118 thoughts on “A prayer worth a damn

  1. Sorry, I fail to see the humour in this, especially if you have personal experience with someone close to you who is currently or has battled with alcoholism. I’ve had ppl very close to me battle with this evil. I know of ppl who have lost their battle to this evil. Nothing funny about a “daily foamy head”. And no excuse for drunk driving either. Recently heard again of a drunk driver who killed an innocent cyclist. It’s no laughing matter. Nothing wrong with enjoying a drink responsibly, but alcoholism cannot be condoned in any way. McBrolloks, grow some morals, please. This goes a bit far, even for you.

    Like

    • Dankie, man, ek relax lekker baie – sonder om myself dood te hoef te suip. Dis baie goedkoper en mens se kinders respekteer jou baie meer. Ek neem maar net standpunt teen seker goed in – dis maar wat mense doen wat ruggrate het.

      Like

        • En jy’t die brein van ‘n amoeba. 🙂

          Ek weet wat ‘n amoeba is, maar vra maar eerder vir Savage vir ‘n verduideliking van waar hy by evolusie inpas – ek hou nie daarvan om soveel stront op papier te sit nie.

          Like

          • Jy hou daarvan om soveel stront op papier te sit nie, seg jy? Dis nuus! Jou heilge boekie is een groot versameling van strontstories wat jy as waarheid wil opdis….maar Analfa praat nie stront nie.

            Die onsekerheid vreet maar aan ‘n ou, ne Analfa?

            Like

            • “Jou heilge boekie is een groot versameling van strontstories wat jy as waarheid wil opdis”

              Lees hierdie, Analfa:

              “Perhaps the most formidably sceptical book in the history of theology, Pierre Bayle’s “Historical and Critical Dictionary”, appears to be written by a Christian. It logically devastates one orthodox position after another, only to return, at the end of each entry, to its own orthodox position – that Christianity is not rational, that if we were rationalists we could not possibly believe in it, and that therefore we cannot be rationalists and should simply cleave all the more strongly to our thoroughly irrational faith.”

              (by James Wood, from the introduction to Albert Camus’ The Myth of Sisyphus.)

              Of lees hierdie, Analfa:

              “All that is necessary, as it seems to me, to convince any reasonable person that the bible is simply and purely of human invention – of barbarian invention – is to read it. Read it as you would any other book; think of it as you would of any other; get the bandage of reverence from your eyes; drive from your heart the phantom of fear; push from the throne of your brain the cowled form of superstition then read the holy bible, and you will be amazed that you ever, for one moment, supposed a being of infinite wisdom, goodness and purity, to be the author of such ignorance and of such atrocity.” (Robert G Ingersoll)

              Like

              • “. . .Christianity is not rational, that if we were rationalists we could not possibly believe in it, and “. . . Nou wie is die “rational”? en wie het dit ‘n afgod gemaak? Dis nou duidelik dat jy nie kan insien wat ek al reeds baie keer na verwys het nie – dat logika en rasionele denke en intelek net “instrumente” is wat ons kan gebruik om die lewe, gebind deur natuurwette, te vergemaklik – om die natuur te manipuleer, maar om by die “lewe” uit te kom sal ek deur al die hersingskimme moet kan sien andersins gaan ek deur dit “gevange” gehou word. Ek kan verstaan wat die ou skryf, maar kan jy verstaan ek skryf? Indien jy dit nie kan verstaan met jou hele wese nie, dan doen die geloofsrpong en dan weet jy mos waar ek staan. tjieken!

                Like

                • ” .. dat logika en rasionele denke en intelek [sic] net “instrumente” is wat ons kan gebruik om die lewe, gebind deur natuurwette, te vergemaklik – om die natuur te manipuleer, maar om by die “lewe” uit te kom sal ek deur al die hersingskimme [sic] moet kan sien andersins gaan ek deur dit “gevange” gehou word.”

                  Die natuurwette en die lewe staan hand-aan-hand soos jy tereg sê, maar deur ons toedoen is ons besig om die Natuur, vir ons huidige gemak, mooi op te voeter vir ons nageslag. Ons denke is dus glad nie rasioneel en ons intellek laat veel te wense oor. Julle godbots sien glad nie deur die newels nie want die hersenskimme in julle koppe laat dit nie toe nie. So moet nie met drogredenasies kom nie. Wat jy hier geskryf het, kan net ‘n filosoof as rasioneel beoordeel.

                  Like

                  • Hoekom sal ons aan ons nageslag iets wil na laat? Is daar regtig ‘n rede vir ons spesie om voort te bestaan, as ons alles en almal uitgewis is, – wat maak dit saak en hoekom sou jy jou daaroor bekommer . . . of dink jy dat die “lewe” regtig al die moeite werd is?

                    “kan net ‘n filosoof as rasioneel beoordeel”.

                    Ek vra weer wie is die “rasioneel” en waarom word “waarheid” daaraan gemeet, wie het die ‘n afgod gemaak?

                    Like

                    • En dan maak jy darem ‘n interesante stelling. . “.Natuurwette en lewe staan hand aan hand. . .” , daars ‘n liedjie wat so is die agtergrond van my bewussyn begin “speel” het . . . as ek dit nou net na die voorgrond kan bring. . . one without the other. . .ja . . .Love and marriage. . .can’t have the one without the other . . .en dit het my toe laat dink kan natuurwette en lewe sonder mekaar bestaan?

                      Like

                  • Jy praat seker van die Amerikaners en hulle global warming katastrofe wat hulle veroorsaak. Ons ouens hier in die 3de wereld dra maar min by daartoe.

                    Ons (ek sien jy sluit almal in, nie net Christene nie) denke is glad nie rasioneel nie en ons intellek laat veel te wense oor. En dan glo jy steeds die wetenskap, wat ‘n versameling van menslike denke is, is jou oplossing om te verklaar hoe die skepping werk, en meer nog wie dit (nie) gemaak het nie?!?

                    Moet my asb. nie gelykstel met ‘n filosoof nie, boet – dis baie onregverdig van jou. Ek is geen filosoof nie, maar dit verbaas my nie dat jy my dit ook wil toesnou as ‘n tipe belediging nie – julle hou van beledig, maar jou beledigings is ver van akkuraat. Like duck’s water off my back 🙂 As jy verstaan wat ek bedoel. As jy wil beledig, maak maar seker van jou feite. En dink terug aan wat jou ma jou hopelik geleer het: as jy niks goed het om te se nie, hou maar eerder jou bek.

                    Like

                    • Analfa, jy seg:”Like duck’s water off my back As jy verstaan wat ek bedoel.” Ek neem aan dit moet lees “Like water off a duck’s back”, of hoe? Lyk my jy’t aangesteek by George Bush (jnr) met sy “Bush-speak”.

                      Met jou kommentaar rakende global warming stem ek volkome saam. Interessant dat die Republikeine in onlangse verkiesingsveldtog deurentyd verwys het na ‘n terugkeer na fossielbrandstowwe omdat dit ‘n “godgiven resource” is. Hoe lyk dit Analfa? – is jou morele kompas ook skeefgetrek deur godsdiens of gaan jy bietjie guts wys en onomwonde erken dat godsdiens (weereens) ingespan word om die mensdom oor die spreekwoordelike afgrond te dryf?

                      Like

              • Op die 2de punt het Malherbe ook al in sy “belydenis” daarna verwys dat die Bybel nie met ‘n wetenskaplike benadering opgestel is nie, en hy kla die “skrywer” nl God, wat nie bestaan, sekerlik ‘n beter en meer duidelike manier sou gehad het om die verwarring te voorkom, nou wat my help is dat ek lees met 3 verskillende oogpunte die Bybel.

                1. Histories – soos ek probeer die kultuur van daai tyd “in te sien”
                2. In die oomblik – soos objektief en met betrekking tot die NOU, soos bv as ek lees: “Ek kom om julle die waarheid te vertel” is ek in die ier en nou en luisser na die woorde met meer as net my verstand en die “geraas” van my eog of psige of verlede. . .
                3. Kan ek dit ook lees avir die storie en al die goed wat die mense aangevang het toe die lewe nog “rof” was.

