Dit is alles die Almagtige Vader se genade.

Standard

Ek het ‘n vriendin wat deur ‘n baie moeilike tyd gaan op die oomblik. Sy het geboorte gegee aan ‘n seuntjie wat 2 maande te vroeg gebore was. Die arme kind gaan deur ‘n baie moeilike tyd en veg vir sy lewe. Hy het ‘n vreeslike infeksie opgedoen en moes ‘n lugpyp direk na sy longe toe by sy keel in gedruk kry, baie antibiotika, en 24 uur sorg in die ICU. Dit is ‘n hele span dokters en verpleegsters wat hom die heeltyd monitor en alles doen wat hulle kan vir die arme kind.

Die ding wat my nogal kry is dat sy en al haar vriende en vriendinne op Facebook die heeltyd net praat oor got se genade, liewe jesus se liefdevolle genesings krag, hoe hard hulle almal bid elke dag, hoe got hom gaan gesond maak, want hulle glo in sy liefde ens ens ens. Dis genoeg om mens se ooglede te laat reis. Maar ek het mooi gaan kyk. Uit die honderde comments wat nou al geskryf is, is daar nie ‘n enkele een wat se dat die dokters goed is nie, dat die verpleegsters hard werk nie, dat die antibiotika hom baie help nie. Niks, nie eers een nie. Nie eers van enige iemand af nie. O nee, dit is alles got en liewe jesus se genade wat die arme kind nog aan die lewe hou. Hulle het wel lekker gespot met die een dokter se naam. Die ou wat seker die meeste op vertrou moet word om hierdie kind ‘n kans te gee om te kan oorleef.

Dit wys jou net hoe hierdie gelowige mense se breine teen hierdie tyd in hulle lewens al lekker weg gevrot het. Hulle is nie slegte mense nie, maar hulle lewe word oorheers deur hulle spoke.

Advertisements

6 thoughts on “Dit is alles die Almagtige Vader se genade.

  1. Die euwel van geloof in een of ander onbereikbare, onbewysde opperwese word al vir eeue en eeue prominent uitgebeeld. Maar die mens is ‘n dom ding. Hy leer nie uit sy foute van die verlede; onophoudende vernietigende oorloë is een. Die beskerming van die RKK met diè se misdade teen kinders is nog een. Die vaste geloof dat Jesus ons genees in tye van siekte en nie die mediese professie nie, is ‘n derde fout. Ja, ‘n blatante fout want op wat is die geloof dat Jesus betrokke is by genesing gebaseer? Dat die mensdom so verdom het is duidelik vir almal om te sien. Maar wie sien dit? Net rasionele denkers wat feite teen mites opweeg en die mites verwerp. Geen wonder wetenskaplikes is die grootste persentasie ateïste van alle dissiplines nie, want die wetenskap leer jou rasioneel dink.

    En dan kry jy vir Uil – kan glad nie ‘n redenasie bymekaar skraap nie so hy vloek maar almal uit wat nie soos hy dink nie. En ook vir Johann – nie eers ‘n goeie filosoof nie; dit prewel en skrop, maar net ‘n gebrabbel kom uit – geen samehangende gesprek van hom nie. En dan moet ons nie vir ons eerbare doktor Jan Grey vergeet nie – wat kan mens van diè arme man sê? Ja McBrolloks, jy is reg – die gelowige mense se breins het verrot – verrot want dit word nie gebruik nie.

    Like

  2. Ja Savage, Vuiluil is nie geseën (deur liewe jeeeeesus)met voldoende grysstof nie. Vakuum in daai kranium. Kan nie help om te wonder hoekom die gotte so wreed kon wees toe hulle verstand uitgedeel het nie. Soos ‘n goeie vriend van my sou opmerk: “He’s so dense, light bends around him.”

    Maar terug by McBrolloks se storie oor sy vriendin. Iets waaroor ek al by gewonder het, is hierdie geloofskruk wat gelowiges gebruik in tye van swaarkry. Feit is dat dit hul help om die swaarkry te verwerk. Wie is ek om hierdie kruk onder hulle uit te skop? Dis al waaraan hul vasklou. So, ons bly maar stil.

