13 thoughts on “It is in the bible……. Stone your own children to death.

    • “They’ll stone you when you’re trying to be so good
      They’ll stone you just like they said they would
      They’ll stone you when you’re trying to go home
      They’ll stone you when you’re there all alone
      But I would not feel so all alone
      Everybody must get stoned”

      Like

  1. Ja die godbots sal natuurlik sê dat dit die ou interpretasie van die boek van fabels is – Analfa, lê asseblief vir ons die huidige bedoeling uit wat in Deuteronomium geskryf is.

    Die godbots is ‘n lagwekkende spul. Hulle boek van fabels het so ‘n klomp kak in, maar hulle kyk dit mis.

    Like

      • Wha-ha-ha-ha-ha-ha-ha-ha-ha-ha-ha-ha-ha!!!!!!! Nog ‘n perel van faktapgeid deur ons eie Analfa. Amazing hoe jou bronstydperk storie boek so baie interpretasies het vir ‘n klomp kak wat op papier gedruk is. Beslis nie die werk van ‘n lewende spook nie, maar wel die werk van ‘n klomp mal bok herders wat vrouens soos vee behandel het.

        Like

        • Ja, en wanneer hulle deur hul eie toedoen diep in hul grotte toegemessel is, beskaam eerlikheid nogmaals. Savage vra n redelike vraag wat n eerlike antwoord verdien. Maar nee, dis blykbaar in orde om vir die gotte te lieg. Analfa se lafhartigheid sien mens daagliks onder godiote – ook dominees. Werklike n jammerlike spulletjie.

          Like

  2. Een argument wat die godbots gereeld opbring is dat sekere fisiese natuurkonstantes die bewys van hulle gode bewys. As van die konstantes net ‘n effense ander waarde gehad het, sou ons nie vandag hier gewees he tom die heelal te aanskou nie. Selfs wetenskaplikes soos Martin Rees (Britse Astronomer Royal) en John Barrow (niks juis snaaks met hom om dit te sê nie want hy is ‘n Templeton prys wenner, d.w.s in die godbots se gatte opgekruip). Maar nou het Victor Stenger, fisikus, ‘n boek geskryf waarin hy die wanbegrip van die “fine tuning” (en dus, siedaar God) dogma baie mooi en wetenskaplik aan die kaak stel. (The Fallacy of Fine-Tuning. Why the Universe is not designed for us.)

    Mens kan in ‘n oomblik van swakheid die ou godbots jammer kry. Ek meen nou, hulle argumente vir die bestaan van hulle gode raak al minder en minder.

    Like

  3. Ek kry hul lankal jammer Savage. Kan jy jou indink hoe skrikwekkend dit moet wees wanneer jou selfgeskepte pilare van steun een vir een omval? Party godiote leef letterlik vir hul gotte en soos met enige dwelmmiddel, kan hul nie aangaan daarsonder nie. Hul enigste opsie is om kop in die sand te ontken dat hul n probleem het – soortgelyk aan dwelmverslaafdes, maar met die verskil dat hulle die res vd gemeenskap saam met hulle wil aftrek.

    Like

  4. ” ..dat hulle die res vd gemeenskap saam met hulle wil aftrek.”

    Hierdie gedrag van die godbots het my al baie laat dink, Malherbe. Ek glo nie aan ‘n god nie maar ek los ander uit wat wil glo. Maar dink jy hulle los my en my kinders uit – glad nie. Evolusie moet uit die skole verban word, vergaderings moet met gebed begin word, gays word verdoem, ens., ens. Dit het my laat dink dat hulle self sterk twyfel aan hulle gode se bestaan en wil hulle omring met saam-praters en saam-singers en saam-dwepers. En as jy nie by hulle wil inval nie, is jy verdoem en ‘n paar honderd jaar gelede is jy verbrand op die brandstapel. Die wetenskap maak hulle wêreldjie al kleiner en daarom word die wetenskap aangeval. Hulle is voorwaar ‘n betreurenswaardige ou spul.

    Aan die godbots: gaan kerk toe en doen al die dinge wat julle saam wil doen, maar los ons uit en julle sal sien ons los julle uit.

    Like

  5. Ja Savage, ek vermoed al lankal dat die spulletjie glad nie so seker van hul gotte is nie. ‘n Tyd terug het ek ‘n persoonlike krisis beleef – toe die 10de ou my vertel hoe hy vir my sal bid, kon ek dit nie meer hou nie en vertel hom toe wat hy met die dwepery kan doen. Kort voor lank hoor ek deur die “grapevine” dat Malherbe “kwaad is vir God”.

    Wanneer gaan die godiote besef dat ons outjies nie in gotte glo nie? Dat mens nie kan kwaad wees vir iets waarin jy nie glo nie? En dat n handdruk meer beteken as die alewige gebiddery aan hersenskimme? Die mensdom sal ongetwyfeld beter af wees wanneer almal besef dat elke ou meesal sy eie heil bepaal en verantwoordelikheid wat daarmee saamgaan aanvaar.

    Like

  6. Ongelooflike stuk werk, Savage.

    Die godiote sal ons natuurlik vertel dat hul gotte deur die mens werk. Indien dit so is, het die gotte n ver pad gekom van 2000 jaar terug wanneer vergelyk word met die advies aan bokherders. Lyk my selfs die gotte spring die kragte van evolusie nie vry nie.

    Like

Leave a comment