply this method when the earthquake came?
    4) Perhaps they are holding up their hands (as in school) to ask a question? If so, did everyone get an answer?
    5) Is it obligatory to have a sheepish expression stuck to your face when holding up your hands?
    6)Are courses available for achieving perfect sheeplike expression, or may the MMC be regarded as boot camp to achieve this?
    7) Assuming god gave the MMC attendants some brain cells, presumably to be applied for constructive use, how did they go about in by-passing these when attending the show?
    8) Will it also work if I stand on my hands with my legs skyward or are arms better antennas than legs?
    9) Taking into account Hitler and his followers’ tendency to point their arms skywards, did their signals also reach god?
    10) Were their signals different from the Buchan bunch and if so, what is the difference?
    11) Is god sitting like a Buddha on a cloud with his arms pointing downwards receiving signals from all the upward pointing antennae, or is he hanging from the cloud with arms waving to his flock?
    12) Is god also required to apply the sheepish-expression-thing when sending his signals?

    I just checked the sky for answers and saw what looked like a smirking pig-like animal bellowing a puff of vapour from its anus. I think god wants to tell me that my questions stink…or perhaps I am misinterpreting and he is indicating that farting is his preferred modus of communication with earthlings. Either way, I am cofused and will spend the remainder of the day checking the clouds for more signals. Perhaps one will come along that makes more sense than a farting pig. (Someone just passed me and told me I looked like a sheep staring at clouds. Making progress people…. )

    Like

  4. First time out they prayed for a better South Africa whilst sitting down.Nothing happened, actual fact things got worse.
    Then they tried praying for rain at George whilst standing, the area now is drier than before.
    Now they prayed with their hands in the air whilst standing! Are they giving up or do they think God will listen this time out? Not the bloody hell! Maybe when praying for more earthquakes will he listen!!

    Like

  5. Ek het die laaste 2 konferensies op Greytown bygewoon. My vriend het my in 2009 gevra om saam met hom te gaan. Daai tyd was ek onder die invloed van satan en het lelike dinge gedoen. Naweke het ek gedrink en my swartboekkie was vol van name van girls .
    Die gevoel toe Jesus in my lewe in 2009 gekom het was hemels. Al my warries en onsekerhede het onmiddelik verdwyn. Ek het die lewende god gesien.
    Laasmaand het ek terug gegaan om die Here te dank en te prys.

    Like

  6. Het jy darem kos gekry, Willem, of het daai slim agentskap jou ook vir ‘n ride gevat?

    Maar natuurlik, brood vir die gees is belangriker as brood vir die liggaam.

    So terloops; aangesien jy nie meer van die girls gaan bel nie, wat van hulle aan my voorstel? jy kan kriptiese wenke los; eks nogal goed om syfers te ontrafel.

    Like

  7. Fok jou Savage!!!!!!

    Ek wou Willem se swart boekie eerste in die hande gekry het.

    Willem, ek betaal in wyn of cash, en Savage, maak maar gerus die eerste offer.

    As die bidding te hoog begin gaam sal ons fotos van al die meisies in Willen se boekie moet sien, anders is ek uit die hele ding uit.

    Like

  8. McBrolloks, kom ons gaan ‘n deal aan. Willem stel ons aan al sy girls voor. Dan kyk ons watter girls stel belang in ons. As ‘n girl nie belangstel nie, dan het jy ‘n brood gevang. (‘n Ou gesegte wat ons in die 60s op skool gehad het; daar was koeke in die lug gegooi en toe vang ek ‘n brood, betekende die girl het nie in jou belang gestel nie.)

    Op my ouderdom sal ek seker net broode vang.

    Maar Willem, as jy nog honger is, nie die brode vanwaar jou honger gestil sal word nie.

    Like

  9. Ok Savage, kom ons hoop ons vang nie te veel brode nie. Ons kan die cash en wyn deel. Willem het net die heilige gees nodig.

    Ek het lank lank gelede met ‘n baie godsdienstige meisie uit gegaan. Sy was baie preets en verskriklik konserwatief, totdat die tweede bottel wyn klaar gedrink was. Dan het alle inhibisies verdwyn en die panties het vinnig afgekom.

    Die volgende dag was sy weer hard besig om haar lewe vir god te lei. Ek het maar seker gemaak daar was altyd wyn naby. Haar ma het gelukkig ‘n helse versameling wyn gehad, en as haar dogter nie saam met my wou wyn drink nie, het ek en die ma lekker gekuier en gelag oor die lewe.

    Mense is snaaks. Maar godsdiens kan nie die natuur verower nie. Partykeer het jy net so bietjie wyn nodig om alles weer op sy plek te sit.

    Like

  10. ‘n bietjie wyn en die panties het vinnig afgekom. Dit is die goeie lewe !!
    Gesondheid ! en baie geluk met die swartboekkie !!!! hahaha

    Like

  11. GRAAG DEEL EK HIERDIE WONDERWERK

    Ek het gewelidige gesondheidprobleme gehad .My hart het onreelmatig geklop en die dokters het gevrees ‘n hartaanval is my voorland.

    Vandag kan ek getuig dat ek 100 %genees is in die naam van Jesus tydens die onlangse MMC. Ek het geen pyn meer nie en is vol energie. Dis nou al 3 weke dat ek opgehou het om my kroniese medesyne te drink.

    Die Here is die beste dokter . Maak jou oe oop en ervaar sy gawes verniet.

    Laat Jesus jou bevry van die cruse van satan .

    Like

  12. Willem Kerneels Botha sal seker nie lank meer met ons wees nie.

    Dit is jammer dat daar nie kontak is tussen jesus fucking christ en die aarde nie want ek sou graag wou hoor hoe kerneels kerm dat hy maar sy kronies moes gedrink het.

    Like

  13. Objective; die Hel is finale rusplek. Daar is geen vergifnis vir laster teen Jesus en die Heilige Gees nie. Mag God jou siel genadig wees .

    Like

  14. Objective; die Hel is jou finale rusplek. Daar is geen vergifnis vir laster teen Jesus en die Heilige Gees nie. Mag God jou siel genadig wees .

    Like

  15. Lovely Lion ; kom uit Sodom en Gamorra. ‘n Paar minute se plesier gaan jou vir ewig toesluit in die verderf. Ek hoop jou siel sal gespaar word, maar dis is die lewende God se besluit.

