MDS – Mal Doos Sindroom en DDS – Dom Doos Sindroom

Standard

MDS – Mal Doos Sindroom en DDS – Dom Doos Sindroom

Meeste mense wat aan MDS ly ly ook aan DDS.

Goeie lewende voorbeelde is Johann en Kokkerman en ook Zuanne-Marie wat op hierdie blog kom skryf.

Die sterkste simpome van MDS is gewoonlik BSC (BatShitCrazy) reaksies teenoor enige stellings wat volgens die lyer aan MDS en DDS nie met sy of haar idees en illusies ooreenstem nie.

Meeste van MDS en DDS lyers grond hulle illusies in een van die vele dogmas wat beskikbaar is. ‘n Algemene voorbeeld is godsdiens met die vele bronne wat gewoonlik, volgens die lyers aan MDS en DDS, net korrek deur hulle ontsyfer kan word. As gevolg hiervan glo hulle hulle illusies is gegrond op waarheid. Ongelukkig vir hulle slaan die simptome van DDS en MDS sterk uit as hulle begin praat of skryf.

Ongelukkig is daar op hierdie stadium nog nie ‘n manier om hierdie mense gesond te maak nie. Nie dat dit enigsins sou help nie, want al was daar so iets beskikbaar, sal volgens my berekeninge, minder as 99% van hulle dit vrywilliglik neem.

Dit bring my tot die gevolgtrekking dat MDS en DDS meestal die gevolg is van ‘n self aangewende wond. Hulle is heentemal tevrede om aan hierdie kondisies te ly. Hulle weier egter om die waarheid te aanvaar en weerstaan enige kennis en bewyse wat teen hulle geloof en dogmas staan.

Ongelukkig ly mense al vir derduisende jare aan MDS en DDS. In baie gevalle is hierdie lyers daartoe in staat on verskriklik geweldadig op te tree en self om onskuldige mense te vermoor. Dit kan duidelik aanskou word vandag as jy die daaglikse wereldwye nuus lees asook ou heilige boeke en geskiedenis boeke.

Dit is ook belangrik om op te let dat MDS en DDS lyers soos magnete na mekaar toe aangetrek word vir ‘n ombepaalde, maar beperkte tydperk. Dit is net ‘n kwessie van tyd voordat hulle ook met mekaar begin stry en in baie gevalle baklei, gewoonlik met vreeslike geweld.

Ongelukkig is MDS en DDS baie aansteeklik. Veral as kinders van ‘n jong ouderdom herhaaldelik daaraan blootgestel word. Die ouer generasie DDS en MDS lyers dring daarop aan dat dit hulle reg is dat hulle die hele wereld met hulle kondisie mee mag besmet. In baie gevalle raak hulle geweldadig teenoor mense wat dit nie wil toelaat nie.

Gelukkig is daar ‘n goeie entstof teen DDS en MDS. Die beste entstof is rationele denke wat versterk word deur kennis van die regte bronne af. Dit help ook baie om kinders weg te hou van DDS en MDS lyers af.

Ek het opgelet dat as jy humor gebruik om mense met MDS en DDS se BSC (BatShitCrazy) stellings mee aan te spreek, maak dit hulle baie kwaad.

Dit help ongelukkig ook nie om rastionele denke en wetenskaplike bewyse te gebruik as jy met ‘n MDS en DDS lyer of lyers argumenteer nie, want dit is beginsels wat hulle glad nie kan verstaan nie. Moet ook nie verbaas wees as hulle hulle eie BSC stellings as bewyse en die waarheid beskou nie. Dit maak dit onmoontelik vir enige iemand om iets te bereik deur met hulle in ‘n debat in toe te tree. Die beste benadering is humor. Dit maak hulle ook verskriklik kwaad, so wees gewaarsku. Geskienedis het gewys dat daar geen perke is vir die vlak van geweld waarin hulle toe in staat is nie as hulle glo iemand het hulle beledig.

Dit is belangrik om mense wat kronies aan DDS en MDS ly te vermy, vir jou eie fisies en psigiese gesondheid.

Dit is onmoontelik om mense wat kroniese DDS en MDS leiers is se opinies te verander. Dis net ‘n mors van jou tyd.