                Like

                • Die geraas van my EGO wou ek tik maar ek kon nie sien wat op die skerm verskyn nie. En by no 3. is soos om ‘n hollywood moewie te kyk.

                  Like

                • Tja, in kort Johann: lyk my mens kan hierdie boek interpreteer nes jy wil. Amper soos filosofie – everthing goes. Probleem is natuurlik dat die een of ander mal bliksem soos ‘n Anders Brevik sekere stukkies in die “nou” (soos jy dit stel) kan interpreteer. Stukkies soos die doodmaak van ‘n buurman omdat hy op ‘n Sondag hout optel.

                  Dat jy nie die stommiteit van jou uiteensetting insien nie, is werklik tragies. En om te dink jy begin deur te noem dat hierdie die “logika” is wat jou help. Jy is die tipe wat ek ver van my kinders sal weghou Johann. Mens weet nooit, more staan jy met ‘n kopseer op en gebruik jou lawwe interpretasies as basis om my kind in seksuele slawerny te verkoop. Jy weet, soos deur jou gotte beveel in jou heilige bybel. Lyk my die gotte was ook maar rof daai tyd. En ook nie baie slim nie….

                  Like

              • Alweer ander ouense se opinies wat voorhou as dat dit een of ander hoër betekenis/belangrikheid as my of jou opinie moet hê. Ek het my eie opinie van die Bybel – hoekom sal ek nou belangstel wat ander apies se vooroordele hulle laat kwytraak daaroor?

                Like

    • Die wereld kort ‘n Godiot Anonymous (GA) waarna godiote soos Analfa en Johann kan ontvlug om hul van hul verslawing te genees.

      Like

    • I totally agree with you Malherbe ! The god dependence is a far more dangerous addiction.
      If spiritual obsession is considered a behavioral addiction as well as gambling, food, sex, viewing of pornography, use of computers, playing video games, use of the internet, work, exercise, cutting, shopping, …
      Why not religious devotion ?
      Amazing how groupthinking works … in this case, too scary, too taboo to look beyond their beliefs, which make their leaders rejoice of course … such bad power quest !

      Like

      • Very well said, Juliet K.

        Johann, lets hear your philosophical muddled reply, en Analfa, kom vertel ons wat ‘n “Ware Christen” hiervan sê..

        Like

        • “Amazing how groupthinking works … in this case, too scary, too taboo to look beyond their beliefs”. . . In hierde geval sou ek dink sy verwys na julle drie . . . ????. . . ons weet nou dat julle god konsepte mensgemaak was en is en toe julle die “vrees” oorkom het om daar teen op te staan, toe stagneer julle weer om net weer in dieselfde denkpatrone te verval, want nou is julle te bang, dis te taboo, om “beyond” julle gelofies te kyk. . .

          ‘behavioral addiction’ , jy sal seker haar skimp vang of is jy so vêr op jou pad wat “bewys” dat jy “reg” is dat jy ‘n gedrags patroon aangeleer het. . . ‘n obsessie . . . wat sy gelyk stel aan “verslawing” dat as iets nie in jou verwysingsraamwerk inpas nie dan moet dit uit geskyt word. . .? ( Tipies van Beelsebub se aanhangers se gedrag )

          Like

        • “Groupthink” – nog altyd baie van die woord gehou. Dis wat tussen die 3 van julle gebeur, Savage, Malherbe, en Brolloks. Sien dit baie in besigheid – een “intellektuele reus” kom op met een of ander totaal veerkerde manier om sy job doen, en oortuig dan ander om dieselfde te doen 🙂 Dis ‘n classic!

          As die een van julle sê “poep”, dan poep almal gelyk.

          Like

          • Dankie, Johann, dankie, Analfa, julle het my nie teleurgestel in julle antwoorde nie. Die eerste een, soos verwag is, ‘n filosofiese gebrabbel. Gaan lees weer wat jy geskryf het, Johann, en kyk of jy dit verstaan. (Soos die wette van filosofie so mooi uitspel: “The first law of philosophy: For every philosopher there is an equal and opposite philosopher. The second law of philosophy: They are both wrong.”)

            Die tweede antwoord – soos te wagte, niks oorspronkliks nie.

            So by the way Analfa, openbaar nou ‘n bietjie oorspronklikheid en demonstreer “oneindig” met ‘n eenvoudige rekenaarprogram. Moeilike denge, Analfa, moeilike denge.

            Like

  2. Wat beteken “A prayer worth a damm”?. . . ., vir my as daar nie iets steek in die titel nie dan is die res maar lam. . .

    Like

    • Ai Johann, jy’s seker nie ernstig nie? Van steek gepraat, ek dink jy kort een. Alhoewel ek moet toegee, girls soek gewoonlik iets meer as ‘n potplant.

      Like

      • So is ou Malherbe se aard maar… Elke keer as sy skynheiligheid blootgestel word, dan raak het varksig en sy taal verswak drasties – ook maar moeilik as ‘n ou so klein woordeskat het en die IK ver onder Savage se “self-verklaarde” IK is. 🙂

        Aan die een kant help hy die alkoholiste, maar hier in die geheim maak hy weer grappies oor hulle.

        Like

        • O nee Analfa, ek dink my taalgebruik heel goed. Kan jy assblief uitwys waar ek “varksig” was? Ek het Johann eintlik gekomplimenteer ….of die potplant beledig. En wat jou lawwe kommenbtaar rakende alkoholiste betref, wat laat jou dink dat ek my humorsin voor hulle verloor? Jy moet ‘n chillpil vat ou swarrie – jy’s hopeloos te ernstig en onverdraagsaam.

          Like

          • Sure, jou gereelde “onder-die-belt” praatjies verwys. Dis maar lekker varksig. En natuurlik jou konstante ge-hap na gelowiges. Ek het ‘n lekker humorsin, maar nie wanneer dit kom by alkoholisme nie – daar’s geen verskoning vir drankmisbruik nie.

            Like

            • Jou laaste sin illustreer dat jy glad nie alkoholisme verstaan nie, dus ook nie ander tipes verslawing, insluitend jou eie verslawing.

              Like

              • Verkeerd ou pel, ek verstaan maar alte goed (jy’s nie die enigste een wat al ooit alkoholisme in jou familie / vriendekring gehad het nie), maar ek staan op teen sulke dinge. Een van die redes hoekom ek niks drink nie is omdat dit my statement teen drankmisbruik is. Soos iemand wat sy hare afsny om te wys hy steun die stryd teen kanker. Verstaan jy dit? Seker nie. Daar is geen verskoning vir drankmisbruik nie, ou pel.

                Like

  3. Miskien kan jy met jou wetenskaplike benadering vir my vertel wat is ‘n “Prayer” en wat is “damn” – waarna verwys die woorde, ek kyk in die woordeboeke en kan nie regtig die twee bymekaar sit nie, nou maak jy asof ek “nie ernstig” is nie – so asof dit algemene kennis is – elke mens weet mos wat dit beteken – , maar onthou dat Savage “bewys” het dat ek ‘n aap is, en jy – sonder bewyse – my as “dom” uitmaak, nou het ek die “vryheid” om enigeiets te vra as ek nie seker is nie – want julle ouens daar op die gronboontjie gallery is mos so skeer van jul saak

    En wat is die werkkwoord van Pryer” . . . en jy wat

    Like

  4. Bly dat ons jou nie teleurgestel het nie, Savage, en ek het weer gelees wat ek geskryf het en nou begin ek wonder of jy dit ooit lees. . . .?

    Filosoof A en -A (volgens jou stelling) is albei verkeerd m.a.w A+(-A)= O sit dit nou in ‘n sakkie dan kry jy (A+ (-A)=0) + -(A+(-A))=0) = 0 Dan beteken die stelling niks nie. Of (A+(-A)=0) =D dan is D+(-D) = 0. . . dan “implode” die stelling in dit self. . . niks segende gebrabbel.

    Like

    • Johann bewys net weereens sy idiotisme geen perke ken nie. Savage se punt is bloot dat filosofie n spookwetenskap is waarbinne “everything goes”, m.a.w. daar is geen reg en verkeerd nie, slegs ‘n wollerige kopknik op alles. Baie soos iederelk van Johann se poste. Indien die Johann metode gevolg moes word, sou niemand ooit in ‘n hof skuldig bevind word nie.