    Like

  16. Lovely Lion ; kom uit Sodom en Gamorra. ‘n Paar minute se plesier gaan jou vir ewig toesluit in die verderf. Ek hoop jou siel sal gespaar word, maar dis is die lewende God se besluit.

    Ek was ook soos jy. Weet jy dit van ‘n magtige man om te erken jy het roekeloos opgetree het. Jy het nog kans my maat. Gryp die kans aan voordat te laat is. Jy weet nooit wanneer jou tyd verby is nie , dit kan net so wel vandag wees. Kry jou siel reg – God se liefde wag jou jou.

    Like

  17. Willem, kan jy nie vir my jou swart boekie gee nie asb. My dae van vroumense jaag is verby, maar ek het pelle wat bachelors is, wat so bietjie hulp nodig het.

    Dankie man!!!!!

    Like

  18. Willem,

    God se moer. En net so terloops – die mens het nie ‘n SIEL nie …jammer om jou te ontnugter.

    Like

  19. Aag toe nou. Het jy al gehoor van die vakgebied SIELkunde. Die SIEL van die mens onderskei jou van ‘n dier . Jou siel vernietig die evolusieteorie. Sonder siel is jy nie mens nie. Alle wetenskaplikes , dokters en sielkundiges erken dat die mens ‘n siel het. Tot satan het ‘n siel.

    Like

  20. ROFL.

    Jesus fucking christ but you guys are ignorent and totally indoctrinated.

    Die SIEL van die mens onderskei jou van ‘n dier . Jou siel vernietig die evolusieteorie. Sonder siel is jy nie mens nie. Alle wetenskaplikes , dokters en sielkundiges erken dat die mens ‘n siel het. Tot satan het ‘n siel.

    Vertel my meer:

    waar sit ‘n mens se siel?
    Hoe werk ‘n mens se siel?
    Hoe vernietig die bestaan van ‘n denkbeeldige konstruksie die ewolusieteorie?
    Watter wetenskaplike en dokter erken die mens het ‘n siel?

    Sielkundiges LOL – sal ek nie oor praat nie ten spyte van die feit dat daar ‘n paar is in hierdie spookwetenskap wat wel dink.

    Like

  21. Weer Kakpraat Botha
    Ek het ook ‘n klompie jare terug hartprobleme gehad, selde as jy.
    Na ‘n angiogram op my gedoen is, was die uitslag STRESS. niks anders nie. So moenie kakpraat soos gewoonlik nie. My stress was tot ‘n einde toe ek die geloof vaarwel toegeroep het. Tot vandag toe is ek nog steeds gesond.
    En dan ‘n ander ding. Hoe weet jy satan het ‘n siel? Ken jy hom?
    Is satan dan ook ‘n mens met ‘n siel? Want as hy ‘n siel het dan moet hy nog lewe. Is syne dan ‘n bose siel, heilige siel of ‘n mens met ‘n siel?
    Volgens jou gee god instruksies aan satan! So gee ons nou aub ‘n woordomskrywing van satan, want jy ken hom blykbaar baie goed.

    Like

  22. Oom Angus is n man vir groot besigheid!
    Tsk, tsk, en sovele arme drommels ry soos skape agter die ou fossiel aan om na sy bybelse getjommel te luister! LMGA!!
    Vandag was daar weer gebid dat die hemele vibreer het. Daar het n vliegtuig geval met Suid Afrikaners aan boord.

    Like

  23. Yip, Jenny, ek stem saam met jou. Hoe meer daar gebid word hoe meer word dinge erger. SA gaan agteruit, meer boere word vermoor, meer vrouens word verkrag en vermoor, duisende mense sterf in natuurrampe ooral in die wereld en absoluut niks word bereik deur hierdie “gebede” nie.
    Nou sal die fundies natuurlik dink dat die aarde se einde naby is en dat dit die “Here” se wil is en dat “God” in beheer is.

    Like

  24. Aan al die wyses hierbo – so wat is julle antwoord/oplossing vir al die aarbewings/vliegtuie wat val/boere wat vermoor word ens. Miskien het julle ‘n antwoord waaraan ek nog nie kon dink nie.

    Like

  25. Aardbewings: tektoniese plate wat oormekaar beweeg. Daar is geen oplossing nie; hierdie kragte is amper onmeetbaar groot en kan nie deur mense verhoed word nie. (Hoekom is jou god so wreed dat hy sulke dinge toelaat? Die antwoord is: daar is geen god nie.)

    Vliegtuie wat val: Menslike foute of meganiese onklaarheid. (Geen god nodig vir ‘n verklaring nie.)

    Boere wat vermoor word: mense haat en skoon plein kriminele optredes. (geen god is daar om beskerming te gee nie, want hy/sy/dit bestaan nie.)

    Die antwoorde is maklik, champ, jy moet net so ‘n bietjie jou brein inspan en ophou om jou stupid boek te lees en aan ‘n spook te glo.

    Like

  26. ek wil weet hoe los ons dit op – wat is jou praktiese oplossing om al hierdie dinge te verander sodat bv die boere nie meer vermoor word nie?

    Like

  27. Savage het klaar geantwoord. Op die eerste een is daar geen antwoord. Die tweede het met menslike gedrag te doen. Die derde (plaasmoorde….en ek sou aanneem alle moorde), weereens menslike gedragspatrone wat verander moet word. Hoe verander jy dit? Ek weet werklik nie, maar ek weet wel dat die antwoord beslis nie te vinde is in nuttelose gebede aan ‘n kamstige god nie. Om met jou god te praat gaan niks aan die saak verander nie en sal jou hoogstens laat met ‘n “fuzzy” gevoel op die bors (indien jy gelowig is). Amper soos die glas Cabernet wat ek vanaand gaan drink.

    Like

  28. Off topic but PZ Myers is something else. This atheist woman who turned catholic writes:

    “…looking back, I actually did have a pervasive sense of incompleteness, but I simply didn’t know how to recognize it. I do believe that each of us has a God-shaped hole in our hearts, that only God alone can heal.”

    PZ: “Nope. I’m not incomplete. But if I turned Catholic, I would be—I’d have lost my sanity.”

    Like

  29. Angus preek dat god ons land se probleme kan oplos. Dat ons geloof in die heilige spook en sy seun ons kan red van plaasmoorde en ander wrede dade wat in ons land gepleeg word.

