Wat het elke gelowige in gemeen?

Standard

Wat het elke gelowige in gemeen?

Hulle dink net hulle kerk sekte is reg, net hulle interpreteer die bybel korrek. Arme god! Hy los sy heilige boek hier op aarde, en almal verstaan hom nog steeds verkeerd.

Maar wat het hy verwag as hy sy heilige skrif aan ‘n klomp bobejane, of liewer ape met groot breine (nie groot genoeg nie) los. Maar dan weet ons dis alles ‘n klomp kak wat net vir fundies sin maak. Nogal vebasend dat julle god wat so slim is en so magtig is nog nie vir julle die hersiende weergawe gestuur het nie, siende hoeveel verwarring die huidige uitgawe veroorsaak.

Julle fundies is darem maar ‘n toonbeeld van donkerte in ‘n wereld waar die son lekker skyn. Julle is soos ‘n klomp trolle wat nie in die lig in wil gaan nie. Julle dring daarop aan om vir die res van julle lewens in die donker te bly. En julle doen julle bes om ook julle kinders in die donktertes te hou deur hulle ook julle goeie (kak storie) nuus te vertel, oor en oor en oor.

Bly gerus in julle grotte en huil na die maan elke sondag. Julle is te bang om te lewe en die lewe te aanvaar vir wat dit is. Net ingeval julle nie weet nie, die lewe is kort, jy het net een, en jy gaan beslis nie hemel of hel toe nie, maak nie saak hoe hard jy in ‘n spook glo nie.

Dit vat guts om dit te aanvaar, iets wat julle nie het nie. Julle kruip maar in die donker weg met julle ou boek en julle spoke en weier om uit te kom. Julle is soos ‘n klomp kinders wat te bang is om te gaan pis in die nag, want daar is monsters wat julle gaan vang.

Siestog!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s