      En terloops Johann jou wiskundige vaardighede soos hierbo uitgestal, is in dieselfde liga as jou lawwe argumente en vrot taalgebruik.

      Like

      • Ja Johann, met hierdie vlak van wiskunde-vaardigheid kan jy nou nie eens jou maatjie help om “oneindig” te demonstreer nie.

        Like

    • Nee, lyk my ook hulle lees nie wat ons skryf nie – hulle voer ‘n monoloog. Begin by punt A, vat hom al die pad tot punt Z en dan begin hulle weer… Seker maar ou Savage wat na “oneindig” probeer streef… 🙂

      Like

      • “Seker maar ou Savage wat na “oneindig” probeer streef…”

        Verkeerd. Dis nie hoe mens “oneindig” demonstreer nie, probeer weer. Moeilike denge, Analfa, moeilike denge.

        Dit is vir my ‘n openbaring om te sien hoe onbevoeg jy is – dis mos eintlik eenvoudig. Maar nou ja, as jou godsdiens jou brein so laat verrot het, is dit seker maar moeilik vir jou.

        Like

    • Ja Savage, een van baie spykers. Maar godiote sal dit gerieflik ignoreer en na hul stowwerige boekie hol om hul “waarheid” te gaan naslaan. Ontkenning wat grens aan kranksinnigheid. Maar dinge is vinnig aan’t verander – hulle is besig om hulself op te hang. Kennis gaan godsdiens versmoor. Al godiote wat sal oorbly, is die sonder toegang tot kennis. Diegene wat nie kan lees of skryf nie. Die bewyse is op hierdie blog – mens hoef net na Johann se pogings te loer om te sien die ou is net links van n analfabeet. Die tipe wat sal aanhou glo in skydaddies al staar die bewyse tot die teendeel hom in die gesig. Iets laat my dink dat daar nog hoop is vir ou Analfa. Dis duidelik dat die man erg twyfel – hy kort net die eerlikheid om dit te erken.

      Like

      • Soos altyd, ou Malherbe….. Ontkenning van wat?!?! Wie ontken die wetenskap, jou ou dinges? Hel man, moenie so eng dink nie. Dis embarrassing. Eeue se kennis het nog geensins die Christelik godsdiens versmoor nie en sal ook nooit nie. Inteendeel, dit bring mense nader aan God. Die “vertwyfeling” retoriek raak ook nou redelik vervelig.

        Dis jou ergste frustrasie dat die wetenskap nie kan bewys dat God nie bestaan nie. Dis hoekom jy die “cop-out” roete vat van “ek hoef niks te bewys nie”. Jou wetenskap ondersteun nie ateisme nie – dit dui eerder op die grootsheid van die Skepper. Dit wys ons hoe briljant Hy is en hoeveel groter as ons.

        Dis ook jammer dat ‘n ou soos jy wat jouself voorhou as een of ander letterkundige, nie die briljanheid van die Bybel kan insien nie.

        Like

  5. Ek het met woorde probeer verduidelik en net ontlasting terug gekry toe probeer ek maar ander simblole met dieselfde reaksie, Savage as jy dan so graag kennis wil toets oor wat oneindig is, dan kan jy my seker vertel wat “lewe” is. . .?

    (Jy het mos beweer dat die heelal die uitspansel eintlik “dood” is )

    Like

  6. “m.a.w. daar is geen reg en verkeerd nie,”,. . . Wil jy nou beweer daar ‘n REG en ‘n VERKEERD. . . ? Vaaaaak nou vertel jy my. . . .Malherbe . . . waar kom jy daaraan? Wie is jy. En waar kry jy dit? En weet jy wat reg en verkeerd is . . . en waarop baseer jy jou filosofie?

    En jy beweer dat jy die eerste een sal wees om te aanvaar dat “God” bestaan as jy bewyse kry, maar intussen val jy “mense” aan wat “anders” as jy “dink” of “is”. . . dat ek begin “glo” dat jy ‘n wrewel het teen “gelowige” mense. . .is dit nou die “lewe”?

    Like

    • Nee wat Johan, geen wrewel teen jou nie – slegs bejammering. Jul godiote se oneerlikheid is die resultaat van dogmatiese indoktrinasie vanaf kindsbeen. Jy is dus bloot die produk van ons Calvinistiese samelewing in RSA. Ek dink egter jy en Analfa is snaakse narre wat komiese waarde bied. My oudste seun (12) lees gereeld wat hier geskryf word en beskryf jou as die “main clown” in die sirkus. Hy geniet veral jou onsamehangendheid en dink jy skeer die gek.

      Like

  7. Savage my “reply” wil nie werk nie. . .(dis nou die een by die laaste boodskap wat jy geskryf het)

    En jy vra wat probeer ek sê. . . .Eintlik net dat dit die “lewe” is waarmee ons elke dag te doen het en dit wat ons elke oomblik moet lewe ook, dit waarvan ons bewus is (wat ons noem “lewe” ) en al bestaan ons uit materie, hoe is dit dat materie wat seker nie aan jou definisie van “lewe” voldoen nie, bewus kan wees van dit self?

    Is dit nie dalk ‘n meer relavante vraag om te vra aangesien ons hier aangaan oor wat aangaan nie?

    Like

  8. Johann, praat jy hier van consciousness (bewustheid, dink ek is die Afrikaanse word)? Niemand weet op hierdie stadium wat die wetenskap agter consciousness is nie. Wetenskaplikes sal dit wel met die verloop van tyd vasvat. Die nuutste verligte verklaring deur sekere godbots (nadat daar geneties bewys is Adam en Eva kon nie die eerste mense gewees het nie) is dat daar wel mense voor Adam en Eva was, maar toe het julle gode aan diè twee mense ‘n siel gegee (en daarby seker ook consciousness).

    Like

  9. Ek het al vir ‘n Sjinees gevra waar sê hulle kom mense vandaan en hy antwoord toe “ek weet nie en hulle weet ook nie”, en dit was die einde van my vrae. Bewussyn is al klaar moeilik om te omvat soos dit is . . .ek kan bv net bewus wees in die oomblik waarin ek is – van iets – en nie in die verlede of toekoms nie (en die oomblik is so gou verby dat ek begin wonder het hoe lank is ‘n oomblik? En nog wonder ek of die oomblik waarin ek is is dit ook die dieselfde oomblik in elke atoom elke spikkeltjie elke uithoek van die uitspansel ? )

    En so kan mens seker aangaan,. . . dan is daar nog die kwessie van die “Siel” wat seker ook nog nie “bewys” is nie

    Stel jy voor dat ek nou maar onbewus moet aangaan tot die wetenskap ondek wat bewussyn is. . .

    Like

  10. Savage se antwoord miskien anders as my myne Johann, maar dis werklik bitter eenvoudig:

    Kom ons neem aan dat daar nie tans ‘n verduideliking vir “bewussyn” is nie (“siel” is ‘n mensgemaakte konsep, net soos gotte) en dat ons dit dus nie verstaan nie. Wat bewys dit? Beslis nie dat daar bonatuurlike kragte teenwoordig is nie. Onbegrip dien nie as bewys van die “default” posisie van godiote vir die bestaan van gotte nie. Dit is juis hierdie lui dink-protokol wat die mensdom deur die eeue teruggehou het. Ons verstaan nie, so “goddidit”. En jare later wanneer die ware antwoord gevind word baklei godiote hand en tand teen die antwoord bloot omdat hul nie kan erken dat hul gotte geensins betrokke was nie.

    So, in kort Johann, jan jy moet maar wag vir die wetenskap. Ek wil graag weet of daar water op Mars is …en wag vir die anwoorde. Ek wonder oor lewe elders in die uitspansel… Maar dit help soms om uit te vind in watter stadium van vordering die wetenskap is. Hierdie dinamiese aard van wetenskap maak dit juis interressant en eerlik.