    As jy dit glo is jy net so mal soos oom Angus, wat duidelik so mal soos ‘n jagse haas is.

    Ek ken mense, ou vriende van skool af, familie, ander pelle, wat vas in die self verkose poepol van god glo, oom Angus. Selfs hulle vrouens is mal oor die oom. Hulle is so trots op hulle mans wat hom so volg en nou so gelowig is en lekker bid.

    Ek ken ook mense wat dink hy is ‘n bok doos. Ek het vriendinne wat hulle mans onmiddelik sal verlaat en die kinders saam sal vat as hy ewe skielik Angus se kak in hulle huis begin preek.

    Ons arme ou volkie.

    Like

  30. Nee, champ, ons sal dit nie maak nie. Die meeste spesies wat van ‘n gemeenskaplike een ontwikkel het, het uitgesterf op die pad van toè tot noù. Maar dis maar hoe evolusie werk. Geen gode om in te gryp en die rigting van evolusie te bepaal nie. Selfs ou cock-sucker oom angus het nou blykbaar handdoek ingegooi en iemand anders gaan oorneem. (Hier was die koffers vol geld natuurlik die rigting bepalende faktor – geen ekologiese dryfveer nie; miskiem mutasie wèl – sy brein het uiteindelik ge-implode.)

    Maar ouens wat in Liewe Jesus glo sal natuurlik met my verskil. Hy sal almal kom red voordat die laaste van die Homo Sapiens uitsterf en Hy sal hulle op laat vaar deur die wolke na sy Vader se woning in die Paradys waar hulle aan sy voete sal sit. (Wat ‘n kak toekoms wag nie op hulle nie; daar sit tot in lengte van dae en toonnaels knip en skoonmaak.)

    Like

  31. Champ, ek kan nie van “julle” praat nie, maar slegs van wat ek dink. Hier is ‘n scenario:

    1. God het gesê dat hy nie weer mense sal vernietig met ‘n vloed nie. (Wonder op watter skaal die Sumatra en Japan tsunami’s gereken word? God dink seker dis kinderspeletjies teen wat Hy kan vermag as Hy eers lostrek.) So tektoniese plate is nie ‘n opsie om Homo Sapiens (HS) te laat uitsterf nie.
    2. Siektes. Ja, evolusie is hard besig om antibiotika oneffektief te maak teen bakterië. Maar HS sal ook deur evolusie meer effektief raak teen mikrobe, so dit sal seker ‘n “wen bietjie hier, verloor bietjie daar” wees. So siektes lyk nie vir my die antwoord nie.
    3. Aardsverwarming. Nie eintlik nie, dink ek. Daar sal ‘n drastiese vermindering in HS se getalle wees, met oorloë wat van skokkende afmetings tot gevolg sal gaan, maar HS sal oorleef.
    4. Meteoriet. Nee wat, die vorige een het die dinasaurusse laat uitsterf maar toe word die gaping gelaat vir HS om te ontwikkel en atoonmbomme te gooi. Dink net wat kan na HS kom! Lady Gaga kwadraat.
    5. So wat bly oor? Net een scenario! Jesus gaan na Sy Vader en sê: “Vader, jy het gesondig teenoor My en die engele. Kyk wat het jy voortgebring deur Jou skepping van Adam en Eva. Net ‘n klomp (verkoon die word, Vader) kak. So Ek gaan nou die kitaar slaan. Weg met alle mense en die kak wat hulle aanjaag. So (verkoon weer, Vader, maar ek het vriende gemaak met Prometheus), ek gaan Prometheus vra om elke liewe mens op Aarde met sy bliksemstrale uit te delg. Ek moet sê ek sal hom vra, want die Griekse gode het nie veel respek vir Jou, My, of die Gees wat Wandel nie. (Of is dit nou die Skim van wie ek praat?)

    Maar champ, ons al ons gatte sien, op een of ander manier. Tyds gesproke? Wie weet. Duisend jaar is soos een dag in God se oog (die ander oog hou hy toe, anders loop tyd te vinnig, selfs vir Hom, en sien Hy te veel genaaiery op Aarde.)

    Like

  32. ek stem op hierdie oomblik in tyd dalk nog met jou saam savage – maar dit lyk asof gebeure op aarde ophot en ons dalk vinnig in die toekoms ons standpunt kant laat hersien……..

    Like

  33. Julle mense wat so praat oor geld en goed het een van julle al gedink dat dit nie oor die geld gan nie maar oor die boodskap wat ons kry en hoe dit ons verandir in beter mans vir ons vrouens en beter pa vir ons kindirs . Ek sal baie meer as dit betaal om my lewe en die mense rond om my gelukig te maak as dit en boonop gan dit oor God en as jy nie glo nie bid ek vir jou want ek was wa jy nou is en dis nie leker plek nie.

    Like

  34. Bid sal nie help nie, joubert, want daar is nie ‘n god wat kan hoor nie. (Wys hom bietjie vir ons om te sien maar jy kan nie, want hy bestaan nie – hy bestaan net in jou drome in jou versteurde brein)

    Waar ek nou is is beslis ‘n lekker plek – die ribbetjie wag om gebraai te word, die bier is koud en die musiek is mooi. Geen gode hier rond wat my pret kan bederf nie.

    Die boodskap wat ou vader aartappel vir jou vertel behoort jy self te kon uitgedink het. Jy het nie ‘n spook in die lug nodig om vir jou te vertel hoe om regverdig te lewe, mense te behandel soos jy self behandel wil word, en mooi met jou vrou en kinders te wees nie. Maar julle godbots het mos nooit geleer hoe om julle verstand te gebruik nie.

    Like

  35. champ, ja, climate change is ‘n ding. Daar is ‘n blog wat ek lees “RealClimate” en dis baie insiggewend (laat asb. weet as jy ‘n goeie blog lees). Wat wel uitstaan is dat geld (wat hand aan hand met politici besluite gaan) ‘n groot rol speel in wat ons moet en wil weet en wat goed is vir die politikus en Shell en Mobil se sakke. As dinge lyk soos die wetenskaplikes sê, gaan my kleinkinders ons stront moet skoonmaak. (En baie wetenskaplikes is in die sakke van die olie maatskappye – soos ook van hulle in Rembrandt se sakke was.)

