Buchan aan die woord voor 3 000 ignorant mans in Engeland

Standard

Buchan aan die woord voor 3 000 mans
Marlene Malan


//

Kaapstad

Sowat 3 000 mans trek sedert Vrydag in Engeland saam om na die boodskap van die Suid-Afrikaanse prediker en aartappelboer, mnr. Angus Buchan, te luister.

’n Groep in Engeland wat hulself Healing the Land noem, het Buchan genooi om die eerste groot Christelike saamtrek van mans in dié land te lei omdat hulle by die Suid-Afrikaanse Mighty Men-byeenkomste (MMC) “ ’n volk voor ons oë sien verander het”.

Só het mnr. Richard Nicol, een van die organiseerders van die afgelope naweek se byeenkoms met die tema Father & Sons op ’n plaas naby die stad Worcester in Engeland, Vrydag aan Rapport gesê.

“Nadat ons in Suid-Afrika ’n volk voor ons oë sien verander het by die MMC-byeenkomste in 2006, 2007, 2008 en 2009 het ons ons geroepe gevoel om dieselfde soort samekoms met dieselfde gebedsgesindheid in Brittanje te reël om te sien wat God vir ons wil doen.”

Die tema verwys na die verhouding waarin mans met God behoort te staan. Buchan het dit Vrydagaand geopen.

Dit word, net soos in Greytown, vandag met ’n gesinsbyeenkoms afgesluit.

’n Groep van 25 Suid-Afrikaners en 5 Namibiërs het Vrydag hier aangekom om die saamtrek by te woon.

Mnr. André Greyling van Krugersdorp, wat die toer gereël het, het gister die saamtrek as “astronomies, ongelooflik, amazing” beskryf.

Volgens hom was daar ’n hele paar Suid-Afrikaners wat in Engeland woon in die tentedorp op die plaas Top Barn, in die Worcester-distrik.

“Ek hoor Afrikaans hier, maar dis duidelik die Buchan-verskynsel het nou ook in Engeland posgevat. Die gelowiges hier het kennis geneem van Angus Buchan.”

Greyling het gister aan Rapport gesê Buchan het die gehoor Vrydagaand vertel van die toevalle wat hy in April tydens die MMC-konferensie gehad het en gesê dit het hom nog nader aan God gebring.

“Hy het gesê hy het sy saak met God reggemaak, want sy siekte het hom laat besef hoe nietig hy is. Dis wat elkeen behoort te doen.”

Volgens Nicol is Healing the Land in 2002 gestig as ’n bedieningsarm van die Top Barn-trust, ’n Christelike liefdadigheidsorganisasie op die plaas Top Barn, wat aan mnr. David Harper behoort.

’n Groot tent waarin Buchan preek, is opgeslaan en die mans gaan onder meer in ’n tentedorp op ’n oop stuk grond tuis.

Geen toegangsgeld word gevra nie en etes, tee en koffie is ook gratis verskaf.

“In 2002 was die landbougemeenskap teen die grond deur die siekte bek-en-klouseer wat hul diere die vorige jaar getref het.

“David was so geïnspireer toe hy Angus se boek, Faith like Potatoes, gelees het dat hy hom toe die eerste keer genooi het om sy storie aan die boere hier te kom vertel sodat hulle weer moed kan skep.

“Angus het toe voor 12 groepies oor die hele land gepraat. Top Barn werk deesdae nou saam met die Shalom-trust in Suid-Afrika.”

Greyling het aan Rapport gesê hy hoop om aanstaande jaar baie meer Suid-Afrikaners saam te neem.

“Jy sal nie glo wat hier aangaan nie. Ons mans praat met mekaar oor God as ons Vader, wat Hy vir ons doen, wat ons kan saamneem huis toe.

“Almal hier stem saam dat die Buchan-byeenkomste dalk die begin is van ’n Christelike, Goddelike revolusie.

“Hier in Engeland staan die Christelike boodskap sterk, maar daar is ’n behoefte aan die verkondiging van die Woord onder afvalliges.”

2 thoughts on “Buchan aan die woord voor 3 000 ignorant mans in Engeland

  1. I HAVE BEEN THERE (MMC 2009) I HV GOT THE GOLF SHIRT AND CAP TO PROOF IT.

    I FOUND A PARTNER AND STARTED “MY OWN ELECTRICAL BUSSINES”

    MY WIFE ATTENDED THE SUMDAY MMC 09 MEETING AND IS STILL TALKING ABOUT ALL SHE HAS WITNESSED THERE.

    OOM ANGUS , THANKS FOF MAKING JESUS NUMBER ONE IN MY LIFE !

    Like

  2. YOu should get jesus to teach you to spell too. I bet she couldnt spell “christian” either but she also managed to start a business called bullshitting the gullible.

    Like

Leave a comment