    Like

    • Malherbe, wat ek hoor is die wetenskap kan nog nie dit verklaar nie, of nog nie dat nie, etc. Mens moet onthou daar is GEEN waarborg dat die wetenskap ooit sal kan nie – waar is die bewys daarvoor? Dit is vir my baie meer likely dat menslike kennis beperk is en dat daar dinge in die heelal is wat ons nooit met wetenskap kan verklaar nie. ‘n Groot kans dat daar ‘n plafon van menslike kennis is. Onthou, wetenskap is beperk tot die menslike intellek. In ieder geval, niemand beweer dis nie irrelevant of onprakties of onbruikbaar nie. Jou gerieflike antwoord van “wag vir die wetenskap” doesn’t cut it. Kom ek sê jou so – daar is definitief water op Mars, as daar nie bietjie op die oppervlak is nie, dan is daar definitief onder die oppervlak – mens het nie bewyse hiervoor nodig nie. Lees oor ‘n paar jaar weer my comment, dan sal jy verstaan. Kyk na die maan, ou pel – klaar bewys daar is polar ice caps. Selfs ‘n ruimtetuig daarin laat vas-crash om dit te bestudeer. Maar voor dit het mens se intuisie dit vir jou vertel. Mense het gewonder of daar planete buite ons sonnestelsel is – ek het nog altyd geweet daar is, nooit daaraan getwyfel nie – later is dit bewys. Dis mos nie moeilik om te sien daar is ‘n konsekwente ontwerp in die skepping nie. Natuurlik is daar ‘n helse spul ander planete wat dieselfde eienskappe as aarde het – daar moet biljoene der biljoene wees – natuurlik is daar lewende wesens op daardie planete. Hou op wonder, mens hoef regtig nie te wag vir al die bewyse nie – gebruik maar net common sense. Julle soek heeltyd bewyse, dis wat julle oë toemaak – by gebrek aan bewyse, dan gebruik mens jou gesonde verstand. Dan is dit ook nie baie moeilik om in te sien dat so ‘n groot work of art soos die heelal deur iemand ontwerp moes wees nie. Dis nie pie in the sky stuff nie.

      Like

      • Deur iemand ontwerp is Analfa? ‘n Ou wit man met ‘n wit baard? Wat vrouens onderdanig wil hou aan hulle mans. Wat wreed is? Jou ou bybeltjie is so ver van enige “skepper” se CV af en poepolle soos jy is te dig om dit te sien. Dan probeer jy vir almal oortuig dat jy gristinne al die antwoorde in julle kak boekie kan kry. Julle is wragtig bewyse dat julle nie deur’n skepper gemaak is nie, want as dit waar was het julle skepper darem maar lekker kak aangejaag. Mens kan nie hierdie kak self uitdink nie.

        Like

      • ” .. by gebrek aan bewyse, dan gebruik mens jou gesonde verstand.”

        Dis hoekom jou brein verrot is, Analfa. Jy het geen bewyse vir die bestaan van jou gotte nie, maar jou “gesonde verstand” sê vir jou hulle bestaan. Nee, Analfa, hulle bestaan nie, jou brein teken vir jou prentjies wat net jy en jou mede godbots kan sien.

        Like

      • Analfa, dit wil voorkom of jy nie my pos in totaliteit lees nie. My punt is juis dat die wetenskap dinamies is; dat ons nooit “alles” sal weet nie- bloot omdat hoe meer kennis ons insamel, hoe meer nuwe vrae onstaan op ‘n meer gespesialiseerde vlak. Jy wil nou waaragtig (weereens) hierdie dinamika as “gap” vir jou gotte se bestaan ys. Dat jy nie die oneerlikheid hierin sien of wil sien nie, spreek boekdele. Soos alle godiote het jy klaar besluit jou gotte bestaan (sonder enige bewyse) en soek nou naarstig in die “gaps” wat die wetenskap nog nie gevul het nie. Ek herhaal: onbegrip dien nie as bewys van gotte nie. Al. Wat dit bewys is dat ons nie verstaan nie.

        Like

        • Wat dit bewys is dat die wetenskap nie die antwoord is nie. Elke antwoord lei to meer vrae, jy’s reg. Wat dit bewys is dat wetenskap nie uitsluitsel kan gee oor die bestaan/nie-bestaan van God nie – want dis onvolledig en sal waarskynlik nooit volledig wees nie.

          Met jou wetenskap probeer met ‘n bootjie na Mars vaar – dis nie die regte vaartuig nie en jy sal nooit daarmee daar uit kom nie. Maar ja, jy sal seker eers vir my vra “Waar’s my bewyse dat Mars bestaan?”.

          Ons praat in sirkels nê, maar volgens Savage moet ons nie ons gesonde verstand gebruik nie?!?!

          Like

          • “Ons praat in sirkels nê, maar volgens Savage moet ons nie ons gesonde verstand gebruik nie?!?!”

            Dit is jy wat in sirkels praat, Analfa, nie ek en Malherbe nie. Natuurlik moet mens jou gesonde verstand gebruik, maar jou verstand is beslis nie gesond nie, dit is verrot deur jou gotte wat jy in jou verstand opmaak.

            Like

            • Ja, en jou verstand is mos nou klaarblyklik gesond. Net jammer jy kan dit ook nie bewys nie, en jy is mos so verknog aan bewyse. Niks fout met my verstand nie – ek steur my min aan jou opinie.

              Like

              • “Niks fout met my [Dis nou Analfa sn] verstand nie ”

                Jy sal dit nie kan sien nie, Analfa, want jy staan midde in die kamer met spieëls wat die drogbeelde en hersenskimme van jou gotte weerkaats – drogbeelde wat jy uit ‘n ou boek kry wat deur ‘n klomp bokwagters geskryf is toe hulle in die woestyn rond geploeter het.

                Like

          • “Wat dit bewys is dat die wetenskap nie die antwoord is nie. Elke antwoord lei to meer vrae”

            En wat is verkeerd daarmee? Sien jy nie die eerlikheid hierin nie? Kan jy nie sien nie dat dit juis die motiveerder is vir verdere navorsing en inwin van kennis? Gottediens volg die lui roete van goddidit. Indien ons hierdie metodiek sou volg, sou die uiteinde stagnering wees. Ek sal dit 100 maal noem: onbegrip bewys nie die bestaan van jou gotte nie.

            Like

            • Jaja, ek verstaan, alles moet eers bewys word….. behalwe ateisme. Aaaag, please… wie verwag jy gaan die inkonsekwente nonsens GLO?

              Niks lui aan Christene nie – ons gebruik ook die wetenskap. Baie Christene is wetenskaplikes. Ons visie is net heelwat breëer – baie breëer. En ons nie so arrogant om te dink daar’s niemand groter as ons nie. Benewens bewyse soek, gebruik ons ook ons verstand waar nodig en wanneer wetenskaplike bewyse nie daar is nie.

              Met ‘n perfek ge-ordende skepping wat jou in die gesig staar, is dit steeds vir jou te veel om die ontwerp daarin te sien, né?

              Like

  11. “Onbegrip dien nie as bewys van die “default” posisie (nie)” Nou het ek net gewonder of die onbegrip van “bewussyn” ook onder dieselfde beginsel val. Of is dit ‘n prinsiep? Of is dit ‘n bewyste natuurwet? (Of wat ek eintlik sou wou weet is waarop staan die stelling, maar moenie wahrrie nie mens moet diep delf vir dit.)

    Nou lyk dit my dat dit waarna die woord “siel” verwys aan die bonatuurlike behoort, Malherbe verstaan ek dit reg? M.a.w. die mensgemaakte “siel” bestaan nie. . .?

    Like

  12. Johann ek dink eerlikwaar jy skeer die gek. Wys asb vir my enige studie wat die bestaan van die siel bewys. Net nog mensgeskepte leuen.

    Like

  13. Die siel bestaan uit psige, wil en emosies, die psige is al mens se kognitiewe denke en geheue en alles wat die mens weet, die WIL is dit wat mense dinge laat doen, en emosie is die gevoel wat mens kry as jy fisiologies opgewek of afgerem word. Nou wonder ek of jy nie sulke dinge van die siel in jou het nie?

    Like

  14. Ja die siel is ‘n mensgeskepte definisie, dies ‘n kombinasie van 3 aspekte van wat in daai orgaan “die Brein” aangaan en vir ‘n goeie rede ook, – die 3 elemente van die die mens werk saam om ons te help om die “lewe” te hanteer (Soos as jy goed voel dan dink jy doen reg. .).

