36 thoughts on “Intelligent Design – Helping stupid people feel smart since 1987

  1. Dit moet darem lekker wees om al die wetenskaplike bevindinge van evolusie omver te werp en te glo aan ‘n opperwese.

    Die probleem is net dat dit ‘n skrille refleksie is op jou intellek as mens. Feite word geïgnoreer want dis makliker om stories op te maak as om ‘n ingesteltheid te ontwikkel deur die wetenskap noukeurig, op ‘n daaglike basis, te ondersoek. Dit is hoekom so baie mense (selfs vriende) prontuit verklaar hulle stel nie belang om wetenskaplike literatuur te lees nie.

    Moeë, onontwikkelde brein – oppervlakkige intellek.

    Salig is die armes van gees, want hulle sal die ewige lewe erwe.

    Like

  2. Hoeveel evolusie-boeke wil jy nou hê moet ek lees – is lankal alles daaroor vertel tydens my studies – was baie vervelig dankie. En die nonsens word nou selfs ook in die skole verkondig – gelukkig het meeste kinders en onderwysers die common sense om dit te verwerp. Hoeveel rekenaar boeke het jy al gelees? Rekenaars is baie meer relevant in vandag se samelewing. Wat baat dit enigiemand om te weet watter apie in watter ander apie gemuteer het?

    Like

      • Ja, ek’s dalk dom, maar jy’s dom onnosel verby – jy’s so vrek stupid om te dink Christene dink rekenaars is deur God geskape. Ai, ou, is jy for real?!? Gaan lees jou MAD magazine boekies en los rekenaars vir die ouens wat dit verstaan. Smaak my my kennis van die Afrikaanse taal is ook ver meer as joune – jy ken klaarblyklik net so 4 of 5 byvoeglike naamwoorde. Hoor by Malherbe of hy jou nie dalk die spelling van nog ‘n paar kan leer nie.

        Like

    • Die mediese wetenskap het die mens se gemiddelde leeftyd omtrent verdubbel die afgelope 100 jaar of so. Was dit nie vir die kennis en begrip wat navorsers van evolusie gehad het nie, sou dit nie gebeur het nie. Jy leef in ‘n wêreld waarin jou geloof jou so afstomp vir wetenskaplike feite dat jy dit “vervelig” vind. Dis nie vervelig nie Analfa, dit is ‘n wonderlike wetenskap-dissipline, maar jou gebrek aan intellek wys maar net hoe onsettend agter jy is. (Maar jy hou van die fisika. En jy weet nie eers jy verstaan maar bitter min daarvan af nie. Jy lewe in ‘n self geskepte droom wêreld.) Lees bietjie hierdie artikel:

      http://www.pnas.org/content/107/suppl.1/1800.full

      Like

      • Dis rekenaars wat dit moontlik maak vir wetenskaplikes om die navorsing te doen. En Savage, shame, jy weet niks daarvan nie – leef in die oertyd as jy my vra. Verduidelik vir my hoe masjientaal werk (terloops ek het ‘n baie goeie kennis daarvan), dan sal ek jou permissie gee om jou PC aan te skakel. Dit is mos jou eie self-opgestelde kriteria. Wie sê vir jou ek weet niks van fisika af nie – wat is jou kwalifikasies dat jy kwansuis iets daarvan of van evolusie weet? – Oja en ek soek bewyse 🙂 En onthou, sonder rekenaars kon die menslike genoom nie ontsyfer word nie. Gaan verbou ‘n paar tabakplantjies en dan kruis jy hulle met vuurvliegies, asb. man.

        Like

        • Analfa, jou redenasies het gedaal tot ‘n vlak wat net ‘n godbot in staat toe is. Die DNA struktuur en die aminosuurkodering het glad nie van rekenaars afgehang nie, maar van slim navorsers. Rekenaars maak die proses van “number crunching” vinniger maar wie dink jy doen die programmering?

          Ek het begin programmer in “Assembler” in die 60s, werk nou in “Visual Basic” maar dis maar meer ingenieurs “number crunching and simulations”, so dis hoekom ek sê ek weet nie veel van computers nie. Ek gebruik hulle wel baie in my werk en skryf meestal my eie programme, maar gebruik ook ontwerp software soos Autodesk Design Review.