    Like

  36. Joubert,
    My raad aan jou:
    1) Probeer tog asb om minder voorspelbaar te wees. Ons outjies is al moeg vir elke hierjy wat “vir ons bid” – as ek R1 kon kry vir elke fundie wat sy boodskappie afluit met ‘n “ek sal vir jou bid”, was ek vandag ‘n skatryk man. As jy eerlik is met jouself, sal jy erken jy maak in elk geval nie die stelling in opregtheid nie. Dis eerder ‘n poging om jou eie ego te streel.
    2)Oorweeg dit om in te skryf vir ‘n spel- of taalkursus. Jy kan nie verwag om ernstig opgeneem te word indien jou spelling gelykstaande is aan die van ‘n 10jarige nie.

    Like

  37. Ek dink hierdie webtuiste is hartseer. Dat soveel ongelowige mense ander gelowiges ondermein, belaster en net pleinweg oordeel. Waarin glo julle dan? waaruit bestaan julle standaarde? is die strewe na beter niks meer werd nie? doen julle enigsins iets om ‘n beter, vriendelikker, minder geil lewe te lei en sodoende ‘n beter lewe in Suid-afrika te verseker? Kyk na die area waar julle bly. Dit is julle keuse. ek is ek nie om te oordeel nie, maar om perspektief te gee.

    God verwag van ons gelowiges om die woord te versprei. Onse Oom Angus doen juis dit. Weet julle dat hy tot dusver 8-10 kinders tans in sy eie weeshuis huisves? Hoeveel van die lasterlike broeders hier was rerig by een van daardie byeenkomste? Wie van julle kan rerig se, “ek was daar, dit en dat het gebeur, en dis bog.”..? Niks. nie een nie.

    Se my, Lasterlike broeders, Oja, Suster, waarvoor staan julle waardes? wie kan vir my eniges noem? net vir die interresantheid post ek die volgende “Storie” om in layman’s terms ‘n beeld te skep van hoe julle redineer….

    An Atheist Professor of Philosophy was speaking to his Class on the Problem Science has with GOD, the ALMIGHTY. He asked one of his New Christian Students to stand and . . .

    Professor : You are a Christian, aren’t you, son ?
    Student : Yes, sir.
    Professor : So, you Believe in GOD?
    Student : Absolutely, sir.
    Professor : Is GOD Good ?
    Student : Sure.
    Professor : Is GOD ALL – POWERFUL?
    Student : Yes.
    Professor : My Brother died of Cancer even though he Prayed to GOD to Heal him.
    Most of us would attempt to help others who are ill.
    But GOD didn’t. How is this GOD good then? Hmm?

    (Student was silent )

    Professor : You can’t answer, can you ? Let’s start again, Young Fella. Is GOD Good?
    Student : Yes.
    Professor : Is Satan good ?
    Student : No.
    Professor : Where does Satan come from ?
    Student : From . . . GOD. . .
    Professor : That’s right. Tell me son, is there evil in this World?
    Student : Yes.
    Professor : Evil is everywhere, isn’t it ? And GOD did make everything. Correct?
    Student : Yes.
    Professor : So who created evil ?

    (Student did not answer)

    Professor : Is there Sickness? Immorality? Hatred? Ugliness? All these terrible things exist in the World, don’t they?
    Student : Yes, sir.
    Professor : So, who Created them ?

    (Student had no answer)

    Professor : Science says you have 5 Senses you use to Identify and Observe the World around you. Tell me, son . . . Have you ever Seen GOD?
    Student : No, sir.
    Professor : Tell us if you have ever Heard your GOD?
    Student : No , sir.
    Professor : Have you ever Felt your GOD, Tasted your GOD, Smelt your GOD? Have you ever had any Sensory Perception of GOD for that matter?
    Student : No, sir. I’m afraid I haven’t.
    Professor : Yet you still Believe in HIM?
    Student : Yes.
    Professor : According to Empirical, Testable, Demonstrable Protocol, Science says your GOD doesn’t exist. What do you say to that, son?
    Student : Nothing. I only have my Faith.
    Professor : Yes, Faith. And that is the Problem Science has.
    Student : Professor, is there such a thing as Heat?
    Professor : Yes.
    Student : And is there such a thing as Cold?
    Professor : Yes.
    Student : No, sir. There isn’t.

    (The Lecture Theatre became very quiet with this turn of events )

    Student : Sir, you can have Lots of Heat, even More Heat, Superheat, Mega Heat, White Heat, a Little Heat or No Heat.
    But we don’t have anything called Cold.
    We can hit 458 Degrees below Zero which is No Heat, but we can’t go any further after that.
    There is no such thing as Cold.
    Cold is only a Word we use to describe the Absence of Heat.
    We cannot Measure Cold.
    Heat is Energy.
    Cold is Not the Opposite of Heat, sir, just the Absence of it.

    (There was Pin-Drop Silence in the Lecture Theatre )

    Student : What about Darkness, Professor? Is there such a thing as Darkness?
    Professor : Yes. What is Night if there isn’t Darkness?
    Student : You’re wrong again, sir.
    Darkness is the Absence of Something
    You can have Low Light, Normal Light, Bright Light, Flashing Light . . .
    But if you have No Light constantly, you have nothing and its called Darkness, isn’t it?
    In reality, Darkness isn’t.
    If it is, then you would be able to make Darkness Darker, wouldn’t you?
    Professor : So what is the point you are making, Young Man ?
    Student : Sir, my point is your Philosophical Premise is flawed.
    Professor : Flawed ? Can you explain how?
    Student : Sir, you are working on the Premise of Duality.
    You argue there is Life and then there is Death, a Good GOD and a Bad GOD.
    You are viewing the Concept of GOD as something finite, something we can measure.
    Sir, Science can’t even explain a Thought.
    It uses Electricity and Magnetism, but has never seen, much less fully understood either one..
    To view Death as the Opposite of Life is to be ignorant of the fact that
    Death cannot exist as a Substantive Thing.
    Death is Not the Opposite of Life: just the Absence of it.
    Now tell me, Professor, do you teach your Students that they evolved from a Monkey?
    Professor : If you are referring to the Natural Evolutionary Process, yes, of course, I do.
    Student : Have you ever observed Evolution with your own eyes, sir?