    Nou beweer jy dat dit aan die bonatuurlike behoort en nie bestaan nie, en jy het hierbo verwys na die woord, (ek dink dis die 1 ste keer van dit wat ek van jou gelees het) “konsep” en nou wonder ek alweer watse betekenis jy daaraan sou heg, was jou konsep van die “siel” dieselfde as myne bv.?

    Hoekom raak jou woorde nou so min?

    Like

  15. Ok Ek sal ‘n prentjie probeer teken, Jy roem jou daarop dat jy slim is.
    Jy beweer dat die bonatuurlike nie bestaan en na herhaalde pogings en verskillende maniere weet ek (en jy) nog nie wat jy daarby bedoel nie, nou beweer jy dat dit wat ek dink en wat ek (en jy) voel en so aan nie bestaan nie. . . en dit wat jy dink en kwyt raak hier op die internet is net ‘n illusie wat nie bestaan nie. ( Lyk my hierdie hele “bestaan” hier op die klip wat deur die ruimte slinger is net ‘n illusie, eintlik is ons sulke vet blops wat sit en droom ons leef op die aarde, maar vir jou kleinbreintjie sal dit seker net nie ingepas kan word nie)

    Jy roem daarop dat jy aan die weteneskap glo en net die wetenskap kan vir jou bewyse bring van “iets” wat bestaan. Soos elekrisiteit bestaan volgens jou nie.

    Ek is bang om jou te vra wat die woord “bestaan” vir jou beteken.

    Ek wou net n klein entjie te stap saam met jou, maar jou ego (wat ook nie bestaan nie) wou jou nie toelaat nie.

    As jy dalk jou van konflik houding kan afsien sal jy meer uit die lewe kry . . .

    Like

  16. Waaaaaat? Teken maar nog ‘n prentjie johann. Ek is heeltemal te onnosel om iets van bg gegorrel uit te maak. Jy klink soos ‘n afgetrede dominee wat ‘n flou poging aanwend om filosofie te pleeg.

    Like

  17. Analfa, jy het seker al die gesegde gehoor dat “you can fool some people some of the time, but not all of the people all of the time” en dis vir my Malherbe se skoen. Sodra hy vrae gevra word wat hy nie ‘n kloe oor het nie, dan begin sy gevestige neorologiese paadjies “inskop” en hy begin met clichés en beledigings rondspring en wurm homself daaruit. Ek wonder soms of sy12 jarige kind dit nie beter sal kan hanteer nie. (Natuurlik is dit nie sy skuld nie . . .daar by sy doek na pot opleiding het dinge vir hom skeef loop, ek kan my indink dat daar in Jnb suid, het die bure dikwels gehoor hoe dit met sy opleiding gaan. . .Malhebe het jy al weer in jou broek gek@k!! Shit man kyk nou net die gemors wat jy aangevang het!!! robies . . . . tot die besef deurdring van dit het nou gebeur so mens kan dit nou nie verander nie. . . . hoe kan jy dit doen het jy geen verstand nie, waar is jou brein. . . hoeveelkeer het ek jou al vertel gaan sit op die potjie!!!!. . . . . en dan die aanvaarding. . . .nou kom hier dat ek jou kan skoonmaak al die gemors van jou bene afvee en jou weer skoon aantrek. . .natuurlik was hul bure baie kommin.)

    Nou gebruik hy die webwerf om van sy ontlasting ontslae te raak en verwag dan weer dat iemand hom gaan beledig sodat hy sy “payoff” kan kry. En die ander ouens op die gronboontjie gallery bly maar stil want wie nie teen hulle is nie is met hulle. . . .

    b suid

    Like

  18. Malherbe, jy het ‘n senuwee raak geboor. Sowat van vuur en vlam spoeg is altyd ‘n openbaring dat jou mede-beredenaars sleg in ‘n hoek is. Hulle sal moet hulp soek maar dit belowe niks – ou Analfa het nou nog nie met ‘n demonstrasie van “oneindig” gekom nie. Of miskien het hy nie enige vriend met ‘n halwe brein wat hom kan help nie.

    Like

  19. Ja Savage, Johannie is nie net in ‘n hoek nie. Hy is diep in ‘n gat – sy eie. Nou raas en blaas hy dat die spoeg spat. Eintlik bitter snaaks hoe hierdie ouens se koppe werk (on nie werk nie). Lyk my die ou het ook ‘n rassistiese streep weg. Hy glo blykbaar die 6miljoen Jode wat in 2de wereldoorlog vermoor is, is deel van ‘n propaganda truuk. Tipiese “conspiracy theorist”.

    Like

  20. Met verwysing na my vorige pos, kyk wat skryf hierdie Johann idioot:
    “Holocaust. . . what holocaust? 6 miljoen jode, 22 miljoen Russe en hoeveel miljoene Duisters en waarmee word ons geindrokteneer???Net die arme joodtjies”

    Die bg stukkie “redevoering” is so vol gate, selfs Analfa behoort dit raak te sien.

    Like

  21. Ja nee Savage beslis in ‘n hoek gedryf, net jammer jy kan nie vir my ‘n indikasie gee hoekom nie. . .
    Jou vriend Malherbe maak stellings soos:
    “Ek glo in niks bo-natuurlik nie”
    “Natuurlik is “gedagtes” natuurlik”
    “Die siel van die mens bestaan nie (behoort aan die bonatuurlike)”

    Nou bestaan die siel uit onderandere “gedagtes”, wat hy nou weer as bonatuurlik beskou, en wat volgens hom nie “bestaan” nie. On konsekwentheid is maar ‘n bliksem vir my. . .

    Hy maak uitlatings soos:“Onbegrip dien nie as bewys van die “default” posisie (nie)” . En dan het hy te vertel dat die wetenskap nie verstaan (begryp) wat bewussyn is nie, maar hulle sal nog daar uitkom en dat daar in die geval van bewusyn geen bonatuurlike kragte betrokke is nie. . . . nou wat moet ek daarvan aflei. . .? Om “bewus” te wees bestaan wel dis net nog nie “bewys” nie. Om bewus te wees van ‘n gedagte beteken dat die gedagte nie bestaan nie en sal dus nooit “bewys” kan word nie. . .

    En dan kan hy nie verstaan wat ek skryf nie, dis wat my geduld opgebruik. . .

    Like

  22. Bly om te sien jou humeur nou in bedwang Johann.

    Indien jy my bitter eenvoudige en ondubbelsinnige arrgument begryp, sal jy erken dat dit konsekwent is. Kom eek som op:
    – daar is geen konkrete bewyse vir die bonatuurlike nie. Indien daar was, sou ek my posisie verander.
    – gedagtegang is heeltemal bewysbaar en beslis nie bonatuurlik nie. Jou gedagtes is die produk van jou oorlewingsdrang. Dit is bewysbaar.
    – indien jou definisie van bewussyn gelykgestel word aan gedagtes, geld bg ook vir bewussyn,
    – die punt wat ek by vorige geleentheid gemaak het was bloot dat selfs indien jou definisie van bewussyn(LW joune) nie tans verklaarbaar is nie, bewys dit nie die bonatuurlike nie. Dit bewys bloot dat ons op spesifieke tydstip in tyd nie verstaan nie – net soos ons jare gelede ook nie gravitasie verstaan het nie. Verstaan jy nou?
    – Die wetenskap is nie ‘n wese nie. Dis beslis nie een v jou gode nie. Jy kan dus nie stellings maak soos “die wetenskap verstaan nie”. Ons mense verstaan nie maar wetenskaplike metode verskaf die raamwerk waarbinne ons nuwe kennis kan inwin en toets.
    – jul godiote se default posisie is jul gotte. Beslis nie my posisie nie. Die punt is juis dat jy nie bloot omdat iets tans onverklaarbaar is, kan terugval na die gotte as oplossing nie. Hierdie is die tipiese godiotiese gewoonte en het geen basis nie.