          Al jou sarkasme sal nie die feit laat verdwyn dat jou fisikakennis power is nie. Aanvaar dit en probeer liewer jou kennis opbou deur wetenskapboeke te lees as om so te kere te gaan. Ek kan ‘n paar boeke vir jou aanbeveel as jy belangstel.

          Like

          • Ek kan net byvoeg dat toe Fortan uitgekom het was dit darem baie makliker om te programmeer. (Assembler was maar ‘n bliksem.) Daarna toe die eerste IBM PCs uitgekom het in die middel 70s het ek met Basic begin werk; toe gw Basic, toe Quick Basic en nou Visual Basic. Waarin programmeer jy, Analfa?

            Like

            • Eers verklaar die swaap hy is goed geskool in fisika. Toe dit duidelik word dat sy fisika kennis ten beste uiters oppervlakkig is, besluit die swaap hy is ‘n programmeerder par excellance. Wat is volgende? Helicopter pilot?

              Analfa kan miskien bietjie programmeer ( of nie), maar miskien is die meer relevante punt dat hyself van kindsbeen geprogrammeer is om die stront te glo wat hy glo. Hy is met ‘n godvirus geprogrammeer en nou verkondig hy aan almal wat in sy verotte brein aangaan. Soos hulle in rekenaar terme sou sê: “Garbage in, garbage out.”

              Like

              • Jy’t duidelik geen grip op die wêreld van rekenaars nie – fokus eerder op speltoetsies merk. Ek sien jy’t nog nie verklaar dat jy ‘n ekpert in een of ander dissipline is nie, wat vir my baie snaaks is – seker is jy nie.

                Like

            • Laat ek so sê – ek ken ook Assembler, Visual Basic, GW Basic, Quick Basic (nie Fortran nie), en nog ‘n helse spul ander wat baie moeiliker en meer advanced is. So nou ja, jy beweer jy weet meer van fisika af, dus is ek ‘n moroon, ek weet meer van programmering af, dus is jy ook ‘n moroon.

              Wat was jou oorspronklike punt nou weer gewees? Oja, dit maak nou skielik nie meer sin nie. Moet jouself nie voorhou as ‘n genie as jy dit nie kan backup nie, hoor. (julle wil mos alle “bewys”)

              Like

          • So jy weet amper niks van rekenaars af nie – enige aap kan ‘n ou programmetjie of 2 skryf. Heel ander ding om byvoorbeeld die stelsels te skryf wat groot maatskappye gebruik. Maar jy gebruik hulle wel? Nou ja, ek weet ook nie die fynste detail van die fisika af nie – jy ook nie, soos dit ver my lyk. Maar nou mag ek kwansuis nie daarin belangstel nie? Julle het darem vreeslike dubbele standaarde – dan dink julle Christene is skynheilig. Julle is die grootste skynheiliges – weet nie veel van die wetenkap nie, maar kwansui bewys dit God bestaan nie. Ek vat nie julle nonsens ernstig op nie.

            Oja, die menlike genoom sou in die volgende 100 jaar nie ontyfer gewees het as dit nie was vir rekenaars nie – dit was integraal tot die proses. So moenie dink die wetenskaplike kennis wat ons het is nie afhanklik van rekenaars nie. Sterrekundiges kyk lankal nie meer met hulle ogies deur teleskope nie – hulle kyk na rekenaarskerms. Jou werk berus ook op rekenaars – hoe gaan jy jou job kan doen sonder rekenaars? Jy kan nie.

            Ek sal aanhou om die fisika te volg, want dis vrek interresant – dit bring ons nader daaraan om God se handewerk te verstaan, en vir Hom ook.

            Jy’s maar net soveel van ‘n moroon as wat jy my wil uitmaak om te wees.

