Dr Jan Grey, Poepol van die Jaar in 2011, is deur sy eie vlok gefire. Lyk my hy het soos in die ou dae onder die vrouens ingeklim en seker gemaak hulle is onderdanig aan hom en god en die mans. Hy het ook volgens sy gemeente, te min vir god gewerk, en te veel vir sy eie belange. Soos ek voorspel het, het hy nie lank gehou nie. Hy het baie hier geskryf, ek hoop hy kom terug na die blog toe om homself te verduidelik.

Standard

Afrikaanse kerk in Oz pos leraar

2013-03-23 23:18

Dr. Jan Grey en sy vrou, Elise.

Julian Jansen

Dr. Jan Grey het vier jaar gelede na Australië geëmigreer met groot planne om ’n kerk vir “honderdduisende Afrikaanssprekendes” te stig.

Hy het ook Suid-Afrikaners wat “Malema en sy uitsprake wou ontvlug” aangemoedig om Australië toe te emigreer.

Verlede maand is dié herder van die Afrikaanse Kerk Gold Coast (ACGC) deur sy kerkraad in die pad gesteek.

Hy is in 2008 beroep na die ACGC, wat met sowat 100 Afrikaanse huisgesinne volgens Australiese standaarde ’n “groot” gemeente is.

Die oud-Pretorianer bestempel Au­straliërs se lewensbeskouing as “sekulêr-humanisties tot ­ateïsties” en sê hulle leef “doodgewoon losbandig” en is uitge­lewer aan ’n “ongebreidelde hedonistiese lewenstyl”.

Sy ore was egter glo doof vir sy lidmate se klagtes oor sy “afskeepwerk” – hy het glo net Sondae gepreek en geen verdere herderlike werk gedoen nie.

Grey se siening van die bediening, die bestuur van geld en die verwagte nederigheid as ’n herder het drasties verskil van die verwagtinge van die gemeente, sê lidmate wat verkies om anoniem te praat.

Sy “styl” en “houding” het glo verdeeldheid gesaai en hy het glo ook meer tyd by sy vrou se geskenk-en-skryfbehoeftewinkel deurgebring as met kerksake.

Daarby het hy glo ’n “dominee-mevrou”-kultuur, wat lid­mate geglo het hulle in Suid-Afrika agtergelaat het, aan hulle opgedwing.

’n Lidmaat sê van die stigterslede van die gemeente het later padgegee.

“Sowat 47 dominees het al na die ooskus gekom en Grey het almal se patroon gevolg: dominee speel, bedank dan (of ons dwing hom om te gaan) en gaan preek daarna vir die Aussies in swak Engels of word hulp-predikers in ’n Aussie-gemeente.

“Daarna word hulle finansiële konsultante, polisverkopers of polisiemanne.

“Grey is gevra om te bedank en doen nou ’n klerklike werkie by ’n Christelike organisasie.”

Grey het aan Rapport gesê: “Ek laat staan wat agter my is en strek my uit na wat voor my lê. Ek sal my eerder op die bediening van die 60% non-churched Australians toespits.

“Ek en my vrou (Elise) het by my ou Suid-Afrikaanse bediening, die Campus Crusade for Christ, aangesluit.

“Ek glo baie Afrikaanssprekendes sal mettertyd met ons saamwerk.”

Volgens ds. Renier van der Klashorst, ’n Afrikaanse predikant by die Pioneer Community Church in Queensland, “sit die kerk met ’n krisis”.

“Sowat 40% van die predikante wat hierheen immigreer, raak soms uitgebrand of beland in ’n ander beroep. Sommige predikante is dalk ontnugter, doen te veel, werk sewe dae, of verval in kerkpolitiek.

“Ek moet egter byvoeg: Om die Aussies geestelik te bearbei, is ’n groot uitdaging.

“Hulle is reëlvaste mense, maar nie lief vir kerk toe gaan nie. Sowat 6% is wel kerkgangers. Baie gewese Suid-Afrikaners hier gaan ook nie kerk toe nie,” sê Van der Klashorst.

Hier is Jan Grey, die Poepol van die Week en jaar in 2011:

https://mcbrolloks.wordpress.com/2011/06/29/in-die-beeld-poepol-van-die-week-dr-jan-grey-moeg-vir-malema-kom-na-australie-se-leraar/

Hy het toe nie so lank gehou onder sy gemeente nie, en ons het dit goed voorspel.

Advertisements

10 thoughts on “Dr Jan Grey, Poepol van die Jaar in 2011, is deur sy eie vlok gefire. Lyk my hy het soos in die ou dae onder die vrouens ingeklim en seker gemaak hulle is onderdanig aan hom en god en die mans. Hy het ook volgens sy gemeente, te min vir god gewerk, en te veel vir sy eie belange. Soos ek voorspel het, het hy nie lank gehou nie. Hy het baie hier geskryf, ek hoop hy kom terug na die blog toe om homself te verduidelik.

  1. Wat ek nie kan verstaan nie is hoekom daar ‘n sekere groep mensies in die wereld is wat een of ander lekkerte uit geloof uit put. Dit moet defnitief ‘n baie subjektiewe gevoel in hulle harte wees. Dat ‘n mens so lank in ‘n kerk kan sit en na ‘n verveligge preek kan sit en luister. Wat maak die predikant in elk geval bevoeg om daar voor te staan en al die “feite”vir mense te vertel. Baie keer is die predikant baie jonger as van die gemeente lede. Wat sal hy nou weet wat hulle nie klaar weet nie? Hulle het dan soveel meer lewens ervaring as hy!

    Like

  2. Ja Mac, miskien moet ons oompie Jan se e-mail adres kry en hom formeel nooi na die blog om sy kant te stel. Dit kan net prettig raak.

    Like

  3. Ja, ek is nie verbaas dat onse eerbare Doktor Jan Grey toe weereens uitgevang is as ‘n narsistiese opportunis – dink net aan homself nou soos hy ook gedoen het in die verlede. Maar hy beweeg aan, sê hy; oppad om weereens sy naaste te bedrieg.

    Like

  4. Ek kan nie verstaan dat sulke eenvoudige monkeys altyd die voorreg kry om oorsee te gaan maar ek moet in die crap plek bly. Hy het mos ‘n god wat hom sal beskerm en vir hom sal gee. Waarom vlug hy weg?

    Like

  5. Ek sien op die blog se statestieke, dat daar ‘n groot aantal mense uit Australie uit na hierdie artikel kyk. Dr Jan Grey se “mense” kan maar gerus hier kom pos. Ons sien vreeslik uit om van julle te hoor.

    Like

  6. Ag nee wat Mcbrolloks, hy gaan nie hier opdaag nie. Hy sit mos veilig in Australie. Hy vertel homself dat sy seining reg is en dat hy nie hoef met ons te redeneer nie. As hy reg was, ja dan was dit seker so. Hy is alhoewel nie reg nie. Maar as dit sy seining is wel wat kan ek se. Hy is te bangbroek! Hy is nie intelektueel opgewasse nie.

    Like

  7. Ek is seker daar is ander mense wat hom ken wat hier kom kyk. Ek hoop hulle sal wel hier kom kommentaar lewer. Dit is altyd annoniem. Hulle hoef nie bang te wees dat die Dr Jan Grey sal weet wie hulle is nie.

    Like

  8. Wel, Jan Grey het definitief iets aan hom want ek sien die mense kan hom nie uitlos nie. Wow, met Malema en ons eie geliefde Number 1 is daar mos genoeg nonsens om julle mee besig te hou nie waar nie

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s