    Laastens Johann, jou vermoe om die draad van ‘n argument te volg en om jouself uit te druk, is uiters beperkend en dra nie by tot konstruktiewe debatvoering nie. Ek dink soms jy verwar jouself. Verstaan jou vrou jou? Miskien kan sy jou geskrifte vir ons uitle.

    Like

    • Nee wat, Malherbe, jy’s op jou eie. Ek geniet dit te veel om die debat tussen julle twee te lees – bang ek spoil dit met my eie comments 🙂

      Like

  23. Sovêr ek weet weet niemand wat elektisiteit IS nie, hoe dit werk weet die wetenskap mense (ok). Behalwe as jy weet? Vertel ons asb.

    “- daar is geen konkrete bewyse vir die bonatuurlike nie” Dis hoekom ek so hard porbeer om by jou uit te vind wat is “bonatuurlik” en waar steek mens die grens oor van natuurlik tot bonatuurlik.

    As die “siel van die mens” bonatuurlik is, maar dit waaruit die siel bestaan is natuurlik – psige, wil en emosie – hoe moet ek dit verstaan?

    Like

  24. Johann, ek gaan nie jou leermeester rakende elektrisiteit wees nie. Jou belaglike stelling in die verband, verdien nie kommentaar nie en val in dieselfde klas as iemand wat beweer die aarde is plat. Jy is of bitter onnosel, of baie oningelig, of beide.

    Wat jou gegorrel oor “siel” betref, moenie van my verwag om jou lawwe definisies te verklaar nie. Jy maak dit baie meer ingewikkeld as wat dit werklik is. Indien jou def v siel die tipiese godioot s’n is van iets wat aanhou bestaan wanneer jy vrek, val dit binne die realm v bonatuurlik. En is daar zero bewyse voor. Bitter eenvoudig Johann.

    Like

    • Is hierdie ou nie besig om in sy mou te lag vir ons nie? Hy maak sulke onnosele “stellings” en opmerkings om ons besig te hou, dat hy my laat wonder. Maar miskien is hy for real, want soos McBrolloks sê: “You can’t make this shit up.”

      Like

      • Gee my assseblief ‘n aanduiding watter stelling is onnosel en vertel my hoekom en gee my die versekering dat die “wetenskap” weet wat is eleketrisiteit en dat dit nie ook volgens Malherbe aan die bonatuurlike behoort nie!!!

        Like

  25. Daar begin die siklus weer, na jou “payoff” begin jy nou weer te werk aan jou derm kanale. (is jou van dalk Van Der Merwe? – Van Derm erwe?)

    Wat is elektrisiteit? Is dit nou te eenvoudig vir jou – of weet jy nie?

    Ek het noual hoeveelkeer geskryf dat die siel bestaan uit 3 dele, psige, WIL en emosie – die mees aanvaarbare konsep – en nou trek jy dit deur tot in die hiernamaals en probeer jouself uitwurm om nou nie – hoe sal ek dit stel? . . .langenhoven se gesegde kom in my bewussyn in “lyk eerder soos ‘n aap as om jou mond oop te maak en die twyfel weg te neem. . . .”

    En ek hou nie voor dat ek die definisie van die siel weegee nie, ek praat hier van die konsep wat die mees aanvaarbaarste is van “wat die siel van die mens is”. . .en dis mensgemaakte simbole wat ‘n verskynsel in die natuur beskryf, en jy beweer dat dit aan die “realm van die bonatuurlike” behoort en dat die “bonatuurlike” nie bestaan nie en tog kan “iets” daaraan behoort. . . .? Dis gorrel.

    Like

  26. Na die lang relaas is niemand steeds seker oor of Malherbe regtig glo daar’s ‘n bonatuurlike of nie. Maar hoe ook al, Malherbe, jy kan nog argumenteer dat gedagtes natuurlik is, maar die konsep van ‘n siel sal jy sekerlik verwerp, want ‘n siel kan nie maklik verklaar word aan die hand van die natuurlike alleen nie. Kom ek maak eers jou dag, voordat ek jou borrel bars. Biologies gesproke, as jy net kyk na die ontwerp van ‘n mens vs. byvoorbeel die van ‘n aap (en jy ignoreer enige konsep soos ‘n siel, etc.), dan is dit ‘n feit dat mense ook tipe diere is. Niemand kan dit ontken nie. Probleem is natuurlik dat ons nie net ‘n fisiese aspek het nie.

    Ons mense bestaan uit liggaam en gees en nog iets anders waarvoor ek nie ‘n goeie term het nie (dis whatever ook al ons laat lewe in dieselfde sin as wat diere lewe – sê maar die lewensasam in ons). ‘n Liggaam is verganklik, ‘n gees is onverganklik (ie. lewe vir ewig). ‘n Plant het nie ‘n gees nie. ‘n Dier het miskien ‘n ander tipe “gees”, in die sin dat hulle dalk selfbewus is, dalk nie, of dalk maar net meganies volgens instink optree – dis nou nie asof jy ‘n dolfyn of ‘n apie kan vra “Hey, is jy selfbewus? Het jy dalk ‘n gees?” nie, en soos jy erken jou kosbare wetenskap help jou next no nothing of die antwoord te vind. Niemand weet of daar in ‘n aap se “gedagtes” ooit enige gedagte oor God opkom nie – en of hy ooit gedagtes het nie. Dink maar so daaraan, teen die tempo waarteen rekenaars ontwikkel sal ons waarskynlik spoedig rekenaars het wat meer intelligent as jou average aap is – en rekenaar is nie self aware nie. So wetenskaplik gesproke is die evidence vir of teen ‘n siel maar bra aan die skaars kant.

    Engele, aan die ander kant, is primêr gees, sonder liggame, alhoewel hul wel verskillende vorms kan aanneem. Die mens is belangrik genoeg dat die Here vir ons gees en liggaam gee – want ons die mees belanrike aspek van die skepping.

    Die lewe hier op aarde is onlosmaaklik gekoppel aan ons liggame, en die belangrikste orgaan is die brein. Vat die brein weg, dan’s die mens dood, as simple as that. Maar die gees bly voortbestaan. Die gees is nie deel van die heelal nie, dis nie deel van jou liggaam nie – dis totaal afsonderlik daarvan – dis een rede hoekom dit nie kan doodgaan wanneer die liggaam doodgaan nie. Met jou dood keer die liggaam terug aarde toe. Ek’s nie seker waarheen die gees onmiddelik gaan nie – of dit onmiddelik hemel of hel toe gaan – dis nie vir my nou belangrik nie, want my saak is reg so ek hoef dit nie te vrees nie. Punt is, later gee die Here ons weer verheerlikde, onverganklike liggame – dan’s ons weer volkome mense.

    Malherbe, jy sal klaarblyklik jou opinie verander, sodra jy bewyse kry dat die bonatuurlike bestaan. Ek stel dit nou reguit vir jou dat jy lieg – jy sal nie. Jy lees ‘n wetenskap boek en aanvaar die bewyse wat daar vir jou uitgespel word – jy het nie die opleiding of genoegsame kennis om 100% verseker te kan wees dat die outeur nie ‘n spul nonsens opdis nie. Jy aanvaar die verduideliking “at face value”. Maar toe jy die Bybel gelees het (as jy ooit het), verwerp jy die bewyse wat daarin is. Jy’t ‘n keuse teen God gemaak – ek twyfel ten sterkste of enige bewys jou vir Hom sal laat kies. Dink aan Tomas, Jesus se dissipel wat al Sy wonderwerke beleef het en jare lank naby Hom geleef het, maar steeds, na Jesus se opstanding, aangedring het op bewyse daavan voordat Hy sou glo. Jesus het vir Hom die bewyse gegee en toe het hy geglo. En toe sê Jesus vir hom :”jy glo omdat jy gesien het, maar geseend is die wat glo al het hulle nie gesien nie”. As ek vir Tomas in die storie met jou moet vervang, dan dink ek, selfs nadat jy die bewyse kry, sal jy ‘n alternatiewe wetenskaplike oplossing probeer opdis en steeds nie glo nie. Is ek reg?

    Like

    • Analfa skryf :”Na die lang relaas is niemand steeds seker oor of Malherbe regtig glo daar’s ‘n bonatuurlike of nie.”