            Like

            • Analfa, die oorspronklike argument was dat jy verklaar het jy weet iets van fisika af. Aangesien jy soveel nonsense in die algemeen praat, het ek jou ‘n paar elementêre vrae gevra. Jy het met onderskeiding gedop. Ek dink nie jy is ‘n moroon omdat jy nie veel van ‘n begrip van die fisika het nie, ek dink net jy is òf ‘n leuenaar òf jy het geen begrip van wat dit behels om ‘n basiese kennis van ‘n vakgebied te hê nie. Ek het geen illusies omtrent my vermoë in IT nie. Maar ek sê dit prontuit en probeer nie hier vertel ek is ‘n ekspert nie.

              “Nou ja, ek weet ook nie die fynste detail van die fisika af nie – jy ook nie..”

              Jy weet sweet-blou-boggeral man. En ek het geensins ooit hier vertel ek is ‘n fisikus nie.

              “Ek sal aanhou om die fisika te volg, want dis vrek interresant – dit bring ons nader daaraan om God se handewerk te verstaan, en vir Hom ook.”

              Jy het geen begrip wat dit beteken om die fisika te volg nie. En om jou god deur fisika te sien, wys net dat jou begrip van jou god maar power is, want jou kennis van fisika is power.

              Like

              • Raak jy nou seniel of wat? Waar het ek beweer ek is ‘n fisikus? Ek is wel oortuig ek weet baie meer as jy, want jy kon nog nooit die teendeel bewys nie. Maar dit maak nie vir my saak nie. Ek vind dit wel vrek interessant. Julle ouens moet regtig begin lees wat mens skryf. Ek twyfel of jy eens van die soektog na die Higgs boson geweet het, of geweet het wat dit is, todat jy die hoofopskriffies gesien het – ek volg daai soektog al lank. Maar nou ja, dis die verskil tussen die wetenskap-gospel en die regte gospel, né? Die wetenskap gospel is mos net vir “intellektuele” apies – die ware gospel is vir alle mense – slim of dom. Dis vir jou ook, Savage, en jy hoef nie ‘n intellektuele reus te wees om die boodskap te kan verstaan nie.

                Like

                • “Ek is wel oortuig ek weet baie meer as jy, [van fisika] want jy kon nog nooit die teendeel bewys nie.”

                  Analfa, jy weet boggerall van fisika, maar die grap is jy weet dit nie eers nie.

                  Like

  3. Edward O Wilson, renowned biologist explains why science and religion are incompatible.

    It will be useful in taking a second look at science and religion to understand the true nature of the search for objective truth. Science is not just another enterprise like medicine or enginerering or theology. It is the wellspring of all the knowledge we have of the real world that can be tested and fitted to preexisting knowledge. It is the arsenal of technologies and inferential mathematics needed to distinguish the true from the false. It formulates the principles and formulas that tie all this knowledge together. Science belongs to everybody. Its constituent parts can be challenged by anybody in the world who has sufficient information to do so. It is not just ‘another way of knowing’ as often claimed, making it coequal with religious faith. The conflict between scientific knowledge and the teachings of organized religions is irreconcilable. The chasm will continue to widen and cause no end of trouble as long as religious leaders go on making unsupportable claims about supernatural causes of reality.

    Like

  4. Gaan jy nog steeds aan oor die sogenaamde incompatibility? Die mens se ganse wetenskap kennis is maar baie aan die gebrekkige kant. Daar’s nog baie dinge soos bv. teleportasie, telepatie, lewe elders in die heelal, supervinnige rekenaars, etc. wat nog ontdek moet word en dinge soos time travel wat nog reg of verkeerd bewys moet word. Die wetenskap kan jou nie eens vertel hoeveel dimensies ons heelal het nie.

    Geeneen van die hedendaagse teoriee kan bewys dat daar nie ‘n God is nie. Skryf gou vir my die formule neer wat bewys God bestaan nie – aan die hand van ‘n grafiek, asb.

    Like

    • “Geeneen van die hedendaagse teoriee kan bewys dat daar nie ‘n God is nie.”