    (The Professor shook his head with a Smile, beginning to realize where the Argument was going )

    Student : Since no one has ever observed the Process of Evolution at work and
    Cannot even prove that this Process is an On-Going Endeavor,
    Are you not teaching your Opinion, sir?
    Are you not a Scientist but a Preacher?

    (The Class was in Uproar )

    Student : Is there anyone in the Class who has ever seen the Professor’s Brain?

    (The Class broke out into Laughter )

    Student : Is there anyone here who has ever heard the Professor’s Brain, Felt it, touched or Smelt it? . .
    No one appears to have done so.
    So, according to the Established Rules of Empirical, Stable, Demonstrable Protocol,
    Science says that You have No Brain, sir.
    With all due respect, sir, how do we then Trust your Lectures, sir?

    (The Room was Silent. The Professor stared at the Student, his face unfathomable)

    Professor : I guess you’ll have to take them on Faith, son.
    Student : That is it sir . . . Exactly !
    The Link between Man & GOD is FAITH.
    That is all that Keeps Things Alive and Moving.

    Daardie student was die “Vader” van Wetenskap. Albert Einsten.

    Ek wil net nog een punt lig, Die persoon wat noem van die “Filthy Richer” en dat hy 40 Miljoen wins gemaak het, se my, wat kos 8000m plastiek, 23km se teerpale, 5dae se huur vir klank toerusting EN diee staff(2010 se MMC se klank stelsel was R8 miljoen), 65 plaas werkers wat hulle families moet voed, 35 VRYWILLIGERS wat gehelp het met organisering se kos, virwiel motorfietse vir ushers om hulp en leiding op die plaas te bied aan 400 000 mans, die huur van ‘n helikopter….. ek kan aan en aan en aan gaan…

    wys jou hoe oningeligdes dink…

    My boodskap sal ek graag so wil oordra, Glo waaraan julle wil, strewe vir die sleg in die lewe, en ek waarborg julle dat julle slegs smart in julle persoonlike lewens sal beleef. Egskeidings, diefstal, moord, en en en is voorbeelde van persone wat soos julle dink. Wat nie strewe om beter te WIL leef nie. Satan sorg mos vir sy kinders…… dit is lekker…

    Ek gebede is met jul.

    Like

  38. Pieter, julle gelowiges lieg darem maar lekker vir julle jesus.

    Daardie storie oor Einstein en die prof. is ‘n groot leun. Dis al lankal bewys, en dis net jy en jou fundie broers en susters wat dit glo en so ‘n lekker warm gevoel kry as julle dit vertel. Julle sal darem maar ver gaan om vir julle spoke te lieg. Arme Einstein se naam is al so deur die modder gesleep deur julle gelowiges. Lees gerus hierdie link:

    http://www.snopes.com/religion/einstein.asp

    En wat nog veel erger is is dat julle klomp grotmense ook nie aanvaar dat evolusie die rede is dat lewe op hierdie planeet ontwikkel het soos dit vandag is nie. Julle glo julle spook het sy hande geklap, en wha-la, hier is alles in 6 dae gemaak, of 6000 jaar soos julle dit wil glo.

    Dis nie die moeite werd om met ape soos jy te probeer argumenteer nie. Julle glo wat julle wil en julle lieg en lieg vir julle spoke. Julle wier ook om enige ander boeke te lees, anders as die bybel.

    Julle skiet julle self in die voet en julle verkies om dom en oningelig te bly.

    Julle profeet, oom Angus, is die self aangewese poepol van god. Julle sal enige drol met ‘n bybel onder die arm volg.

    Like

  39. The theory of evolution is written in the fossils, and it is written in the DNA. Numerous transitional forms where one species developed into another have been found by palaeontologists. As for DNA, the triplet sequence of DNA that codes for the amino acids of proteins is virtually identical across all species. The correspondence between the DNA code and the amino acid is nearly identical across animals, plants, and bacteria. Studying the DNA of single celled organisms shows clearly Homo sapiens carry in part, identical genes to that of an organism. It is thus not too difficult to deduct that our long-time-back ancestor was a similar single celled creature.

    You Bible-thumpers who believe that man was put on Earth to be superior to and rule all other creature, have no understanding of biology. Plants and animals (including humankind) evolved to fit into a prokaryotic (single cellular microbial) world, rather than the reverse. Prokaryotic metabolism forms the fundamental ecological circuitry of life and underpins the efficient and long-term functioning of the biosphere. Without bacteria, we are dead!

    Religious nuts also go so far as to claim that science in general, and the theory of evolution in particular, is the religion of some of us atheists who can read and think for ourselves (so-called scientism). Try again. You are wrong. Science is not faith. Science describes the Universe we live in. Your religion describes a ghost in the sky you have never seen.

    Like

  40. Pieter, lees gerus hierdie:

    ““Religion is one lie after another: the lie of original sin, the lie of eternal life, the lie of hell, the lie of answered prayer, the lie that life can have no meaning without religion, the lie that religion is the source of morality, the lie of creationism, the lie of a spy-in-the-sky who hears your every word and reads your every thought. And to this list we must add the lie that it views men and women as equal. It has got away for so long with the kind of lunatic word-games that allow death-by-torture to be presented as an act of love, and eternal torment in the flames of hell to be seen as a necessary act of justice, that we should perhaps not be surprised that it has also managed to dupe its followers into seeing the systematic suppression and silencing of women as an act of liberation and equality. Nevertheless, it is a lie, like all the others: a cynical and wicked lie. It is time women everywhere woke up to it.””

    http://www.washingtonpost.com/blogs/on-faith/post/religion-lies-about-women/2011/04/13/AFDS9mXD_blog.html

    Like

  41. Aarde Pieter, hoe reageer mens op die twak wat jy skryf? Om nie eens te praat van die leuens nie. En Pieter, miskien kan jy verduidelik hoekom fundies, veral die Afrikaanses onder julle, so vrot skryf en spel. Ek praat nou nie van per abuis tikfoute nie. Ek praat van daardie tipe foute jy in Standerd 1 laas gemaak het. Jy weet, woorde soos “ondermein”, “vriendelikker”, ens. O ja, en onthou tog dat sinne met hoofletters begin – taamlik standaard in alle tale. Maar ek erken dat bg kommentaar van my aan die pedantiese grens. Ek vind dit egter insiggewend dat so baie van jul fundies so verskriklik vrot skryf. Miskien wys dit op ‘n gebrek aan opvoeding en miskien, net miskien, is hierdie gebrek die rede vir jul geloof in gode en spoke.