      Lang relaas Analfa? (Lees my pos op 31 Oct, o7:09) Nie naastenby so lank en beslis nie so onsamehangend soos joune nie. En jy’s die enigste een wat onseker is. Wat verstaan jy nie? Die bonatuurlike bestaan nie. Indien daar bewyse vir bonatuurlike verskynsels sou wees, voldoen dit nie aan die definisie van bonatuurlik nie. Nou is jy seker eers deurmekaar, he Analfa? Sorry man, nie my bedoeling nie om jou twee breinselle te scramble nie.

      Like

  27. Ja Analfa dis so lekker stil hier. . . lekker. . . .maar as jy gewag het vir ‘n reaksie. . . jammer die ouens is besig om uit te vind of die “wetenskaplikes” al uitgevind het wat elektrisiteit is, en dit gaan hulle besig hou vir ‘n tydjie. . .

    Ek het gehoop een van hulle stel voor ek staan op en sit die ligskakelaar aan dan sal ek mos die lig sien en weet dat elektrisiteit bestaan, en die effek van elektrisiteit ervaar, wat my seker sou gepromp het om te reageer met, ja-nee staan sterk en doen jy die geloofsprong dan sal jy mos weet Dat God “bestaan” en die lig sal in jou skyn, of nog beter dan sal jy agterkom hoe donker dit is waar jy jousself bevind en hoe “dood” jy is . . .

    Maar hulle was te skyt bang om enige “iets” te skryf (Behalwe sulke lam pogings om te probeer beledig, soos “vol gate” “Jy verstaan seker wat ek bedoel?” Belaglike stellings” “Jy moet dom wees”. . .as mens die vae aan tuigings uithaal is daar min oor. . .)

    Like

    • “jammer die ouens is besig om uit te vind of die “wetenskaplikes” al uitgevind het wat elektrisiteit is, en dit gaan hulle besig hou vir ‘n tydjie. .”

      Nee glad nie, ek het nie geantwoord nie want ek weet die volgende vraag gaan wees: ‘Bewys die bestaan, of beskryf in terme dat ek [dis nou broer Johann] kan verstaan wat ‘n elektron is.”

      Jy is besig met filosofiese kak en as die filosofie by die wetenskap wil uitkom, kan jy net chaos verwag.

      Gaan lees die oor atome wat uit protone, neutrone en elektrone o.a. bestaan. Gaan lees oor quarks en neutrino’s en kwantumspin en dies meer. Jy dink as jy met vraag op vraag kom oor dinge wat al lankal bewys is, jy slim lyk. Jy lyk nie slim nie, jy lyk en is dom. Dis hoekom ek sê jy is fokken dom en weet nie watter kant jy jou broek moet op te trek om te pis nie, en jy verwag ons moet almal so dom soos jy wees. Nee wat, probeer weer.

      (Analfa, jy wat so baie van die fisika weet en dit so geniet, jy het darem nou ‘n ongemaklike bedmaatjie, of nie? Julle verdien mekaar.)

      Like

      • Fisika is baie interessat – ek’s geen ekspert op die gebied nie, maar ek hou van die vooruitgang in fisika, want dit help ons om God se skepping beter te verstaan. Die werking van die heelal is BAIE meer kompleks as wat ek en jy ons kan indink – ongelukkig maak jy nie die eenvoudige logika sprong dat dit dus deur Iemand veel groter as jy of ek uitgedink en geskep is nie. So dit sê vir my jy haak by die basics vas. Ieder geval, ek wag in spanning vir super vinnige kwantum rekenaars, anti-gravitasie engins, teleportasie, die kolonisering van ons sonnestelsel, die ontdekking van lewensvorme elders in die skepping, etc. etc. Baie van die goed sal nog realiteite word (maar klaarblyklik nie volgens Malherbe nie, hy sukkel mos maar oor die algemeen om die bigger picture te sien).

        Biologie, aan die ander kant interesseer my maar bra min en evolusie is al so blerrie holrug gery dat ek aan amper niks verveliger kan dink nie – en soos ek al genoem het, of dit waar of vals is skeel my bitter min. Oja, en vir die rekord, mikro-evolusie is ‘n feit – geen probleem daarmee nie – dis duidelik sigbaar in die weerstandigheid wat bakteriee ontwikkel, etc. Makro-evolusie, wel ek persoonlik dink dis ‘n pot snot, maar whatever rocks your boat … Oja, jy praat oor dinge wat lankal bewys is – ek neem aan jy verwys na van die wetenskaplike TEORIEE (let wel nie FEITE nie). Ek hoop jy besef dat die “theory of everything” nog nie gevind is nie en dat van die teoriee in sekere aspekte in lynregte konflik met mekaar is. Nevertheless, dit is goeie, bruikbare teoriee en ek het groot respek vir die wetenskaplikes wat dit uitgedink het. Maar vir ‘n aap soos Darwin het ek nou nie veel ooghare nie.

        En kyk, ek sien jy noem vir Johann dom, maar jy moet pasop dat jy nie die een is wat soos ‘n volslae idioot lyk nie – ek meen hier smeek jy my heeldag aldag om die term oneindig vir jou te verduidelik. 🙂

        Dis vir my ook so insiggewend hoe jy (darem nie so veel so Malherbe) moet terugval na kru taal en onder-die-belt verwysings om jou punt te probeer oordra – jy weet tog mos dis ‘n teken van magteloosheid en dat ‘n ou besig is om ‘n argument te verloor.

        Like

    • Ja dit is so – hulle gooi dieselfde beledigings die heel tyd na ons kant toe. Eintlik maar baie onoorspronklik. Wonder wanneer gaan hulle met iets nuuts vorendag kom, byv. die “bewyse” vir ateisme – hulle gaan mos so aan dat alles bewys moet word – behalwe ateisme natuurlik. Eish, wat ‘n paradoks…

      Like

        • Jesus-fuckin’-christ, Mcbrolloks, maar hierdie Analfa is ‘n idioot. Herhaal keer op keer goed soos

          “ek hou van die vooruitgang in fisika, want dit help ons om God se skepping beter te verstaan”

          sonder enige bewyse, terwyl elke wetenskaplike teorie op bewyse gegrond is.

          ” Biologie, aan die ander kant interesseer my maar bra min ”

          Wat ‘n aanduiding is dat hy hierdie enorme interessante vakgebied vermy omdat dit die Bybel keer op keer as ‘n boek vol fabels uitwys.

          Maak nie saak hoe jy rondwurm nie, Analfa, jou onderbroek steek uit, en dit is vol stront en toskolle.

          Like

          • Ja soos Mac noem:”die ouens se breine weggevrot”. Ou Analfa wat ys dat ons “ateisme moet bewys”. So maklik soos val uit ‘n boom – ons glo nie in gotte nie , so daar is niks om te bewys nie. Maar hierdie basiese feit is skynbaar te ingewikkeld vir hom. Dan kom ons by Johann (hierdie ou oorskry alle grense van onnoselheid) wat by ons wil weet “wat elektrisiteit is”. Die feit dat ‘n graad 8 die antwoord hierop het, pla hom skynbaar min. Nee, die ouens stoomroller net voort, omring deur ‘n waas van onkunde en domastrantheid. Ons kom maar weer terug by die oorsprong van hul probleem: hulle het reeds besluit dat hul gotte bestaan, en soek nou agterna vir bewyse. Inderdaad soos volstruise met koppe in die sand.

            Like

  28. N jaar gelede het ek die voorreg gehad om Cambridge te besoek op toer van die nuutste vordering op geniets gemanipuleerde plante. ‘N week lank geluister na referate van die beste genetici wat die mensdom tans kan bied. Die ouens is eenvoudig in ‘n ander liga en die helfte van hul kennis het bo-oor my kop getrek. Wat opvallend was, was dat hierdie ouens hulle min steur aan die gedruis van die gepeupel. Hulle verwerdig hul bv nie om kommentaar te lewer op anti-evolusie retoriek nie – dis benede hulle. Hulle het aanbeweeg. Hulle voel ‘n blou duit of Malherbe hul bevindinge ondersteun of nie. Al wat by hulle tel is die portuurgroep waarbinne hul beweeg en wat hul werk krit. In kort: hul beskou dit nie as hul plig om Malherbe op te voed nie.