      Jy beweer jy het ‘n hoë IK, maar ‘n eenvoudige wetenskaplike beginsel kan maar nie in jou brein posvat nie. Die onus berus op jou om te bewys daar is ‘n god(e). Die wetenskap werk volgens die Wetenskaplike Metode; observasie, postulasie, eksperimentasie en verifikasie. Jou gode bly maar in die ewige duisternis as jy hulle op hierdie metode wil bewys. So wat doen jy? Jy skep jou gode in jou kop en verwag wetenskaplikes (en enige regdenkende mens) moet die stront glo.

      Praat van ‘n hoë IK. Nie maklik nie!.

      Like

      • Nee, die onus rus op jou om jou stellings te bewys – ek probeer nie om God vir jou te bewys nie. Ek wys vir jou uit dat jy geen grond het om op te staan dat God nie bestaan nie. Jy kan dit nie aanvaar nie, want jy kan dit nie bewys nie. Jou persoonlike opinie is een ding. Maar om te verklaar God bestaan nie – jy het geen bewyse nie. As jy beweer God bestaan nie, dan rus die onus op jou om dit te bewys. Daar’s ook geen rede om te verklaar dat die wetenskap dit eendag sal kan bewys nie, want selfs daai aanname kan jy nie bewys nie.

        Jy’t bewyse vir niks, so jy kan geen stellings maak oor God se bestaan of nie. Jy begin nou dieselfde nonsens as Malherbe kwytraak. Jy veronderstel ek wil vir jou bewys God bestaan – ek wil nie, want dis jou keuse om te glo of Hy bestaan of nie. Ek getuig vanuit my persoonlike verhouding met Hom.

        Geen wetenskaplike teorie is al bevestig as die be-all-end-all theroy of everything – hoekom dink jy doen hulle nog so vreeslik navorsing? Moenie van my verwag vir bewyse vir my standpunt, as jy selfs minder as niks bewyse vir joune het nie.

        My oë is oop vir die wetenskap en wat die rol daarvan is. Iemand soos Malherbe kan nie eens insien dat telapatiese kommunikasie ‘n goeie kans stand om ‘n realiteit te word nie.

        Julle oë is ongelukkig bot toe – dis ‘n jammerte.

        Like

          • “Maar om te verklaar God bestaan nie – jy het geen bewyse nie.”

            Fok maar jy is dom! En jy sê jy het ‘n hoë IK en verstaan fisika, maar jy kan nie in jou kop kry dat as jy ‘n stelling maak (soos hier dat jy ‘n god het) die onus op jou rus om hierdie stelling te bewys. Maar jy kan dit nie bewys nie, dus ignoreer jy die Wetenskaplike Beginsel en hou aan op jou irasionele noot.

            Like

            • Wetenskaplike beginsel se gat – jou god is die wetenskaplike beginsel. Die wetenskaplike beginsel is deur mense uitgedink. Lekker dom om te verklaar iets bestaan nie omdat die wetenskap dit nie kan bewys nie. Dis darem baie basiese beginsels, boet. Gestel jy glo God bestaan – jy kan dit nie bewys nie. Gestel jy glo God bestaan nie – jy kan dit OOK nie bewys nie. Verstaan jy wat ek bedoel of moet ons begin prentjies teken??? Is A reg of is B reg? As jy kan bewys A is verkeerd, dan is B reg. As jy kan bewys B is verkeerd, dan is A reg. As jy nie kan bewys A of B is verkeerd nie, dan kan jy geen verdere aanname maak nie – jy kan dus nie bewys A is reg of B is reg nie. Het jy al ooit gehoor van die beginsel? Kry dit baie in wetenskap en ook in rekenaarwetenskap. Dis nie rocket science nie – gaan steek bietjie kers op by ‘n laerskool onderwyser.

              Like

              • Analfa, na bg drek wat jy kwytraak, moet jy asseblief nooit weer vir ons kom vertel watter passie jy vir fisika het nie. Dieselfde beginsels rakende bewyslas wat op die res vd wetenskap van toepassing is, is ook op fisika van toepassing. Die stellings wat jy hierbo maak is so verregaande, ek weet eerlikwaar nie waar om te begin nie.