    Maar, liewe Pieter, ‘n gebrekkige opvoeding of lae IK kan ek jou nog verskoon. Wat egter onverskoonbaar is, is die spul leuens wat jy so goedsmoeds kwyraak. Die ou storietjie (lees leuen) oor Enstein: Einstein was ‘n geswore ateis ou Pieter. Dis ‘n feit. Enigiemand wat hierdie man se geskiedenis ken, weet dit. Jou storietjie is ‘n versinsel uitgedink deur fundies soos jyself. Verder beweer jy in jou laaste paragraaf dat geloof die basis van ‘n waardestelsel is, m.a.w. ateiste is ‘n klomp waardelose wetters. – Nou vertel my Pietertjie, hoekom sekulêre lande soos Swede en Japan, met die laagste misdaadsyfers wêreldwyd spog. Vertel my ook hoekom godstienstige lande soos Mexiko en RSA van die hoogste egskeiding syfers (onder Afrikaners, nogal) terwyl RSA en spesifiek Afrikaners gereken word as uiters gelowig. Hoekom is die tronke vol gelowiges, Pieter?

    Voel jy nie skaam om so te lieg nie, of is leuens in die naam van jou gode in orde?

    Jou argument oor die brein wat jy nie kan sien of aanraak nie…eh, wel dis flouer as ‘n oorgebruikte rooibosteesakkie. Is jy ernstig of net krimineel onnosel? Eenvoudige vraag Pieter: Glo jy jy is in besit van ‘n brein of weet jy dis ‘n feit? Ek WEET jy het een Pieter, want die wetenskap het by herhaling gewys dat mense met breine gebore word. Ek kan verder die afleiding maak dat jou brein waarskynlik kleiner is as meeste homo sapiens, want die stront wat jy hierbo kwytraak, bewys dit. Juis daarom sal ek jou nie oordeel nie en maar gelate aanvaar dat jy nie van beter weet nie.

    Like

  42. Slaaptydstories aan Pieter Gieter

    Pieter, ek is verveeld en aangesien jy so baie van stories hou, hier is ’n paar uit die pen van Malherbe. Anders as in die geval van jou storie, Pieter, is my stories is rasioneel:

    Storie 1: Eendag, nie lank gelede nie, het daar ’n man gelewe wat dit baie geniet het om onskuldige kindertjies te molesteeer en te verkrag. Hy het hierdie dade meestal gepleeg met minderjarige kindertjies en wel met seuns en dogters en in sommige gevalle ook met kleine babas. Die man was ’n Roomse priester en die scenario hierbo is gegrond op nie een nie, maar letterlik honderde gevalle waar die Roomse kerk betrokke was.

    Tyd stap aan en 10 jaar later besef Priester die verskriklikheid van sy dade. Hy bely toe sy sonde en gee sy hartjie vir sy god, liewe jesus. Jy weet Pieter, WARE geloof, daai hand-oppie-Bybel-tipe geloof. Dieselfde tipe geloof as die moordenaar wat langs liewe jesus aan die kruis gehang het, sy sondes bely het en toe heel lekker opgeseil het na die hemele. Die punt wat ek maak, is dat ons mitiese Roomse priester volgens jou christelike dogma, van alle sonds vergewe is. Nog met my Pieter? Neem nou een stappie terug na die kinders wat verkrag is deur oom Dominee. Dis tien jaar later en van hulle kon die trouma nie verwerk nie en wend hulself tot dwelms. Sommiges pleeg selfmoord. Sommiges is ongebalanseerd en hul liefdesverhoudings nie volhoubaar nie, met egskeiding die uiteindelike gevolg. En sommiges raak ongelowig juis a.g.v. dit wat Oom Doom aan hul gedoen het – vir hulle is dit die enigste manier om sy dade te rasionaliseer.

    En toe eendag op ’n reëndag sterf Oom Doom en vaar op na die hemele waar hy heeldag aarbeie en room eet, of watookal julle outjies glo jul daarbo gaan doen. Feit is, volgens jou dogma is Oom Doom in ’n lekker plek. Stel dit nou teenoor die gemolesteerde, ongelowige, dwelmverslaafde outjie wat selfmoord gepleeg het. ’n Hele paar “sondes” hier, ou Pieter. Kom ons lys hulle:
    1) selfmoord – liewe jesus sê dis baie verkeer en geen manier wat selfmoordenaars aarbeie sal eet nie.
    2) Dwelms – ook ’n sonde as ek christelike dogma reg verstaan.
    3) Egskeiding – ’n doodsonde volgens jou gode
    4) Ongeloof – wel, jy het ons mos self mooitjies vertel wat met ons outjies gaan gebeur, so ek hoef nie te verduidelik.
    Ek sou dus seker met reg kon aanneem dat hierdie outjies nie aarbeie saam met Doom gaan eet nie. Nee, volgens jou dogma wag daar ’n ewigheid van tandekners op hulle.

    Wat dink jy Pieter? Enige regverdigheid in bg. of sien jy ook die lafheid daarvan in? Julle ouens is totaal van julle sinne beroof. Julle lees jul bybel selektief en het dan die vermetelheid om my te vertel dat jul godsdiens moraliteit verseker.

    Storie 2: Die Pa lê een aand in sy bed en dink. Hy het ‘n klomp kinders en ’n vrou en die spulletjie maak hom van tyd tot tyd mal van kwaadgeit. Sy een dogter is nou in puberteit en vry elke seunskind dat die spoeg spat. Dit maak Pa ongelukkig. Sy vrou praat gereeld terug en luister nie wanneer hy haar vertel dat haar plek in die kombuis is nie (verkieslik in ‘n swanger toestand). Pa dink aan Oom Aartappel wat so mooi vertel dat die man die hoof van die huis is. Oom Artappel het annerdag ook mos vertel hoe God die Vader, sy Seun opge-offer het om vir die mens se sondes te sterf. So edel, dink Pa. Skielik skiet daar ’n gedagte Pa se kop binne. Hy staan op sonder om sy slapende vrou wakker te maak. Hy stap na sy oudste seun se bed, druk ’n waslap in sy mond sodat geen geluid uitkom, dra hom motorhuis toe waar hy begin om die seun te martel deur sy hande en voete aan ’n tuisgemaakte kruis te spyker. Toe hy klaar is, los hy die halflewende kind in die motorhuis, was sy hande en gaan slaap. Die volgende oggend is sy oudste dood. Pa roep sy kroos en vrou byeen en vertel hulle wat hy gedoen het. Maar, seg hy….daar is goeie nuus. Sy kroos sal nooit ooit weer gestraf word vir die stoutighede wat jul doen nie. Die oudste dra nou alle toekomstige straf op hom.
    Maak sin, nê Pieter? Leer jou iets oor moraliteit, nie waar nie?