    Ouens soos Johann en Analfa gebruik hul onkunde as wapen in hul argumente. Daar is niemand so blind soos die wat nie wil sien nie. Hulle rangeer hulself inderdaad na die kantlyn van sinvolle debatvoering.

    Like

    • Ja Malherbe. Baie interesante dinge elke dag aan die gebeur reg oor die moderne wereld, waar kennis belangriker as goud behandel word.

      Die grotmense soos Analfa en Johann word geignoreer. Hulle is niks meer as ‘n freak show nie. Die mense wat op die voorste tip van navorsing in wetenskap werk, beskou die Analfa’s en Johanne as niks meer as ‘n besmetting van die mensdom nie. Iets waarteen hulle lankal hulle self mee geinnokuleer het deur hulle breine te begruik en daagliks na meer kennis te streef en soek.

      Dit laat die Anlafa’s en Johanne om maar onder mekaar te baklei en te “debateer” oor hulle klomp bronstydperk teoriee, terwyl hulle lekker in vandag se tegnologiese tyd lewe, met al die geriewe wat wetenskap in ons lewens ingebring het en wat daagliks verbeter agv. nuwe wetenskaplike ontwikkelinge.

      Die Analfas en Johanne kan net goeie aanskouding geniet onder hulle mede breindooie broeders en susters. Soos die ou gesegde lui: “In die land van die steriel, is die ou met een bal koning.”

      Ek steur my nie aan hierdie trolle se stront nie.

      Like

  29. Goed gestel Mac. As daar nou iets is wat my altyd laat grinnik, is dit wanneer hierdie idiote onder mekaar stry oor hoe hul heilige boeke noe eintlik geeinterpreteer moet word. Mens sou dink dat hulle na 2000 jaar eenstemmigheid sou kry, maar nee hulle stry steeds oor hoeveel engele op ‘n naald se punt kan dans. As dit nie Belhar is nie, dan is dit of die duiwel bestaan aldan nie; of homoseksualiteit sonde is of nie; of daar ‘n hemel en hel is aldan nie (verrassend dat die meer verligte christinne nie meer in hel glo nie). Deesdae is die groot baklei of ou liewe jesussie vleeslik opgestaan het uit die dood (wat dit ookal mag beteken).

    Die werklike komedie in bg is dat die spul baklei oor iets wat nie bestaan nie. Soos twee laaities wat baklei oor die kleur van Vader Krismis se baard.

    Like

  30. JOhann en anALfa, of te wel die gebroeders JOAL, laat my dink aan “Sokal’s Hoax”, waar Sokal die Postmodernisme ontbloot het vir wat dit is. Gebroeders JOAL skep (net soos die postmoderniste, maar in ‘n ander dimensie) ook hulle eie wêreld, waarin hulle hulle eie waarhede ontwerp om te pas by hulle Christelike dogma. Enige natuurverskeinsel wat enigsins indryf teen wat hulle boek van fables hulle vertel, word summier verwerp. En dan dink hulle dit is realisties om van rasionele mense te verwag om die “geloofsprong” te maak. Hierdie verwagting van hulle skets die hele prentjie van die absurde wêreld waarin hulle lewe.

    Die analogie tussen “Sokal’s Hoax” en gebroeders JOAL is dit: Toe Sokal die postmonderniste ontbloot het, was laasgenoemde briesend. Hulle was briesend om te sien hoe hulle kollegas vir hulle lag en met hulle spot. Hulle het nie erken dat hulle dogma aan die kaak gestel is nie, nee, dit is mos te lekker om te gorrel en in kak te glo. Rasionele denke is nie vir die postmoderniste nie. Gebroeders JOAL se dogma word hier en in enige nie-godbot tydskrif aan die kaak gestel met wetenskaplike feite, maar dit bring die Joalse nie van stryk af nie. Nee, hierdie foefie-in-die-lug is te wonderlik – dit verrot die brein en om rasioneel te moet dink is nie meer ‘n vereiste nie.

    Like

  31. 1. “Wat opvallend was, was dat hierdie ouens hulle min steur aan die gedruis van die gepeupel” in my taal is daar ‘n woord vir dit – “verwaandheid” en nou is die ouens jou mentors. . . .helde. . .

    2. “Wat by ons wil weet “wat elektrisiteit is”. Die feit dat ‘n graad 8 die antwoord hierop ” Weet julle dan nie? Help my dan sommer ook oor wat gravitrasie is. . . en ek verstaan dat julle dink dis dom vrae, en algemene kennis. . .maar Wat is elektrisiteit en wat is gravitasie. (Ek weet darem dat deelties materie mekaar aantrek en dis ‘n verskynsel in die natuur wat ons gravitasie noem, maar kan julle my vertel hoekom trek deeltjies mekaar aan? Het die ondekking van die “God particle” nou al iets daarvan opgelos?)

    3. “Sokal die Postmodernisme ontbloot het vir wat dit is” dis interresant en ek was nie bewus daarvan nie, dankie tenminste “iets” om na uit te kyk. Hoop nou nie dis een van daai A (-A)=D en D+(-D)=E. . . storie nie.

    4. “hulle eie waarhede ontwerp om te pas by hulle Christelike dogma. Enige natuurverskeinsel wat enigsins indryf teen wat hulle boek van fables hulle vertel, word summier verwerp”. . . Ek probeer nou dink aan enige natuurverskynsel wat indryf teen . . .wat?. . .die natuur? . . . . my geloof . . .en kry nie een nie. En net soos jy soek ek na wat die “waarheid” is en die enigste “vyand” wat ek kry is konsepte wat in menslike psiges gevorm word, soos ek kan dink dat jy ‘n konsep van God gevorm het wat eintlik die “duiwel” is en wat jou weghou van wat die waarheid is.

    As jy bewyse van die matreieële wêreld wil hê gebruik jy matrie om met die bewyse voorendag te kom, as jy in die geestelike wêreld bewyse wil kry dan gebruik jy geestelike demensie. . . .

    Ok ek hoor jou die “geestelike” bestaan nie, en dis nog meer rede hoekom ek wil weet wat is die “niks bonatuurlik” waaraan Malherbe so glo. Maar as jy wil “bewustelik” die geestes wêreld betree dan . . .ken . . .ek . . .net . . .een . . .manier. . . doen dit . . .tjeikensjt.

    Die res van jul komments is net die ontlasting wat oorloop waarvan die hart vol is. . .

    Like

  32. Die godbots (gebroeders JOAL en hulle maters) is seker baie teleurgesteld dat Obama herkies is as US president. Hulle hoop vir ‘n herroep van die aborsiewet in die VSA is dus daarmee heen. Sien, Batgod het na my gebede geluister en seker gemaak Mittens wen nie.

    Like

    • Ja Savage Batgod het geluister. Die Reps is verpletter en teen die agtergrond van USA se huidige ekonomiese toestand is dit veelseggend. Die mense in USA kry finansieel werklik swaar en gewoonlik gee dit aanleiding tot nuwe regering in verkiesingstyd. Die Amerikaners het egter vir eens besluit hulle wil nie teruggaan in tyd nie.

      Annerdag het ek tot Batgod gebid dat gebroeders JOAL tot hulle sinne moet kom, maar duidelik is dit nie Batgod se wil nie, want ek sien Johann is steeds so deurmekaar soos altyd. Ek dink Batgod verkies om JOAL onnosel te hou sodat hulle as voorbeeld kan dien vir ander rakende die gevaar van blinde dogmatiese afgodery.

      Like

  33. So . . .nie dat dit my veel raak nie, maar die vry messelaars het weer gewen.

    “he created people that must worship and praise him all the time” Dis nou ‘n stukkie van ‘n baie snaakse opstel wat Malherbe so rukkie terug gepos het. . .en hier word verwys na die presiese konsep- god wat Malherbe ook gevorm het, maar toe kom die vraag by my bewussyn in, vir wie “prys” die daar op die gronboontjie gallery?

    As ek so lees met ‘n meer objektiewe blik:

    Die vlermuisgod, die wetenskap, ou logika, rasionele denke, intelek, Beelsebub, en wat is dan nou eintlik die verskil?

    Like

Leave a comment