                1. “Wetenskaplike beginsel se gat” – ja, deur al jou skrywes is dit baie duidelik dat jy jou nie veel steur aan wetenskaplike beginsel nie. Jy maak sommer jou eie reëls op soos jy aangaan. Werklik voortreflik my ou.
                2. “Lekker dom om te verklaar iets bestaan nie omdat die wetenskap dit nie kan bewys nie.” – so deel bietjie die wysheid van die Analafa metodiek met ons.
                3. Die lawwe relaas oor “A” en “B”. – Analfa, hoeveel keer moet ons nog aan jou verduidelik dat die bewyslas berus by die persoon wat die eis maak. Jy verklaar jou gotte bestaan. Ons eis die bewys. So eenvoudig soos dit. Dit is onmoontlik om ’n negatiewe te bewys nie en dit is dus laf om van ons te verwag om te bewys dat jou gotte NIE bestaan nie.

                Maar ek verwag nie van jou om bg te begryp nie Analfa. Jy is waaragtig so dig, lig buig waarskynik om jou (bietjie fisika, net vir jou).

                Maar as jy die game wil speel – Ek glo in die bestaan van Batgod. Ek glo dit werklik. Bewys nou asseblief dat Batgod nie bestaan nie. Effe onregverdige eis, nie waar nie Analfa? Of dink jy nog steeds jou lawwe argument (as mens dit ’n argument kan noem) is geldig? Wat rook jy ou snaar?

                Like

                • Nee jou aap, ek hou van die wetenskaplike beginsel, maar jy probeer dit as verskoning gebruik. Ek beweer nie God bestaan nie, ek weet dit. Of jy dit glo of nie is jou saak. Jy beweer God bestaan nie, en ek eis die bewyse by jou. Maar somehow voel jy jy hoef geen bewyse te gee nie. Dis hoekom ek so lekker lag vir julle absurdhede – aan die een kant soek julle bewyse en aan die ander kant het julle niks bewyse van julle eie nie. Ek voel ‘n veer vir jou Batgod en of jy sy bestaan vir my wil bewys of nie. Dit pla my regtig nie – dit wys net vir my hoe onkonsekwent jy is. Jy moet regtig nou besluit waarin jy glo, hoor. Dat jy tog so bietjie rus en vrede in jou gemoed kan kry. Shame man.

                  Like

                  • Het hierdie tipe antwoord verwag. Dis eenvoudig Analafa – jy kan nie my Batgod se nie-bestaan bewys nie. Pas nou jou eie lawwe argument hierop toe.

                    Hiermee erken jy dus jy verloor (alweer). Gaap, gaap, alweer in ‘n hoek. Niks het verander nie.

                    Like

                    • En presies hoekom moet ek iets bewys? Ek worry nie of jou Batgod bestaan of nie. Hoekom moet ek? Al wat ek dink is hoe kinderagtig die stelling van jou is.

                      Like

              • “Die wetenskaplike beginsel is deur mense uitgedink.”

                Ja, maar die wetenskap reguleer hierdie beginsel. Hierdeur is mense op die Maan gesit en veilig teruggebring. Wie of wat reguleer julle aanbidding tot julle gode? Elke 2de poepol het sy eie interpretasie van wat in die Bybel staan. Elke 3de poepol stig sy eie kerk. “Intercessory” gebede is bewys beteken niks – julle gode luister nie na julle geprewel nie, al raak julle knietjies blou.

                Ons israsionel mense en ons dink dinge uit wat werk. Julle is irrasionele mense en julle koppe raas.

                Like

                • Ja, die wetenskap het. Die probleem wat ek met jou interpretasie het is dat ek nie jou opinie vir soetkoek opeet nie en die wetenskap gee jou ook geen bewyse nie.

                  Like

  5. Ai Analfa, weereens baie dankie vir die vermaak wat jy op ‘n andersins baie vervelige Sondagaand veskaf. Jy verskaf beter komedie as enige DSTV kanaal. Jy’s seker nie ernstig oor telepatie nie ne? Ag toe, sê jy maak ‘n grap jou ou lawwe ou. Te kostelik vir woorde.