    Maar nou kom die teenargument: Gelowiges in die algemeen (en ek erken dit is ‘n veralgemening)het geen probleem om hul dogma daagliks op my af te forseer nie. Hulle doen dit onbeskaamd. My kind word van kleins af op skool geleer dat gotte bestaan. Wanneer my skoonpa (wat ‘n dominee is) kom kuier, doen hy ‘n tafelgebed voor ete. Dit, terwyl hy weet hoe ek oor die sakie voel. Hoekom sit ek nie my voet neer nie? Dit is eenvoudig nie die moeite werd nie – makliker om dit te verduur en dan aan te gaan met die lewe soos normaal en in die proses my goeie verhouding met vroulief te handhaaf. Wat sal byvoorbeeld gebeur indien McBrolloks op sy vriendin se facebook bladsy skryf dat die dokters bedank moet word en nie die gotte nie? Ek sou reken die vriendskap mag dalk wankel. Is dit die moeite werd?

    Ek dink die manier om bg situasie te “counter” is om presies te doen wat godsdienstiges doen. Om dit duidelik te stel waar jy staan met die got aanbidding. Om jou ongeloof onbeskaamd en met trots te verkondig. Annerdag vra my kind hoekom “Grandpa” bid aan tafel – my antwoord aan hom was eenvoudig (voor die oupa) dat sommige mense in gode glo, maar dat ek nie daarin glo nie en nooit sal nie. Dat hy eendag wanneer oud genoeg sy eie “mind” kan opmaak. Absoluut die moeite werd gewees, desnieteenstaande die feit dat vroulief my skene blou geskop het onder die tafel.

    Like

  3. Die nuutste Facebook post vandag:

    “Ongelooflike verbetering vanmore. Pediater + susters verstom oor xxxxxxxxxx!Hy is soveel beter,bloedtoets CRP\infeksie telling af, plaatjie telling op.Buik ietwat gesak.n Monster doek gehad!Ons dien n wonderlike getroue God,wat nooit laat is nie.Geloof en tonne gebede het ons seuntjie gered. Dankie almal ~ hou asb aan bid totdat hy mag huistoe gaan. Ons is uit ons vel van blydskap Liefde..”””

    Like

  4. Nog posts van vriende af:

    “”And there again – a miracle – thank you God for caring and loving us so much!!!!!! You go XXXXXX show us all that miracles do still happen everyday – God has blessed you my angel!!!!! LOL

    Dis A W S O M E !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Eks so bly! Is die beste nuus ooit!!!!!! Dankie Here!!!!! Alle eer en verheerliking aan ons Awsome Pappa God!

    Prys die Here, Ek is so baie bly vir julle part :-))

    ONS GOD IS GROOT JULLE!

    So bly vir julle part. Nou bid ons vir huistoegaan

    Amen dit is sooooooo Great

    Dit is absoluut fantasties!! Ons dien n almagtige Vader

    Ek is spraakeloos oor hoe groot en wonderlik ons God is!!!!

    Nou is my naweek gemaak! sommer hoendervleis!!!!!! so bly! Thank you GOD!!! sterkte en love u 3

    Dit is wonderlike nuus, ek is so bly vir julle. Prys God, Hy is wonderlik!

    Ai, XXX, my lief, ons kan so bietjie asem uitblaas! God sal julle NOOIT verlaat nie. Ekt net Sondag weer bewus geraak van dat ons net moet aanhou met die goeie werk. Julle verhaal en getuienis kring veel verder uit as die hospitaal. Almal moet asb nie ophou bid as daai engelkind huistoe gaan nie. Dit stop nooit! Groot gaan ons vreugde egter wees! Alle eer aan Jesus, ons Messias! Ons is baie lief vir julle,

    Ek glo vas dat geloof en al die tonne gebede julle seuntjie gered het, hy het n lewensgevaarlike storm oorleef, dis so n groot getuienis vir my persoolik, hy het verseker diep spore in baie mense se harte getrap….kom, dis amper huis-toe-gaan-tyd…….baie liefde…..xx

    Al die eer aan God! Dankie Jesus dat U vandag nog genees.

