Boere bid langs N1 teen moord, diefstal, korrupsie. God het suider Afrika aan sy wit Afrikaaner volkie gegee. Maar dinge het begin skeef loop en nou vra hulle dat got moet help. Lyk my die wind waai wes.

Standard

OP KNIEË VIR LAND

Boere bid langs N1 teen moord, diefstal, korrupsie

Dear Jana Smit Donderdag 13 Augustus 2015 04:00

Boere op hul knieë, op Piet Kleynhans se grond langs die N1. Foto: Alet van der Walt

VENTERSBURG. – Die oplossing vir die omstandighede in die land lê by gelowiges.

Só het ds. Cornus Botha van Ventersburg Woensdag gesê toe tientalle boere langs die N1 op hul knieë gegaan het om teen korrupsie, misdaad en vir ander uitdagings in die land te bid.

Dié gebedsessie was deel van ’n biduur wat oor die land heen in verskillende dorpe, onder meer in Tzaneen en die Paarl, op dieselfde tyd langs die N1 gehou is.

Botha het gesê daar is korrupsie “en ons weet nie hoe om dit te hanteer nie”.

“Die regering se grondhervormingsbeleid is een van die redes hoekom ons eerder sê ons vat ons goed en gaan.

Lees ook:

■ ​Boere gaan langs N1 vir die land bid

■ ​Rowers nie in die luim vir slagoffer se gospelliedjie

■ ​Groote Schuur-siekes bid vir Tutu

“Paulus en ander gelowiges is dikwels gespot, vervolg en doodgemaak, omdat hulle Jesus Christus gevolg het,” het Botha gesê.

Volgens Botha klink dit dalk dwaas om nog in Suid-Afrika te bly te midde van wat in die land gebeur, dit wat mense aan hul lyf voel.

“Hoekom het ons vandag hier bymekaargekom? Is dit ’n standpunt wat ons huldig? Is dit ’n hunkering na God? Soek ons ’n uitweg,” is van die vrae wat hy gestel het.

Hy het gesê boere en ander landsburgers moenie radikaal raak nie, maar die wêreld in ’n gees van sagmoedigheid aanpak.

“Ons het nie doktorsgrade nodig om ’n verskil in ons land te maak nie. Paulus het gesê hy het gewone mense gekies om ’n verskil te maak.”

Een van die boere het gebid en gesê boere woon die biduur by, omdat dinge in die land nie verloop soos hulle dit wil hê nie.

“Ons wil vandag ons sondes voor U bely,” het hy gebid.

’n Ander boer het God gevra om by boere te begin.

“Dit is so maklik om kritiek te lewer teenoor die regeerders. U wil ons as gelowiges gebruik om mense deur ons lewe te wys hoe die land regeer moet word.”

Hy het God gevra om elke landsburger te seën en hulle te laat besef daar is net een Drie-enige God.

Bozzie Relling, ’n boer van die omgewing, het die aanskoue van die biddende groep boere beskryf as die mooiste gesig wat hy nog gesien het.

“Ons hoor nou die hele N1 is vol mense. Indien die gebed nie krag dra nie, weet ek nie,” het hy gesê.

Presies dieselfde as mense wat sulke kak of Facebook sit:

8eb00db686e28d0e125ce520f9d8e208ba3391ff8f227bc431ca858ce6e3c7c1

Advertisements