    As daar nou een ding is wat ek in die ou lewe geleer het, dan is dat wanneer iemand dit nodig ag om te verkondig hoe slim hy is of watter kenner hy op sekere gebiede is, die teendeel gewoonlik waar is. Jy dop die toets met vlieënde vaandels ou Analfa. Jy hoef my regtig nie te vertel hoe slim jy is nie. Jou powere pogings tot redevoering op hierdie blog verskaf oorgenoeg data vir my om my eie afleidings te maak.

    En nee, ek gaan jou nie vertel wat my agtergrond is nie, bloot omdat ek nie dink dit lewer enige bydrae tot die debat nie. (Aangesien jy dit so “snaaks” vind.) Ek sal eerder poog om my argumente sinvol en goed-deurdag aan jou voor te lê en daardeur hopelik illustreer dat ek nie my kwalifikasies hoef voor te hou om respek te verdien nie.

    Laastens, ek vermoed jy het ‘n behoefte tot erkenning – tipies van iemand wat aan ‘n ernstige graad van minderwaardigheid ly. Ek vermoed ook jy beskik waarskynlik oor beperkte formele kwalifikasies en dit knaag aan jou. Moenie dat dit jou pla nie Analfa. Doen eerder iets daaraan – gaan studeer verder of lees bietjie dieper. Daar’s altyd hoop solank daar ‘n wil is ou perd.

    Like

    • Ag ek’s bly en helder jou saai bestaan so bietjie op 🙂 Groot plesier. Daar’s anyway niks op die DSTV kanale wat die moeite werd is om te kyk nie – TV is so passief.

      Ek verkondig nie hoe slim ek is nie, maar dat julle IK’s ver afsteek by myne is skaars betwisbaar.

      So dan moet jy seker maar ‘n moroon wees, as jy nie eers oor jou agtergrond kan uitwei nie – in ‘n debat oor intellektuele vermoeens, beskou jy dit nie as relevant nie. Dit maak nou sin?!?

      Jammer, maar vir jou argumente het ek ook nog nooit veel respek gehad nie – die eerste les in debatvoering is dat jou taal suiwer moet wees – om vulgerder as Casper de Vries te praat gaan nie maak dat iemand jou standpunt wil ondersteun nie.

      Ek het nie die behoefte aan erkenning waarvan jy praat het – het oorgenoeg goeie vriende wat my nie op blogs agter my rug sal beskinder soos ou Brokkels so lief voor is nie. “Ek het ‘n Christenvriend ….” tipe van ding jy weet – shame, sy arme buddies.

      Maar sê jou wat, ek sal al my buddies van jou vertel 🙂

      Ek’s ook glad nie skaam oor die kwalifikasies wat ek het nie en ek gaan definitief nooit weer verder swot nie – het dit vir hopeloos te veel jare gedoen. For interest sake, watse kwalifikasies dink jy het ek?

      Like

      • “Ek verkondig nie hoe slim ek is nie, maar dat julle IK’s ver afsteek by myne is skaars betwisbaar.”

        Analfa, jy wil graag die slimste persoon in die kamer wees. Maar jy is nie die slimste persoon in enige rasionele persoon wat hierdie blog lees se oë nie. Malherbe is heeltemal reg dat jy ‘n minderwaardigheids kompleks het en dit wys daagliks net meer.

        Like

  6. http://en.wikipedia.org/wiki/Telepathy

    “Kevin Warwick of the University of Reading, England is one of the leading proponents of this view and has based all of his recent cybernetics research around developing technology for directly connecting human nervous systems together with computers and with each other. He believes techno-enabled telepathy will in the future become the primary form of human communication”

    Gaan lees gerus, dis baie interessant – lyk my nie jy’t ‘n “open mind” nie en het duidelik nie veel vertroue in hoe ver die wetenskap eventueel kan ontwikkel nie.

    Like

    • Hey Malherbe, het jou oë al bietjie oopgegaan vir die moontlikhede van die wetenskap? Lyk my jy onderskat die vermoë daarvan?

      Like

      • Daar’s ‘n moerse verskil tussen die begrip telepatie en dit wat in die artikel geskryf staan (techno-enabled telapathy). Maar ek verwag nie dat jy dit sal verstaan nie Analfa.

        Like

Leave a comment