    Bid al lankal dat XXXXXXX huis toe kan gaan, en dat sy genesing ‘n menigte na die Here sal lei. Hy is ‘n geseende en gesalfde van die Heer! ‘n Geliefde van die Heer. En hy is aan julle toe vertrou om hom vir Jesus groot te maak. Geniet hom en elke oomblik saam met hom. Here seen julle as gesin. Amen

    Nee wat ons het te hard en lank gebid om hom hier te kry, hy is hier om te bly!!!! Dankie Here Jesus U het soveel mense se geloof weer versterk en bymekaar gebring in U naam!!!!!

    Prys die Here!! Ons dien n GROOT God!!

    HalleluYah! Dit is fantastiese nuus:) ons Vader is allmighty en amazing! Dankie Vader vir elke wonderwerk! Baie liefde vir julle

    dit is WONDERLIKE nuus. Ons dien ‘n God van Liefde en Genade, dankie dankie Jesus!!

    Dankie Jesus! Dankie dankie dankie. Ons is saam julle so bly! Ons bid sonder ophou!

    so bly om te hoor! sal aanhou bid vir volkome genesing!

    HI JESUS IS WONDERLIK AMEN !!!””

    En so gaan dit aan en aan en aan. Nog steeds nie ‘n enkele FB comment gesien waar ‘n dokter of ‘n verpleegster of ‘n hospitaal ‘n enkele bedanking ontvang nie. Eintelik net die teenoorgestelde: “Pediater + susters verstom….”

    Like

  5. McBrolloks – my raad aan jou – kry ander vriende. Hierdie spul is maller is 17000 jagse kolhase. Indien die kind se toestand nie verbeter het nie? – heel voorspelbaar sou hulle dieselfde snert kwytgeraak het. Dan was gotte weer so wonderlik omdat hy sy engeltjie sommer vroeg na hom geneem het. Absoluut geen verskil tussen hierdie gotte se magtigheid en my eie nie. Hulle kan more vir got Malherbe begin bid met presies dieselfde resultaat. Gewaarborg.

    Like

  6. My vriendin se seuntjie is oorlede. Dis alles baie hartseer.

    Natuurlik is al die mense wat die kak hierbo gekryf het dat hulle bid en dat got se genade die seuntjie sal red nou weer besig met ‘n nuwe rede vir hoe dinge uitgedraai het.

    Ek voel eintelik baie sleg om dit hier te post, maar dit is ‘n goeie voorbeeld van hoe mal hierdie mense is.

    Hier is ‘n paar van die nuutste comments. Ek gaan maar net so paar post, maar daar is letterlik meer as ‘n honderd sover.

    “Ons dink aan julle en ons vertrou dat jul vertroosting sal vind in Christus. Weet dat XXXXXXXX in die paradys is en dat hy daar wag om saam met julle vir Jesus op die wolke te ontmoet. Hou net vas aan Christus, Hy is jul heil en vertroosting.”

    “Hy is nou veilig by Liewe Jesus..”

    “die Here sal julle hierdeur dra….dis is baie hartseer maar soos jy sê julle babatjie het baie seer gehad en glo my hy is nou die mooiste Engeltjie……lief vir julle…..xxx”

    “Sjoe dis so hartseer my hart gaan uit vir julle, hoop en bid Jesus sal julle pyn verlig en krag gee om hier deur te werk xxx”

    Ek is so hartseer saam met julle. Baie, baie sterkte. Weet vir seker julle klein seuntjie rus sag in Jesus se arms. XX

    Die Here sal met julle wees en Hy sal vir julle vashou, troos en vrede gee wat alle verstand te bowe gaan. Sterkte!!

    Rus in vrede by ons Hemelse Vader ons mooiste engelkind, jy het n kort rukkie by ons gekuier. Ons huil saam met jou dierbare mamma en pappa!! Eendag sien ons jou weer!

    .ai…JESUS HET SY HEEL MOOISTE WONDERWERKIE blommetjie kom haal…..my hart saam julle en gebede is baie…….xxxxxxxxlove you….

    “An Angel in the book of life wrote down XXXXXXXXX’s birth. And
    whispered as she closed the book “too beautiful for earth”….”

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s