    Storie 3: Die hoofgod is kwaad omdat sy maaksel effe aangebrand het in die “skeppingsoond”. Die hoofgod stuur toe sy seun af sodat hy hom kan martel sodat die aangebrande maaksels weer ’n kans kan geniet om vir altyd te lewe. Die hoofgod en sy seun weet dus vooraf met 100% sekerheid dat daar ’n ewige lewe bestaan.

    My vraag aan jou Pieter: Whats the big deal? As jy 100% sekerheid het oor ‘n lekker lewe vir altyd en altyd (nogal lank …..dink bietjie daaraan, daai woordjie “altyd”), wat is so erg daaraan om bietjie gemartel te word? Gee my 100% sekerheid van ’n lewe met aarbeie, room, rooiwyn en (hopelik) ’n oneindige gewiksery, en ek slaan die spykers sommer self deur.

    Storie 4: Die Opperman. Kom ons neem vir ’n oomblik aan dat ’n bonatuurlik magtige (d.i. alleswetende, hoogs intelligente) wese bestaan wat verantwoordelik is vir ons lotjie se bestaan. Kom ons noem hom mnr (of mevrou?) Opperman. Jy sal sekerlik saamstem dat hierdie wese iets ongeloofliks moet wees – ek bedoel, hy het die aarde sesduisend jaar gelede in ses dae gemaak met alles soos dit tans is. Ook die mens. Wraggies ’n potente outjie hierdie. Maar Opperman vind toe uit dat hy ’n paar ontwerpfoute gemaak by die mens en wat doen hy toe? Hy straf hulle. Hy straf dus sy eie onvolmaaktheid deur die arme onvolmaakte drommels wat hy self geskep het, te straf. Maar gelukkig gee hy die skepsels nog ’n kans tot ‘n “happy ending” deur die prys van ’n ewige lewe soos ’n wortel voor hul neuse te hang. Jippiee, hier kom ons!! Maar wag, daar is ’n slenter om by hierdie prys uit te kom. Die mens is verplig om Opperman te aanbid en aan te hang om die prys te wen. In dieselfde asem noem Opperman dat jaloesie nie nice is nie en dat die skepsels hul nie hieraan moet skuldig maak nie. Hy wat Opperman is, kan egter jaloers wees en geen ander gode word toegelaat nie. Is dit net ek, of herken jy ook die lafheid van Opperman? Eenvoudige rasionele denke behoort jou tog tot die antwoord te lei. My opinie is dat indien Opperman bestaan, dit logies volg dat hy hom nie sal ophou met menslike onbenullighede soos watter gode hul aanbid nie. Ek sou aanneem dat Opperman in sy almag eerder onselfsugtig en sonder jaloesie in liefde sou neerkyk – soos wat hy van my verwag om teenoor my medemens op te tree. My redenasie kom neer op basiese redelikheid. Jou dogma reduseer egter jou Opperman na ’n eenvoudige, onintelligente, befoeterde en jaloerse mannetjie wat ouens soos ek wil brand net omdat ons nie in sy bestaan glo nie. Dit klop doodeenvoudig nie met ’n bonatuurlik intelligente wese se optrede nie. ‘n Aardse regter in sy regbank, is slimmer as dit. Maar ek verwag nie van jou om my punt in te sien nie Pieter. Jarelange se bollie wat aan jou opgedis is, is die oorsaak van jou verblinding en soos jou bybel noem: niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie.

    Hoop jy het my stories geniet. Ek gaan nou ’n bottel Meerlust Cabernet oopmaak, my kinders ’n drukkie gee en hul vertel hoe lief ek hul het. Daarna gaan ek die aand geniet saam met my wonderlik bevryde vrou wat nie sal toelaat dat enige man of god haar hiet en gebied nie. Dis my hemel Pieter. Hier en nou.

    Like

  43. Goed geskryf Malherbe. Ek dink nie Pieter en sy tjommies kan lank genoeg konsentreer om dit alles te lees nie. Nie eers te praat daaroor dink nie. Maar ons kan maar net hoop…….

    Like

  44. Pragtig, Malherbe. Pietertjie, hier is wat Einstein geskryf het:

    “The word god is for me nothing more than the expression and product of human weaknesses, the Bible a collection of honourable, but still primitive legends which are nevertheless pretty childish. No interpretation no matter how subtle can (for me) change this.
    “For me the Jewish religion like all others is an incarnation of the most childish superstitions. And the Jewish people to whom I gladly belong and with whose mentality I have a deep affinity have no different quality for me than all other people. As far as my experience goes, they are no better than other human groups, although they are protected from the worst cancers by a lack of power. Otherwise I cannot see anything ‘chosen’ about them.” (Einstein’s letter on January 3 1954 to the philosopher Eric Gutkind)

    Julle liegbekke vir Jesus laat mens stom. Julle sê mos ook Hawking is gelowig, nê. Hier is wat Hawking gesê het op ‘n vraag wat gebeur na die dood met julle siele:

    “I imagine what happens to human consciousness when we die is much like turning off a computer. I don’t believe in a heaven for computers. I think the after-life is a fairy story for people afraid of the dark.”

    Nog ‘n paar leuens om Jesus te bevorder is seker in orde met julle, of hoe?

    Dit is wat Dostoevsky geskryf het oor julle gelowiges se tradisies deur die eeue:

    “For the sake of common worship they’ve slain each other with the sword. They have set up gods and challenged one another, “Put away your gods and come and worship ours, or we will kill you and your gods!””

    Pragtig nê! Doen so lustig voort met julle leuens, maar moet asseblief net nie vir my bid nie.

