Vigs al hoe meer onder ouer mense – Skokkende statestieke, en die SA’se minister van Gesondheid. Dr Aaron Motsoaledi, se beste advies is om mans te laat besny.

Standard

Vigs al hoe meer onder ouer mense

2011-11-29 22:58

 Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, by die uitreiking van die MIV/vigs-verslag vir 2010 in Pretoria. Foto: Lisa Hnatowicz

Antoinette Pienaar

Die skerp styging in die voorkoms van MIV onder mense bo 35 beteken dalk die regering moet met sy bewusmakingsprogramme begin fokus op getroude paartjies.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het gister by die uitreiking van die 2010-MIV/vigsverslag in Pretoria gesê hy is bekommerd oor die toename in dié groep, terwyl die voorkoms bestendig gebly het in jonger groepe.

Die peiling is in Oktober verlede jaar gedoen by 1424 van die staat se sowat 4200 voorgeboorteklinieke. 30,2% van die vroue was MIV-positief, teenoor 29,4% die vorige jaar.

Volgens die navorsers kan die effense styging toegeskryf word aan die toename onder ouer vroue, eerder as jonges.

Verlede jaar was 38,4% van swanger vroue tussen 35 en 39 MIV-positief teenoor 35,4% die vorige jaar.

Die voorkoms onder vroue tussen 40 en 49 is op van sowat ’n kwart tot net minder as ’n derde.

Volgens Motsoaledi kan dit wees dat antiretrovirale medisyne (ARM) meer ouer mense langer laat lewe, maar die toename kan ook te doen hê daarmee dat vroue nie kan onderhandel vir kondoomgebruik binne vaste verhoudings nie. Dit word deur sommige mans as ’n teken van losbandigheid of wantroue beskou as ’n vrou daarop aandring.

“Dit … gaan eintlik nie oor die vroue nie, maar oor die mans. MIV is ’n siekte wat deur mans versprei word en wat vroue laat ly,” het Motsoaledi gesê.

Hy glo die kwessie moet getakel word deur mans te teiken, byvoorbeeld wanneer hulle deelneem aan besnydenisprogramme.

Die verslag het voorts getoon sowat 3% van die 166 wit vroue wat by die klinieke aangemeld het, was MIV-positief, asook 7% van 2 930 bruin vroue, 7% van 144 Asiërs en 32,5% van meer as 28 533 swart vroue.

Meer as ’n derde van mense wat nooit skoolgegaan het nie, was met die virus besmet. Die voorkoms van MIV onder geskeides (39%) en mense wat ’n maat aan die dood afgestaan het (41,7%), was hoër as by enkellopendes (31,2%) en getroudes (25%).

Net gemiddeld 65% van MIV-positiewes het geweet hulle dra die virus.

Volgens Motsoaledi was die effense toename nie statisties beduidend nie, maar is die regering steeds erg bekommerd oor dele van KwaZulu-Natal waar 40% van vroue die virus dra.

Die regering raam 17% tot 17,9% van Suid-Afrikaners tussen 15 en 49 is nou MIV-positief.

Syfers

  • Meer as 4 miljoen Suid-Afrikaners bo 15 en 438 000 onder 15 is na raming MIV-positief
  • Daar word geraam sowat 173 000 volwassenes is in 2010 aan vigs dood
  • Net in 2010 het daar na raming 281 000 volwassenes en 54 000 kinders onder 14 met MIV besmet geraak.

 

Advertisements

One thought on “Vigs al hoe meer onder ouer mense – Skokkende statestieke, en die SA’se minister van Gesondheid. Dr Aaron Motsoaledi, se beste advies is om mans te laat besny.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s