Apartheid en die kerk in Suid Afrika. Nou probeer hulle dit alles goed praat.

Standard
Nou probeer hulle hulle rol in apartheid goed praat. Ek onthou goed hoe hulle nie swart mense en bruin mense in hulle kerke toegelaat het nie, behalwe om skoon te maak en tuin te maak. Hulle predikante het van die altaar af gepreek hoe hulle mense hulle gotte se verkore volk was en dat hulle die “barbare” mag onderdruk sodat hulle vir hulle van hulle gotte se liefde en genade kan leer terwyl hulle maak net wat hulle wil. Intussen het jesus en die ander spoke hulle beleide verander, so nou mag almal maar saam bid en sing. Ek wens ek kon daar wees. Ek is seker daar gaan weer een of ander fight uitbreek. Hierdie ape kan nie oor die eenvoudigste goedjies saam stem nie.

Konferensie aangebied deur Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch

Datum: 14-16 Mei 2012
Plek: Die konferensie word gehou in die Hofmeyrsaal, Kerkstraat, Stellenbosch.

Agtergrond vir die konferensie

Hierdie konferensie bied die geleentheid tot ‘n terugskouing na ‘n baie dramatiese periode in die geskiedenis van die kerk en teologie in Suid-Afrika, en veral op die rol wat die verskillende Gereformeerde Kerke gespeel het.

In 1960 het die Sharpeville onluste plaasgevind – ‘n geleentheid wat skokgolwe deur die land gestuur het en ook internasionaal opspraak verwek het.  In 1990 het die Staatspresident van daardie tyd, F.W. de Klerk, sy bekende toespraak gelewer waarin hy verskeie politieke partye ontban het, onder andere die ANC, en die  vrylating van sommige politieke gevangenes aangekondig het, waaronder die mees prominente Nelson Mandela. Dit het ‘n oorgangsperiode ingelui wat gelei het tot die eerste demokratiese verkiesing in 1994.  Ook in die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis dien 1960 en 1990 as belangrike historiese bakens.  In 1960 vind die belangrike en kontroversiële ekumeniese kerk-konsultasie plaas by Cottesloe (in Johannesburg) en in 1990 vind nog ‘n gebeurryke konsultasie plaas naby Rustenburg.  Die dekades tussen 1960 en 1990 was, sonder twyfel, ‘n dramatiese periode in die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis en kerke, ekumeniese liggame, kerkleiers en teoloë het op verskillende wyses op die realiteite van apartheid in Suid-Afrika gereageer. Die kerk se “stryd” teen apartheid in Suid-Afrika is in verskeie artikels en boeke opgeteken, waaronder John de Gruchy se invloedryke boek The Church Struggle in South Africa (1979, 1986, 2005).  Tog is daar steeds baie werk wat gedoen moet word. Die behoefte bestaan om weer te gaan kyk na die rol wat kerke en teologie in die kerkstryd gespeel het, en om dit op ‘n verantwoordelike wyse histotografies te ontgin. Hierdie konferensie poog om hierdie behoefte aan te spreek.

Die doel van hierdie konferensie is om met mekaar in gesprek te tree oor belangrike figure, gebeure, tekste, praktyke en (teologiese) strominge van hierdie tyd. In die proses is dit belangrik om te kyk na die rykdom van beskikbare herinneringe, asook na historiese bronne en dokumente. Die idee is egter nie om net chronologies te kyk na die historiese gebeure tussen 1960 en 1990 nie, maar ook om te ondersoek hoe hierdie gebeure, persone, praktyke ensovoorts die kollektiewe geheue van mense en gemeenskappe beïnvloed het en steeds beïnvloed.  Hoe word hierdie gebeure  vandag steeds onthou en watter rol speel dit in die vorming van ons nou verweefde identiteite?

Hierdie konferensie berus egter ook op ‘n verdere oortuiging, naamlik dat die onderskeie geskiedenisse van die Gereformeerde gemeenskappe in Suid(elike)-Afrika nie in isolasie van mekaar bestaan nie, maar onlosmaaklik interverweef is aan mekaar. Alhoewel hierdie stelling die deur open vir teenstrydige weergawes van ons gesamentlike verlede, glo ons dat dit sal lei tot ‘n meer verantwoordelike omgaan met die verlede.

6 thoughts on “Apartheid en die kerk in Suid Afrika. Nou probeer hulle dit alles goed praat.

  1. Julle godbots verstaan nie hoe rasionele denke werk nie. Vir ons ateïste kom die realiteite van die Natuur eerste; die wonder van evolusie, wiskunde, fisika, ensovoort, en ons ateïsme kom as ‘n gevolg daarvan , en is nie die oorsaak nie. Irrasionele denke en hersenskimme kom vir julle godbots eerste, en die realiteite van die Natuur word met ‘n skoenlepel in julle gelowige skoen inforseer om julle verwronge persepsies daarvan te akkommodeer. En dan het julle die vermetelheid om te dink rasionele mense moet soos julle dink.

    Like

  2. Kyk nou net hier hoe verander julle die geskiedenis om in julle gelowige skoen (wat jaarliks verander) te pas. Nou was die kerk deel van die struggle gewees, terwyl elkeen wat wou sien gesien het hoe Apartheid “deur God ondersteun word”. Julle godbots is ‘n verleentheid vir die ontwikkelde mens!