    Like

  45. Savage, dis darem baie wreed van jou om te vra dat ‘n fundie nie vir jou moet bid nie. Hierdeur ontneem jy hulle van soveel genot.
    1) Jy ontneem hul van daai wollerige sagte gevoelentheid wat oor hulle kom wanneer hul vir ander bid.
    2) Jy ontneem hulle van die voorreg om onder die kleed van gebed te skinder oor ander. (Terloops, dit het ek gereeld ervaar jare terug in openbare gebedsgroepe: “Liewe jesus, wees asseblief met buurvrou Sannie wat tans op die verkeerde weg is. Betree haar hart sodat sy nie by oom Jaap tot middernag kuier nie.” )
    3) Hulle word ontneem van die voorreg om hulself op bedekte wyse as beter as ander voor te stel. M.a.w. Jy ontneem Pietertjie van die genot van meewarigheid, en aangesien Mr Gieter heel waarskynlik aan ‘n erge minderwaardigheidskompleks ly, beroof jy hom van iets baie kosbaars. Sies vir jou Savage, om so wreed te wees.

    Na my mening is punt 3 juis een van die redes vir geloof vir vele mense. Wanneer jy ‘n fundie soos Pieter teekom en bietjie dieper krap, sal jy weldra uitvind hulle lei aan die een of ander kompleks. Liewe jesus se dogma laat hulle beter voel oor hulself. Maar ongelowiges doen net mooi die teenoorgestelde. Ons dompel hulle terug in onsekerheid. Hulle reaksie is eintlik heel voorspelbaar.

    Like

  46. Malherbe, ek vra groot askies – ja , laat ek nou nie in die pad staan van die fundies se selfopgelegde sielkundige terapie tydens hulle gesprekke met Jesus nie. Maar hulle moet gou praat, want die einde is more hier. (Zuma was toe reg – die ANC gaan aan die bewind bly totdat Jesus weer kom.)

    “As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy sy pêrels,
    al sy pêrels, fraaie pêrels , vir Jesus se kroon.

    Fok, wat maak jy as jy daar in Jesus se kroon sit en jy kry ‘n nood? Jesus het seker siele wat daar op die bank sit (soos in rugby) wat vir ‘n wyle jou plek kan inneem. Anders gaan Jesus se kroon soos ‘n uittand bobbejaan lyk, of hoe nou?

    Maar soos ek die gelowiges ken, sal Jesus al sy dae hê om die klomp daar in Sy kroon se baklyery te stop. Die fundies baklei nie net met ons nie, maar ook hewig onder mekaar. (“Ek sit tog op ‘n mooier plek in Jesus se kroon as jy! Wê, wê, wê.” Kadoef! Blou oog pêrel. “Fok julle baklyery, anders vervang ek julle met diè op die bank!” “Skies, Jesus”…… Stilte vir ‘n rukkie. “Jesus, hy steek vir my tong uit.” …. ensovoorts, ensovoorts.)

    Like

  47. Het nou lekker gelag. Dankie daarvoor Savage. Die pêrelkroon idee nogal iets waarop mens lekker sou kon voortborduur.

    Like

  48. Plesier, Malherbe; as dit nie so tragies was dat kinders sulke liedjies geleer word nie, was dit beslis snaaks. As Jesus dan so liefdevol is, hoekom het hy jong kindertjies nodig vir sy kroon? (M.a.w. hulle moet vroeg dood.) Fokken delusional mal groot-gelowiges.

    Ons ou volkie was darem (is seker nog) baie rassisties:

    Vir die hemel, vir die hemel
    Sal Hy hul versamel,
    Al die skones, al die wittes
    Vir Jesus se kroon.

    Nou waar is ons gekleurde mede Christene dan? Gelukkig was ek veilig: met rugby-geskeurde broek en hemp, stukkende tone en vuil voete sou Jesus my beslis nie kom “wegraap” het nie.

    Like

  49. Savage, Mcbrolloks, wonder of julle kan help: Ek kom gereeld ouens tee wat ontken dat apartheid enigsins iets met hul heilige boek te te doen gehad het. Ons weet apartheid was histories op bybelgronde geregverdig (my kapelaantjie op die grens het gereeld vertel hoekom apartheid vir sy god goed en reg is). My probleem is dat ek soek na die bybelverse wat deur die apartheidsdominees gebruik is. Ek kan goed onthou hoe my kakisasie dominee sekere verse aangehaal het ter regverdiging. Weet julle van ‘n bron waar mens kan gaan kyk hoe teoloë destyds apartheid op bybelgronde regverdig het?

    Like

  50. Godsdiens het nog altyd die wreedste dade goed gepreek en verse uit hulle kak boek uit aangehaal.

    Mense is fokken dom en glo daardie kak al vir duisende jare lank.

    Apartheid was wyd en suid gepreek in die ou regering se dae, in elke wit kerk en skool. Ons was van kleins af vertel om te haat en te onderdruk, want ons gode vereis dit.

    Ek lag altyd vir die fundies, en ook die Angus manne, wat dit alles nou heentemal ontken. Asof dit nooit gebeur het nie.

    Dis soos Europa na die WW2. Daar was nie ‘n enkle NAZI in Duitsland enige plek te kry nie, en elke ou in Frankryk was ‘n partisan.

    Like

  51. Malherbe, hierdie mag miskien help. Ek het net vlugtig daarna gekyk maar sal dit later lees. Die gevolgtrekking (punt 6) verklaar dan ook hoekom elke ou sy eie interpretasie van die bybel het. Wat ‘n klomp jokers.

    http://www.biu.ac.il/hu/tr/stud-pub/tr-pub/ehrlich-bible.htm

    “Sluit tog nie ‘n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet; en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer. ”
    Example 9: Exodus 33:15-16

    “Geen baster mag in die vergadering van die Here kom nie.”
    Example 10: Deuteronomy 23:2

    6. Conclusion

    It has been illustrated how the Biblical text can be manipulated to serve different purposes or skopoi.

    Like

  52. Dankie Savage. Dit spaar my baie tyd.

    Ongelooflike dat die mens so stadig is om uit sy foute te leer. Mens sou dink dat apartheid se lesse ons ou volkie meer skepties teenoor godsdiens sou laat, maar heelaas, hulle hol heel voorspelbaar op ‘n streep agter ou Aartappel aan. Dit terwyl hulle seuns en broers destyds op die grens vir apartheid gedood en vermink is.

    Like

Leave a comment