    Like

  3. Presies Savage. Indien die oorgang na demokrasie nie in 1994 plaasgevind het nie, kan jy met relatiewe sekerheid verklaar dat die NG kerk nooit hul posisie oor apartheidsbeleid sou verander nie. Hulle sou vandag steeds die beleid verdeidig op gond van hul dogma.

    Maar vandag, wat praat die dooms vandag? Ek sou so bitter graag van die preke van destyds op band wou terugspeel aan die oompies wat vandag ‘n ander deuntjie sing. Skaamteloos volg hulle die pad van minste weerstand. Skaamteloos was hulle vandag voete, terwyl hulle nie so lank gelede nog die kinders van SA met hel en vuur gedreig het indien hulle afwykend optree teenoor hul dogma. Dit is skreiend, maar nog meer skokkend is die feit dat so min mense ‘n les hieruit geleer het. Hul donder maar steeds aan agter die menigtes n volg die roete van minste weerstand.

    Daar sal ‘n dag kom (miskien eers 100 jaar van nou af, maar hy gaan kom) wanneer die meerderheid bv evolusie as die waarheid wat dit is sal aanvaar. Die hoofrede hoekom die menigtes dit sal aanvaar, sal egter nie nugter denke wees nie, maar goeie ou groepsdruk. Net soos wat meeste vandag aanvaar dat die aarde om die son wentel. Die proses word gewonlik ge-“kickstart” deur ‘n nuwe teorie of ideologie wat aanvanklik deur min aangehang ord. Soos wat bewyse ophoop, sal die klein groepie rasioneles ondersoek instel en ‘n posisie inneem. Hierdie groepie sal groei indien bewysbare feite die teorie ondersteun. Soos wat die groepie groei sal die “Huisgenootlesers” sterk teenkanting bied en beswaar aanteken. Mettertyd raak die bewyse so oorweldigend dat ‘n gedeelte van hierdie groep begin toegee. Daarna is dit net ‘n kwessie van tyd voor die res swig. Om die voorbeeld van evolusie te neem: Vir meeste gerespekteerde akademeci is die evolusie teorie ‘n werklikheid en ‘n feit wat lankal nie meer oor geargumenteer word nie. Die “Huisgenootlesers” skop egter sterk tee. Die kerke besef dat hul baie steun (en geld) sal verloor indien hul dit openlik steun. ‘n Paar enkeles binne die kerkgroepe kan egter nie meer met hierdie oneerlikheid saamleef nie en maak tan stellings wat ‘n Dawkins sal trots maak. Gee hulle genoeg tyd en hulle sal evolusie 100% steun MAAR natuurlik op so ‘n manier sodat hul steeds hul dogma kan propageer. Wanneer jy jou oë uitvee is die aarde rond, wentel om die son, aparteid was verkeerd (en “ons het dit nooit werklik aangehang nie”) en evolusie word deur ons “Huisgenootlesers” aangehang vir die feit “wat dit nog altyd was”…….maar “ons glo steeds in ons gotte”.

    Like

    • In die kol, Malherbe. Toe Copernicus sy heliosentriese teorie in 1543 gepubliseer het, het nie veel mense (en beslis nie die Roomse Katolieke Kerk) hom ernstig opgeneem nie. Galileo se teleskoop het die heliosentiese teorie bevestig. Kepler se wette wat die teorie wiskundige formulering gegee het in die 1620’s, en Newton se bydraes ter verfyning van die wiskunde daarna, het nie die verbanning van alle heliosentriese publikasies in 1664 deur die RKK vehoed nie. Hierdie verbanning is eers in 1758 opgehef, maar eers in 1822 kon heliosentriese publikasies in Rome plaasvind. So dit wys maar net hoe ver die kerke agter die wetenskap is. Ou Analfa glo nie in evolusie nie, want sy kerk laat hom dit nie toe nie. In plaas van vir himself te dink, volg hy sy gode slaafs na. What a life!!

      Like

  4. Goed gestel Malherbe. Ek sien Alan Boesak is ook een van die sprekers.

    Dis soos ‘n klomp SS lede wat na die oorlog bymekaar kom en vir die wereld en mekaar probeer vertel hoe hulle die hele Holocaust probeer stop het. Net ‘n gelowige kan hierdie kak glo. Hulle het lankal alles mooi onder die mat in gevee en hulle hande in onskuld gewas.

    Hulle heilige ou boek kon nie eens die eenvoudigste basiese vraag oor mense regte reg kry nie, nl. die besit van slawe. Self hulle kosbare ou jesus het sy volgelinge vertel hoe jy jou slaaf mag straf. Jy kan hom maar slaan, maar nie dood slaan nie. Hulle hero jesus was maar ‘n poepol gewees. Hoe mense in sulke kak klan glo weet die fok alleen.

    Hoe gaan dit met Batgod?

    Like

  5. “Christianity is like a big, chunky sweater. It may feel cosy, it may keep you warm, but just let one stitch be dropped and the whole thing unravels before your very eyes. Evolution is that stitch. Evolution destroys the loving creator on which the whole of Christianity depends. I can quite understand why the evangelicals throw up their hands in horror at the very idea of it and will do everything in their power to suppress it. But they can throw up their hands all they like: it won’t make any difference to the reality. All that will be achieved by their determined efforts to keep young people misinformed about it is that another generation of Americans will be condemned to ignorance, unable to understand the world around them properly, and at a real disadvantage when having to deal and compete with their peers from more enlightened countries. Wilful ignorance is a choice; evolution is not.”

    (Paula Kirby)

    Like

Leave a comment